Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 247

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef en Jonathan sien tydens `n vroeë visvangs `n skip wat in gevaar verkeer en hulle red dit

(05 Julie 1844)

247 Op die oggend van die volgende dag was Josef soos gewoonlik eerste op die been en hy het ook al spoedig sy gesinslede wakker gemaak. 

[2] Maar Jonathan wat ook juis so pas uit sy kamer gekom het om te sien wat vir `n dag dit vir sy bedryf sou word, het aan Josef gesê: 

[3] “Maar liewe vriend en broer, waarom is jy al so vroeg wakker en spoor jy jou gesin ook al aan om op te staan? 

[4] Moet jy nie liewer op die Heer wag totdat Hy opgestaan het nie? 

[5] Sou dit nie juis dan die beste tyd wees om smôrens op te staan nie? 

[6] Ek vra jou daarom, laat ten minste jou gesin tog nog `n paar ure rus! 

[7] Kom jy egter met my en my mense saam in `n bootjie om `n oggendvangs te doen!” 

[8] Hierdie voorstel het die bejaarde Josef goed geval en hy het sy gesin nog laat rus en dadelik met Jonathan aan boord van `n groot vissersboot gegaan. 

[9] Jonathan se vissers het die nette reggemaak en toe met kragtige hande die roeispane geneem, 

[10] sodat die oggendvissers binne `n uur al op die plek was waar die meeste vis was. 

[11] Toe hulle hierdie visvangplek, wat altyd gunstig was, bereik het en die son byna opgekom het, 

[12] het Jonathan op `n afstand van ongeveer `n uur `n Romeinse skip sien lê, en hy het nie geweet wat hy wel eintlik daarvan moes dink nie! 

[13] Daarom het hy aan Josef gesê: “Broer, ek ken die see daar;

[14] dit is daar vlak en vol sandbanke, sodat `n Romeinse skip baie maklik daar sou kon vasgeval het. 

[15] Ons moet hulle daarom maar uiters vinnig te hulp snel!” 

[16] Josef was dit eens daarmee. Dadelik het hulle daarnatoe geroei, en die skip binne `n halfuur bereik. 

[17] En sien, dit was werklik `n groot Romeinse skip met `n gesant vir Cirénius aan boord! 

[18] Hy is onmiddellik aan boord geneem en het Jonathan versoek om alles wat moontlik is in te span om die skip te red. 

[19] Toe het Jonathan dadelik die sleeptou van die groot skip gegryp en het (die roeiers) in sy groot boot kragtig laat roei. 

[20] En dit het geen halfuur geduur totdat die groot skip vlot gemaak is nie. 

[21] Daarop het die Romeinse gesant ryklik geskenke aan Jonathan gegee, waarna hy weer verder na die Ooste geseil het. 

[22] Jonathan het toe met goud en silwer in plaas van die visse na die huis teruggekeer en het vir hierdie oggend van die visvangs afgesien.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205