|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 201
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Jakob met die klein Jesus in gesprek - Die Kindjie kla oor die geringe aandag wat aan Hom van die kant van Sy ouers en huisgenote geskenk word
(07 Mei 1844)
201 Na hierdie woorde het ook Jakob hom na die Kindjie neergebuig en aan Hom gesê:
[2] “Luister, my liefste Jesus, my teer Broertjie! As Jy eenmaal ondeund word, dan is dit met Jou ook byna nie meer uit te hou nie!!
[3] Sou Jy my nie dieselfde berisping wou gee soos Jy aan Jou moeder Maria gegee het nie?
[4] Jy kan dit wel doen, maar dan sal ek ook nukkerig wees met Jou; omdat Jy my nie vir daardie speletjie uitgenooi het nie, terwyl ek daar tog baie graag van ganser harte daarby sou wou gewees het!”
[5] Maar die Kindjie het gesê: “O, bekommer jou nie, Jakob, dat Ek iets aan jou sal sê nie;
[6] Want jou voortdurende bestendige aandag aan My is reeds aan My welbekend.
[7] Bowendien deel Ons immers dikwels dieselfde lot en dan gaan dit met jou net soos met My.
[8] Want kyk, as jy so dikwels met My uitgaan en My dan weer na die huis dra, waarvandaan ook al, dikwels soms selfs uit die stad, as jy daar iets te doen het en My dan saamneem,
[9] dan kom niemand ons tegemoet nie! Ons gaan sonder verdere begeleiding weg en as ons weer tuiskom, dan kom geen siel ons tegemoet nie;
[10] so alleen soos ons weggegaan het, so alleen kom ons ook weer terug.
[11] En as ons af en toe `n kwartier te laat kom, dan kry ons boonop nog `n deeglike berisping.
[12] En as ons tuis is, dan mag ons nie te veel beweeg nie, as ons nie `n berisping wil hê nie.
[13] En hoeveel daar somtyds ook gepraat word oor allerlei dinge, sê eers, of ons ook tot die interessante dinge behoort, waarvoor sommige woorde per dag sou geld!
[14] Maar as so `n kennis uit die stad homself sou aanmeld en sê: “Ek sal jou Maandag besoek!”,
[15] dan verheug ons gesin hulle al drie dae vantevore daaroor en praat dan nog drie dae daarna daaroor.
[16] En as die vriend kom, dan loop elkeen hom tegemoet en as hy weer gaan, dan word hy by aan sy huisdeur begelei.
[17] Maar as ons gaan of kom, dan beweeg geen kat in die huis nie.
[18] Wel kry ons te hore as hier so `n welsprekende kletskous uit die stad kom: “Jakob, gaan maar liewer met die Kindjie buite 420 speel!”
[19] En ons gaan dan dadelik sonder geleide na buite en mag nie vroeër terugkom nie, voordat dit die kletskous geval het o, onder begeleiding van die hele gesin te vertrek!
[20] Alleenlik as Cirénius of Jonathan kom, dan is ons ook in tel, as belangrike beskouings nie hinderlik is nie.
[21] Wees jy daarom nie bekommerd nie, dat Ek aan jou iets sou sê, wat jou sou kon seermaak nie; want ons albei is immers, wat aansien en liefde betref, gelykgestel!
[22] As ons die hele dag stil is en geen geluid maak nie, dan is ons ‘braaf’! En hierdie ‘braaf’ is dan ook ons hele loon! Is jy tevrede daarmee? Ek is nie!”
[23] Toe Josef en Maria dit gehoor het, het hulle albei bang geword. Die Kindjie het hulle egter gerusgestel en gesê: “Doen maar net in die toekoms ietwat anders! Die verlede is verby!” - En Jakob het in sy hart van vreugde geween.
|
|
|
|
|