Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 215

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Koue vis met olie en suurlemoensap - Oor die Mosaïese dieëtleer - Die Nuwe Testamentiese dieëtleer: “Die Heer is die beste kok”

(25 Mei 1844)

215 Daarna het almal weer na binne en daar op versoek van die Kindjie aan tafel gaan sit. 

[2] Want van die belangrikste gaste het nog niemand ook maar `n happie geëet nie; die drie groot visse het daar nog byna heeltemal onaangeraak gelê. 

[3] Maar omdat daar tydens die soektog na die Kindjie verskeie ure verstryk het en die aand nadergekom het, 

[4] het die visse uiteraard koud geword, in welke toestand hulle deur die Judeërs meestal nie geëet mag word nie. 

[5] Daar die son egter nog nie ondergegaan het nie, mag die visse wel nog geëet word; maar hulle moes eers weer bo die vuur verhit word. 

[6] Daarom het Josef dadelik sy vier kokke geroep en opdrag gegee om die visse opnuut te bak. 

[7] Maar die Kindjie het gesê: “Josef, laat hierdie werk agterweë, want van nou af aan mag die visse ook koud geëet word, as hulle vantevore maar net gebak was! 

[8] Laat in plaas van om hulle opnuut te bak, suurlemoene en goeie olie bring 

[9] dan sal die visse beter smaak as wanneer hulle opnuut gebak word!” 

[10] Dadelik het Josef die raad van die Kindjie gevolg en het `n hele mandjie met suurlemoene en `n groot kan met vars olie laat bring. 

[11] Alle gaste was begerig om hierdie nuwe voedsel te eet en het gewonder hoe dit tog wel sou smaak. 

[12] Cirénius was die eerste wat werklik `n groot stuk vis geneem het en olie en die sap van `n suurlemoen daaroor gegooi het. 

[13] En toe hy begin eet het, kon hy die goeie smaak van die so toebereide vis wat so toeberei was, nie genoeg roem nie. 

[14] Na hierdie ervaring van die goewerneur het die ander gaste toe ook geproe en vir almal het hierdie kos so gesmaak dat hulle hul nie genoeg daaroor kon verwonder nie. 

[15] Toe ook Josef self `n werklik aansienlike porsie daarvan as toets genuttig het, het hy gesê: 

[16] “Voorwaar, as Moses ooit een van so `n toebereide vis sou geniet het, dan sou hy hierdie voedsel sekerlik ook in sy dieet opgeneem het. 

[17] Maar hy moes in die kookkuns bepaald nie so goed bedrewe gewees het as Jy, my allerliefste Jesus nie!” 

[18] Nou het die Kindjie baie vrolik glimlag en vriendelik gesê: 

[19] “My liewe vader Josef, die rede daarvoor is soos volg: 

[20] Ten tye van Moses in die woestyn is gesê: “Honger is die beste kok!”, en die volk sou tot hulle skade, weens honger dikwels rou vleis geëet het; 

[21] daarom moes Moses so `n dieet voorskryf en die spyse moes vars en warm geëet word. 

[22] Maar nou lui dit en sal dit voortaan altyd lui: Die Heer is die beste kok! En dus kan `n mens dan ook wel `n koue vis met suurlemoen en olie nuttig. 

[23] En wel daarom, omdat die koue, maar tog goed gebakte vis ooreenkom met die toestand van die heidene, die suurlemoensap ooreenkom met die krag uit My, wat hulle verenig en saamtrek en die olie met My woorde aan hulle. Verstaan julle nou waarom die vis so lekker smaak?” Hierdeur is almal tot trane toe beweeg en was hoogs verwonderd oor die wysheid van die Kindjie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205