|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 173
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Die verligte Kindjie Jesus – Jonathan se verwondering - Baie wyse woorde van die Kindjie oor die gewig van die wet van Moses
(23 Mrt 1844)
173 Toe Jonathan die Kindjie so geliefkoos en aan sy hart gedruk het, het Hy aan hom gesê:
[2] “Jonathan, probeer My nou weer eenkeer te dra; nou sal Ek vir jou sekerlik nie so swaar voorkom nie, as toe jy My oor die seearm gedra het nie!”
[3] Vol vreugde en liefde het Jonathan die Kindjie op sy arm geneem en Hom so lig soos `n donsveertjie gevind!
[4] En hy het aan die Kindjie gesê: “My God en My Heer, hoe moet ek dit nou verstaan?
[5] Daar by die see was Jy vir my so swaar soos die las van die hele wêreld, maar nou is Jy vir My so lig soos `n donsveertjie!”
[6] En die Kindjie het gesê: “Jonathan, dit sal met elkeen gaan soos met jou!
[7] Want My groot gewiglas lê nie in My nie, maar in die Wet van Moses!
[8] Toe jy My nog nie geken het nie, maar alleenlik die Wet, en My op jou skouers gedra het, toe het nie My gewig nie, maar alleenlik die gewig van die Wet so swaar soos die wêreld op jou skouers gedruk!
[9] Maar nou het jy My in jou hart as Heer erken bo Moses en bo die Wet en kyk, die gewig van die Wet is nie meer by My, wat die Heer van die Wet is nie!
[10] So sal in die toekoms ook in geestelike opsig met alle draers van die Wet gaan!
[11] Waarlik, Ek sê vir jou: Die regverdiges uit die Wet sal huil en met die tande kners;
[12] maar die Heer sal in die huise van die sondaars aan tafel sit en sal hulle genees en hulle as Sy kinders aanneem!
[13] Die verlorenes sal Ek soek, die siekes, die gevangenes en verdruktes wat swaarkry, sal Ek genees, verlos en bevry;
[14] maar die regverdiges deur die Wet sal ongeregverdig uit My Huis gaan!
[15] Waarlik, Ek sê vir jou: Die tollenaars en sondaars sal Ek prys in My huis,
[16] maar die regverdiges sal Ek voor My aangesig met `n swaar las belaai in My huis!
[17] Ja, `n hoer sal My salf en die skuld van `n egbreekster sal Ek in die sand skryf en die sondaars sal My aanraak,
[18] maar vervloek sal `n yweraar vir die Wet en `n skrifgeleerde wees, as hy My sal aanraak!
[19] Die wat deur die gewig van die Wet gedood is, die sal Ek uit die grafte trek,
[20] maar vir diegene wat die letter van die Wet probeer nakom het, sal Ek die poort na die lewe so nou maak soos die oog van `n naald!”
[21] Josef het hom oor hierdie woorde ontstel en gesê: “Maar Kindjie, wat praat Jy sulke vreeslike dinge?
[22] Die wet is tog ook deur God gegee, hoe sou `n sondaar dan beter wees as `n regverdige?”
[23] Maar die Kindjie het gesê: “God het wel die Wet gegee, maar nie vir die wêreldse verstand nie, maar vir die hart! En Moses self het die hele Wet in die liefde tot God gestel!
[24] Die Wet het wel gebly, - maar die liefde het lankal gesterwe!
[25] Maar `n wet, waarin geen liefde meer is nie, het geen nut meer nie en hy wat dié Wet hou sonder liefde, is `n dooie slaaf daarvan!
[26] Daarom is Ek nou vir `n heiden en `n vrye sondaar liewer as vir `n dooie, geboeide slaaf van die Wet!'
[27] Nou het Josef geswyg en oor hierdie woorde nagedink, maar die Kindjie het begin om weer oor kinderlike dinge met Jonathan en Jakob te gesels.
|
|
|
|
|