Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 272

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Verwondering van die arts en sy voorspelling oor die wyse Kindjie - Antwoord van die Kindjie aan Josef - Die Messiasverwagting van die arts en die regstelling daarvan deur die Kindjie

(06 Aug 1844)

272 Eers na `n ruk het die arts weer die woord geneem en aan Josef gesê:

[2] “Maar vriend en broer! Wat het jy daar in hemelsnaam tog vir `n Kind, wat al so wys praat soos `n hoëpriester in die tempel van die Heer, soos wat met die Urim en die Tummim op sy bors voor die Allerheiligste staan?

[3] Werklik, Hy het maar net `n paar woorde gesê en dit het deur murg en been gedring!

[4] Jy het my wel vertel hoe die Kind die rede was van jou vlug na Egipte en jy het vlugtig menige seldsame besonderhede van Sy geboorte vermeld,

[5] waarvolgens ek vermoed het dat mettertyd hierdie Kind `n groot profeet sou word indien Hy die profeteskool van die Essene sou deurloop.

[6] Maar soos ek Hom nou hoor praat het, het Hy die skool van die Essene nie nodig nie,

[7] want Hy is so alreeds `n eersteklas profeet net soos Samuel en net soos EliJaH en Jesaja!”

[8] Josef het nou `n bietjie verleë geword en nie geweet wat hy sy vriend so gou daarop moes antwoord nie.

[9] Toe het die Kindjie weer na Josef toe gekom en aan hom gesê:

[10] “Laat die arts maar by sy geloof, want ook hy is tot die Ryk van God geroep; maar hy moet nie te veel op `n keer te wete kom nie.”

[11] Toe die arts ook hierdie woorde gehoor het, het hy heel verbaas gesê:

[12] “Ja, ja, broer Josef, ek het gelyk met wat ek aan jou gesê het!

[13] Hy is alreeds `n profeet, wat aan ons die naderende Messias wat aan ons beloof is, sal verkondig,

[14] want Hy het nou immers oor die Ryk van God gepraat waartoe ook ek volgens Hom geroepe is.

[15] En nou sien ek ook in, waarom hierdie klein Samuel jou so pas getroos het met `n Heer wat magtiger is as Rome.

[16] Ja, as die Messias sal kom, dan sal dit sekerlik met Rome gaan soos met die stad Jericho vroeër in die tyd van Josua!”

[17] Maar die Kindjie het gesê: “O, o, vriend, wat praat jy? Weet jy dan nie dat daar geskryf staan: “Uit Galiléa kom geen profeet nie!”?

[18] En as dit so is, wie sal Hy dan wel wees wat voortspruit uit die stam van Dawid?

[19] Ek sê vir jou egter: as die Messias sal kom, dan sal Hy geen swaard teen Rome opneem nie,

[20] maar Hy sal net Sy geestelike Ryk deur Sy boodskappers op aarde laat verkondig!”

[21] Nou het die arts verbaas geword en na `n rukkie gesê: “Waarlik, in Jou het God Sy volk besoek!”

[22] En Josef het die arts gelyk gegee, maar hy het nogtans geen verdere verklaring daaraan toegevoeg nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205