|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 109
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Die besware van die priesters - Cirénius neem die verantwoordelikheid op homself - `n Slegte getuienis van Romeinse geldsug - Die huweliksvoltrekking van Cirénius en Tullia
(05 Jan 1844)
109 Die drie priesters het dadelik gekom en een van hulle het gesê: ”Net `n gebod van die goewerneur kan ons vandag laat praat,
[2] want ons het vanoggend gesweer om die hele dag geen woord te praat en geen hap te eet nie!
[3] Maar, soos gesê, breek ons vanaand hierdie eed, omdat ons daartoe deur die gebod van die landvoog gedwing word! Mag hy eendag vir ons rekenskap daarvan aflê.”
[4] Cirénius het egter gesê: ”Werklik, ek het julle geensins gedwing nie; maar as julle daar `n gewetensaak van maak, dan neem ek dit baie graag op my rekening!
[5] Ek is immers in die huis van Hom, vir wie sulke soort rekeninge hoofsaaklik aangaan - en daar glo ek dat dit met die vereffening van hierdie rekening met my nie so swaar hoef te gaan as julle jul dit op dwase manier voorstel nie!”
[6] En Josef het gesê: ”O broer, die toets is alreeds klaar, sê die drietal daarom maar, wat jy van hulle verlang!”
[7] Een van die drie priesters was Cirénius egter voor en het hom gevra, wat hulle dan wel vir hom moes doen.
[8] En Cirénius het aan hulle baie kortliks sy versoek voorgelê.
[9] Al drie het daarop gesê: ”Die wet is korrek en die handeling net so, maar ons is net onderpriesters en ons getuienis sal nie as geldig beskou word nie!”
[10] En Cirénius het hulle verduidelik, dat in hierdie geval, vanweë die totale ontbreking van `n opperpriester, elke onderpriester selfs verplig was om `n opperpriesterlike amp en reg uit te oefen.
[11] Die drie priesters het toe gesê: ”Dit is korrek; maar kyk, toe ons twee dae gelede die opperpriesterlike mag moes uitgeoefen het, het u ons vervloek!
[12] En noudat ons weer voor u `n opperpriesterlike bevoegdheid moet uitoefen, sou u ons dan nie opnuut vervloek nie?”
[13] Maar Cirénius het ietwat opgewonde gesê: ”Toe het ek julle vervloek omdat julle `n opperpriesterlike bevoegdheid heeltemal in stryd met die wet wou uitoefen,
[14] maar nou het julle die wetlike reg voor julle. As julle daarvolgens handel, dan het julle beslis geen vervloeking van my te vrees nie!
[15] Wel sal ek julle daarvoor `n offergawe gee, wat julle lewensonderhoud sal verseker. En `n offergawe vir Rome sal nie agterweë bly nie!”
[16] En die drie priesters het gesê: ”Goed, maar ons drie behoort nou ook nie langer aan die gode nie, en wil met die heidendom van Rome niks meer te make hê nie!
[17] Sal ons getuienis wel geldig wees, as mense in Rome verneem, dat ons oorgegaan het tot die geloof van Israel?”
[18] En Cirénius het geantwoord: ”Julle weet net so goed soos ek, dat in Rome vir geld elke getuienis geldig is!
[19] Doen julle daarom wat ek van julle verlang! Al die ander gaan julle niks aan nie, want daarvoor sal ek sorg!”
[20] Hierdie versekering het die priesters daartoe beweeg om vir Cirénius die gewenste getuigskrif op te stel en hom daarmee te seën.
[21] Eers toe Cirénius die getuigskrif gehad het, het hy Tullia sy hand gereik en het haar nou tot sy wettige vrou verhef.
[22] En hy het haar `n ring gegee en onmiddellik koninklike kleding vir haar uit die stad laat haal.
|
|
|
|
|