Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Cornelius by die heilige familie in die grot - Die herders en die hoofman - Die nuwe ewige geestelike son - Afskeid van Cornelius – Josef se waarderende woorde oor die goedheid van die heidense hoofman

(4 Sept. 1843)

22 Op hierdie manier het ons Cornelius die vrome gesin versorg en die hele dag en die hele nag by hulle gebly. 

[2] In die middag het ook die herders weer teruggekom om die Kindjie te aanbid en het allerlei offers saamgebring! 

[3] Maar toe hulle in die grot tente en ook die Romeinse hoofman gesien het, wou hulle uit groot vrees vir hom vlug, 

[4] want daar was verskeie van hulle wat die inskrywing ontduik het en die straf wat daaraan verbonde was, baie gevrees het. 

[5] Maar die hoofman het na hulle toe gegaan en gesê: ”Wees nie bang vir my nie, want ek sal julle al julle straf kwytskeld; maar dink wat daar volgens die wil van die keiser moet gebeur en kom daarom môre, dan sal ek julle so vriendelik en sagmoedig as moontlik behandel en inskryf.” 

[6] Toe die herders gemerk het dat Cornelius so `n sagmoedige mens was, het hulle hul vrees verloor en het hulleself die volgende dag almal laat registreer. 

[7] Na die gesprek met die herders het die hoofman aan Josef gevra of die son die oostelike horison hierdie keer nooit meer sou verlaat nie. 

[8] En Josef het geantwoord: ”Hierdie son, wat vandag oor die wêreld opgegaan het, - nooit! Maar die natuurlike son volg sy bekende baan volgens die wil van die Heer en sal oor etlike ure ondergaan!” 

[9] Dit het Josef profeties gespreek en hy het in wese self nouliks geweet en verstaan wat hy gespreek het! 

[10] Die hoofman het aan Josef gevra: ”Wat sê u nou? Kyk, ek het die betekenis van u woorde nie begryp nie; spreek daarom meer verstaanbaar met my!” 

[11] En Josef het gesê: ”Daar sal `n tyd kom, waarin u uself sal verwarm in die heilige strale van hierdie son en sal bad in die strome van Sy Gees! 

[12] Meer weet ek u egter nie te sê en ek verstaan self nie goed wat ek u nou gesê het nie; die tyd sal dit u egter in alle volheid van die ewige waarheid onthul, as ek daar nie meer sal wees nie!” 

[13] Die hoofman het geen verdere vrae aan Josef gestel nie en het hierdie diepsinnige woorde diep in sy hart bewaar! 

[14] Die volgende dag die hoofman die hele gesin gegroet en aan hulle die versekering gegee, dat hy so lank vir hulle sou sorg, as wat hulle daar sou bly en dat hulle sy lewe lank `n plek in sy hart sou hê! 

[15] Daarna het hy aangegaan met sy werk en aan die vroedvrou weer `n munt gegee om vir die familie te sorg. 

[16] Josef het aan sy seuns gesê, toe die hoofman alreeds weg was: ”Kinders, hoe kom dit tog, dat `n heiden beter is as menige Judeërs? Sou hierop dalk die woorde van Jesaja van toepassing wees, waar hy sê: 

[17] 'Kyk, My knegte sal welmoedig juig, maar julle sal skreeu van diepe smart en ween van ellende!'?” (Jes. 65:14) - En die seuns van Josef het geantwoord: ”Ja, vader, hierdie teks word hier in sy volheid uitgelê en verstaan!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205