Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 197

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die sorgsaamheid van Maria en Eudokia oor Tullia wat tot lewe gewek is - `n Profetiese beeld van die Maria-kultus van Rome en die kring van werklike vriende van die Heer

(02 April 1844)

197 Toe ons groepie spelers in die huis gekom het, is hulle nouliks opgemerk, want almal was nog volop met Tullia, wat weer tot lewe gewek is, besig. 

[2] Sommiges het haar getroos, ander weer het naby haar gebly om haar by te staan en het haar dopgehou omdat hulle bekommerd was dat sy weer in die dood sou insink. 

[3] Selfs Maria en Eudokia was met haar besig en het haar allerlei versterkings en verversings gebring. 

[4] En die seuns van Josef was saam met Jakob besig met die voorbereiding van die aandete. 

[5] Alleen Josef en Jonathan het in die aangrensende kamer op `n bank van strooi gesit en oor menige onderwerpe uit die ou tyd gepraat; 

[6] hulle was ook die enigstes wat diegene opgemerk het wat binnegekom het en hulle het daarom opgestaan en Cirénius en die Kindjie tegemoet gegaan en hulle natuurlik op die allervriendelikste manier gegroet. 

[7] Die Kindjie het dadelik na Josef toe geloop en aan hom gesê: 

[8] “Hoe lank sal die dwase mense Tullia, wat weer tot lewe gewek is, nog troos, laaf en versterk? 

[9] Sy is immers lankal weer lewendig genoeg en sy sal nie weer voor haar tyd sterf nie; wat wil die dwase mense wel hê?” 

[10] En Josef het gesê: “Waarom sou ons daaroor besorgd wees? Laat ons hulle hulle vreugde gun, want ons verloor immers niks daardeur nie!” 

[11] Die Kindjie het toe gesê: “Dit is sekerlik waar en Ek wil My ook min daaroor bekommer; 

[12] maar dit sou tog reg wees, meen Ek: Indien die persoon wat tot lewe gewek is, so `n groot bewondering verdien, dan moet Hy wat haar tot lewe gewek het, nie so op die agtergrond bly staan nie!” 

[13] En Josef het gesê: “Jy het wel heeltemal gelyk wat dit betref, my Seuntjie; maar wat kan daaraan gedoen word? 

[14] As ek die aandag op Jou as die Een wat duidelik Tullia opgewek het, sou vestig, dan sou dit beteken dat ek Jou voortydig sou verraai aan hulle wat Jou nog lank nie ken nie – en dit sou onverstandig wees! 

[15] En as Jy hulle so `n insig op wonderbaarlike wyse in hul gemoed sou inblaas, dan sou hulle geoordeel wees! 

[16] Ons laat hulle daarom soos wat hulle is; ons bly hier in die geheim bymekaar in gees en in waarheid! 

[17] As hulle meer as genoeg daarvan het om die Romeinse vrou te troos en aan te gaap, dan sal hulle ons wel weer geselskap kom hou!” 

[18] En die Kindjie het gesê: “Ook hier is dit weer `n beeld van die toekoms! 

[19] So sal ook eens diegene wat hulleself onder ons dak sal bevind, hulleself inlaat met die dooie Romeinse vrou terwille van wêreldse dinge 

[20] en Maria sal baie hê om te doen onder die Romeine en met die Romeinse vrou! 

[21] Nogtans sal hulle wat in ons huis is, wat nie ons geesgenote is nie, maar veeleer wat hulle nou is, naamlik heidene, en hulle sal My nie ag nie, maar alleenlik Maria! 

[22] En My eintlike vriendekring sal te alle tye verborge en klein in die wêreld bly! 

[23] Tullia was `n blinde bedelares en het siende geword deur My lewende water, 

[24] en het toe `n eers vrou van die groot ryk van die heidene geword. 

[25] Maar omdat sy jaloers geword het, het sy die dood gevind. 

[26] Sy is weer tot die lewe gewek, sodat sy sou leef; sy leef, maar nog wil sy My nie graag opmerk nie! 

[27] Sou Ek haar nou dalk deur `n oordeel op My opmerksaam moet maak?! 

[28] Ek sal egter nog `n tyd lank wag om te sien of die Romeinse vrou nie sal opstaan om na My, die Een wat haar opgewek het, toe te kom nie! -Josef, verstaan jy hierdie beeld?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205