Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 91

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die liefde en die ware gebed tot God - Jesus en Seun van God - Die heidense gedagtes van die drie priesters en die reaksie van die Kindjie

(12 Des 1843)

91 Josef het die Kindjie gekus en gesê: ”Ja voorwaar, as in Jou nie die hart van die Vader was nie, dan sou Jy nooit sulke woorde kon gespreek het nie! 

[2] Want waar op die hele wêreld is daar `n kind van Jou leeftyd, wat by magte is om uit Homself sulke woorde te praat, soos nog nooit `n wyse gespreek het nie?! 

[3] Sê my daarom of ek Jou as my God en Heer volledig moet aanbid!” 

[4] Hierdie vraag van Josef aan die Kindjie het die gemoedere van alle aanwesiges verbaas. 

[5] Maar die Kindjie het sag laggend aan Josef gesê: ”Josef, weet jy wel hoe die mens tot God moet bid? 

[6] Kyk, jy weet dit nie heeltemal nie; daarom wil Ek dit aan jou sê! 

[7] Luister, die mens moet tot God bid in gees en in waarheid, maar nie met die lippe, soos die kinders van die wêreld dit doen nie, wat meen dat hulle God gedien het as hulle `n tydlank hulle lippe beweeg het nie. 

[8] Wil jy egter in gees en in waarheid bid, dan moet jy God liefhê in jou hart en goed doen aan alle vriende en vyande, dan sal jou gebed regverdig wees voor God! 

[9] As iemand egter op net op vaste tye met die lippe `n kort rukkie voor God geprewel het en tydens die geprewel aan allerlei wêreldse dinge gedink het, wat hom nader aan die hart lê as sy leë gebed, ja meer as God Self, - sê My, is dit dan wel `n gebed?!  

[10] Werklik, miljoene sulke gebede sal deur God presies so verhoor word, as wat `n steen die stem van `n skreeuer verhoor! 

[11] Maar as jy bid uit liefde tot God, dan hoef jy nooit te vra of jy My nou moet aanbid as die allerheiligste God en Vader nie. 

[12] Want wie so tot God bid, bid ook tot My; want die Vader en Ek is één van liefde en één van hart.” 

[13] Hierdie woorde het almal tot suiwer insig bekeer en hulle het nou geweet, waarom Jesus `n Seun van God genoem moet word. 

[14] Josef se bors is nou vervul met die hoogste hemelse saligheid. 

[15] En Maria het innerlik oor die Kindjie gejuig en al sulke woorde in haar hart bewaar, ook die seuns van Josef het so gedoen. 

[16] Die drie priesters het egter aan Josef gesê: ”Verhewenste wyse van alle tye! 

[17] Ons sou graag heeltemal alleen met u baie vertroulik wil praat op daardie heuwel, waarop u gisteraand met u seuns so van harte en opbouend tot u God gebid het!” 

[18] Maar die Kindjie het dadelik die volgende in hulle midde gespreek, naamlik: 

[19] 'Julle dink sekerlik, dat My ore te kort is en op die heuwel julle mond nie sou kon bereik nie?! O, julle vergis julle, want My ore reik net so ver as My hande! Hou daarom julle bespreking maar hier voor My!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205