Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Hoogagting van Cirénius vir Maria - Die troosryke antwoord van Maria - Gelukwensing van Cirénius aan Josef – Josef se woorde oor die ware wysheid

(6 Okt. 1843)

40 Hierna het Cirénius opgestaan en met Maria gepraat: ”O gelukkigste van alle vroue en alle moeders op aarde! Sê my tog hoe dit in u gemoed en hart is, daar u tog sekerlik daarvan oortuig is, dat daar hemel en aarde op u arms rus!” 

[2] Maar Maria het gesê: ”Vriend, waarom vra u my na wat u eie hart u sê?! 

[3] Kyk, ons wandel op dieselfde aarde wat God uit Homself geskape het, Sy wondere betree ons voortdurend met ons voete - en tog is daar miljoene en miljoene mense, wat hul knieë liewer voor die werk van hul hande buig as voor die ewige ware lewende God! 

[4] En as JaHWeH se groot werke egter nie die mense kan laat ontwaak nie, hoe sal `n Kind –in doeke dit bewerkstellig? 

[5] Daarom sal dit net aan weiniges gegee wees om in die Kind die Heer te erken! Alleen aan diegene wat net soos u van goeie wil is! 

[6] As hulle egter van `n goeie wil is, sal dit nie nodig wees om na my te kom, sodat ek hulle sou sê hoe dit met my gemoed en hart gesteld is nie. 

[7] Die Kind sal Homself openbaar in hulle harte en sal hulle seën en sal hulle laat voel hoe die moeder self voel, wat die Kind op haar arms dra! 

[8] Gelukkig, ja oorgelukkig is ek, omdat ek die Kind op my arms dra, 

[9] maar groter en nog gelukkiger sal in die toekoms diegene wees, wat Hom alleen in hulle harte sal dra! 

[10] Dra Hom ook onuitwisbaar in u hart, dan sal dit met u gaan soos my eggenoot Josef u verseker het!” 

[11] Toe Cirénius hierdie woorde van Maria verneem het, kon hy hom nie genoeg verwonder oor haar wysheid nie. 

[12] Hy het daarom aan Josef gesê: ”Luister, jy gelukkigste van alle mans op aarde! Wie sou ooit so `n allerdiepste wysheid in u jong vrou gesoek het?! 

[13] Voorwaar, as daar een of andere Minerva sou bestaan, sou sy eindeloos ver moes wegkruip vir haar, hierdie allerlieflikste moeder!” 

[14] Maar Josef het gesê: ”Kyk, elke mens kan op sy manier wys wees vanuit God; sonder Hom is daar egter geen wysheid op aarde nie! 

[15] Daaruit is immers ook die wysheid van my vrou verklaarbaar. 

[16] As die Heer egter reeds uit die bek van diere tot die mense gespreek het, waarom sou Hy dit nie kan doen deur die mond van mense nie?! 

[17] Maar laat ons daar nie verder oor praat nie, want ek dink dat dit tyd sal wees om vir die vertrek van môre te sorg!” 

[18] Cirénius het egter gesê: ”Josef, bekommer jou nie daaroor nie, want daarvoor is al lankal gesorg; ekself sal jou môre na Ostrasine begelei!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205