Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 118

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die verskil tussen die mag van die Heer en die van Sy dienaars - Cirénius vra na die nut van die engele - Die gelykenis van die liefhebbende vader en sy kinders

(09 Jan 1844)

118 Na hierdie teken van hulle mag het beide jongmans Cirénius weer na die kamer begelei, waar Josef, Maria met die Kindjie, Tullia, Eudokia en die drie priesters, Maronius en nog ander uit die gevolg van Cirénius hulle bevind het. 

[2] En Josef het dadelik na Cirénius toe gegaan en hom gevra: 

[3] ”Wel, deurlugtige broer en vriend, wat sê jy van hierdie dienaars van die Heer?” 

[4] En Cirénius het gesê: ”O, verhewe broer, daar is tussen hulle en die Heer byna glad geen verskil nie, want hulle is net so magtig soos Hy! 

[5] Onlangs nog het die Kindjie met `n handbeweging die groot standbeeld van Zeus vernietig, 

[6] maar hierdie dienaars het met een woord `n hele berg vernietig! Sê my, watter verskil is daar wel tussen Heer en dienaars?” 

[7] Josef het Cirénius geantwoord: ”O vriend, daartussen is `n eindelose groot verskil! 

[8] Kyk, die Heer doen dit alles van ewigheid uit Homself; maar Sy dienaars kan dit net dan uit die Heer doen, wanneer Hy dit wil! 

[9] Is dit nie die geval nie, dan kan hulle uit hulleself ewe weinig doen as jy en ek en hulle hele krag tesame sou nog geen enkele sonstoffie kon vernietig nie!' 

[10] Maar Cirénius het geantwoord: ”Ek verstaan jou; wat jy gesê het is waar en het geen nadere toeligting nodig nie. 

[11] Maar as die Heer alleen dan dit alles bewerkstellig en die dienaars uit hulleself geen krag het nie, wat is dan hulle waarde vir Hom?” 

[12] En Josef het gesê: ”Kyk, voortreflike, liewe broer, hier is die Kindjie! Wend jou met hierdie vraag tot Hom, Hy sal jou daarop die geldigste antwoord gee!” 

[13] Cirénius het dit gedoen en die Kindjie het Homself opgerig en gesê: 

[14] ”Cirénius, jy is nou `n eggenoot en jy het jou vrou vannag al bevrug, sodat daar vir jou `n nakomeling sal wees! 

[15] Ek sê vir jou egter, dat jy daar nog twaalf sal kry! En as jy egter `n vader van twaalf kinders sal wees, sê My, wat sal hulle waarde vir jou wees en waarom en waarvoor jy eintlik kinders wil hê! 

[16] Kan jy dan dalk sonder hulle jou werk nie goed en flink genoeg doen nie?” 

[17] Nou het Cirénius baie verbaas geword en na `n rukkie ietwat verleë gesê: 

[18] ”Wat die bestuur van my regeer- en staatsake betref, dit het vasgestelde reëls en ek het geen kinders daarvoor nodig nie! 

[19] Maar alleen in my hart spreek `n groot behoefte na die besit van kinders en hierdie behoefte heet liefde!” 

[20] En die Kindjie het gesê, ”Goed, maar as jy kinders sal hê, sal jy dan ook nie uit pure liefde hulle in jou sake betrek nie en hulle mag en gesag gee, omdat hulle jou kinders is en sal jy hulle nie tot jou magtige dienaars maak nie?” 

[21] En Cirénius het geantwoord: ”O Heer, dit sal ek wel sekerlik gewis doen!” 

[22] En die Kindjie het weer gesê: ”Nou kyk, as jy as mens al soiets uit liefde vir jou kinders doen, waarom sou God as `n heilige Vader dit dan nie doen met Sy kinders uit Sy oneindige liefde vir hulle nie?” 

[23] Die antwoord het vir Cirénius alles gesê en hom, net soos alle ander, met die hoogste agting vervul, en hy het daarna niks meer gevra nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205