Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 124

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Eudokia en Tullia se beswyming - Die giftige slange op die top -Maria en die Kindjie suiwer die plek - Die verbasing van die gevolg van Cirénius

(24 Jan 1844)

124 Die karavaan wilde diere het nie omgedraai nie, maar het ietwat knorrende verder op hulle pad getrek. 

[2] Eudokia, aan die sy van Maria, en ook Tullia aan die sy van Cirénius, wat nou vlak voor die twee esels geloop het, is by die aanblik daarvan weliswaar deur `n klein floute oorval, 

[3] maar Josef en Maria het hulle soveel moed ingepraat dat al hulle vrees weer gou verdwyn het. 

[4] En die tog het weer ongehinderd verder gegaan en het nou tot op die hoogte geen moeilikhede meer ondervind nie. 

[5] Maar op die hoogte aangekom - en wel op die oop plek waar op die hoogste punt `n tempel gestaan het – het `n nuwe probleem ontstaan. 

[6] In die omgewing van die tempel was daar letterlik `n nes van die giftigste ratelslange en adders. 

[7] Hulle het by die honderde in die son op die wye oop plein rondom die tempel gelê. 

[8] Toe die ongediertes die naderende geselskap in die oog gekry het, het hulle begin ratel en sis en hulle het hulle tonge heen en weer beweeg. 

[9] Die gevolg hiervan was dat Cirénius totaal verstar het van angs. Dit het in die besonder Tullia erg geraak, wat te voet geloop het; sy het geheel en al asof buite haar sinne geraak en in haar groot angs haar ondergang voor oë gesien! 

[10] Maar nie alleen die mense nie, maar ook die drie leeus het begin om bepaalde angsgeluide te maak en het hulleself so naby moontlik aan die mense gehou en gebly. 

[11] Hierdie aansig het weliswaar niks aan Cirénius self gedoen nie, maar tog het dit hom gehinder vanweë sy vrou en sy gevolg!  

[12] Hy het hom daarom tot Josef gewend en gesê: ”Broer, sê aan beide die dienaars van die Heer, dat hulle hierdie ongediertes moet bedreig!” 

[13] Maar Josef het gesê: ”Dit is nie nodig nie! 

[14] Want kyk, my vrou is hierin `n groot meesteres; ons laat haar maar met haar esel vooruit gaan, 

[15] dan sal jy sien hoe hierdie ongediertes voor haar op die vlug sal slaan!” 

[16] Maria met die Kindjie op die arm het met haar esel na vore gekom en toe die gediertes haar gesien het, 

[17] het hulle plotseling blitsvinnig weggevlug en daar was nêrens één meer te sien nie. 

[18] Die hele gevolg van Cirénius was verwonderd daaroor en baie het verbaas aan mekaar gevra: 

[19] ”Is dit miskien Hygieia, (godin van gesondheid.) wie ook alle slange na bewering op `n wenk gehoorsaam het?” 

[20] Maar Cirénius, wat hierdie vrae gehoor het, het gesê: ”Wat praat julle oor Hygieia, wat nooit bestaan het nie?” 

[21] Hier is meer as Juno,(Oppergodin van die Romeine – gesellin van Jupiter wat geïdentifiseer word met die Griekse Hera .) wat ook nooit bestaan het nie; dit is deur die allerhoogste God uitverkore vrou van hierdie mees verhewe wysgeer!” 

[22] Nou het almal uit die gevolg van Cirénius verbaas geword, maar niemand het dit durf waag om nog verder aan iemand `n vraag daaroor te stel nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205