|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 57
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Die beëindiging van die maaltyd - Cirénius ondervra Maronius Pilla oor die heilige familie - Maronius beken `n noodleuen
(31 Okt 1843)
57 Na die beëindiging van die maaltyd, wat by Cirénius nooit langer as twee uur geduur het nie, het die owerste en die hoofman oor honderd weer na die stad teruggegaan met die uitdruklike bevel om geen eerbetoon meer aan hom op hierdie dag te bewys nie.
[2] Toe almal dus weggegaan het, het Cirénius vir Maronius so te sê eers goed ‘ad cordam’* gehou. *(aan die tand gevoel; ondervra.)
[3] Hy het hom daarom in teenwoordigheid van Josef en Maria, gevra wat die Kindjie weer op haar arms gehad het:
[4] ”Maronius! Jy het my in Tyrus, toe ek jou verhoor het oor Herodus, gesê - en jy het dit my ook uitdruklik plegtig verseker dat jy die bepaalde opregte timmerman Josef uit die buurt van Nasaret persoonlik ken
[5] en ook `n sekere Maria, wat hierdie timmerman vanuit die tempel tot vrou, of alleen maar onder sy beskerming sou geneem het!
[6] Gee my daarom nou, waar ons by hierdie gasheer al die tyd het, eers `n nadere beskrywing daarvan!
[7] Want ek het in hierdie dae te wete gekom, dat die gesin hulleself werklik hier in Egipte moet bevind en dat dit `n ander gesin moet wees, wat my broer my toevertrou het en wat nog onder my goeie bewaring is.
[8] Want ondanks jou gruwelike samewerking met Herodus sal jy tog wel soveel regsgevoel en medemenslikheid hê om te erken dat dit tog sekerlik uiters wreed sou wees om onskuldige mense, waar hulle ook vandaan mag kom, nodeloos gevange te hou!
[9] Gee jy daarom aan my eers `n betroubare beskrywing van die berugte paar, sodat ek hulle hier in hierdie omgewing kan opspoor en gevange neem, want dit is die streng eise van ons staatswette!
[10] Ek het alle reg om dit van jou te verlang, te meer omdat jy self aan my beken het, dat jy die gesin, aan wie se arrestasie my alles geleë moet wees, persoonlik te ken.”
[11] Hier het Maronius weer baie sku geword en nie geweet wat hy nou moes sê nie, want hy het Josef nòg Maria ooit gesien.
[12] Eers na `n rukkie het hy met stotterende stem gesê:
[13] ”Konsulêre, keiserlike hoogheid! Op u goedheid en welwillendheid bouend moet ek u uiteindelik by Zeus en alle andere gode verseker en onder eed beken, dat ek genoemde Josef en Maria nie in die geringste ken nie!
[14] Want my bekentenis in Tyrus was slegs `n ontvlugting, omdat ek u toe nog met bose opset probeer mislei het.
[15] Maar nou het ek my by u daarvan oortuig, dat u absoluut nie om die tuin te lei is nie; daarom het my wil dan ook verander en het ek u gevolglik die volledige waarheid vertel!”
[16] Hier het Cirénius aan Josef, wat iets wou sê, gewink om nog te swyg en aan Maronius gesê:
[17] ”Ja, as dit daar so met jou staan, sal ons mekaar nog wel seker ietwat langer moet beskou en besprekings moet hou, want nou eers herken ek jou as `n volkome staatsgevaarlike persoon! Gee my daarom nou onder eed rekenskap op al my vrae!”
|
|
|
|
|