Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 246

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef seën Cirénius - Kosbare woorde van Jesus aan Cirénius: “Alleenlik die liefde kan My aanwesigheid verdra” - Vertrek van Cirénius -Josef by Jonathan

(05 Julie 1844)

246 Daarop het Josef na Cirénius toe gegaan en hom en sy hele huis geseën. 

[2] Net so het ook Maria gekom en Tullia en haar begeleidsters geseën. 

[3] Daarna het Josef aan Cirénius gesê: “Broer, met hierdie seën gee ek jou ook my hartewens te kenne, wat daarin bestaan: 

[4] Staan die vyf meisies heeltemal aan my af sodat hulle volkome in my `n egte vader sal hê! 

[5] Want jy sal tog nog in elk geval kinders van jou eie hê, wat later moeilik met hierdie kinders oor die weg sal kom. 

[6] Maar by my sal daaroor nooit disharmonie ontstaan nie; die rede daarvan ken jy nou net so goed soos ek.” 

[7] En Cirénius het hierdie wens van Josef graag toegestaan en het volledig afstand van die vyf meisies aan Josef gedoen, waaroor Josef baie verheug was, 

[8] want hy het die meisies liefgehad, omdat hulle so leergierig en baie gehoorsaam was, goed gebou en lieflik van gestalte was. 

[9] Toe dit gereël was, het Cirénius Josef omarm en gesê: 

[10] “Broer, as dit die wil van die Heer sal wees, hoop ek om jou spoedig weer te sien!” 

[11] En die Kindjie wat langs Josef gestaan het, het gesê: “Amen, sê Ek - So nie hier nie, dan tog wel in My ryk!

[12] Want Ek sê vir jou: Lank sal ons ons in die land nie meer ophou nie, omdat ons alreeds te bekend is. 

[13] As ons van hier sal weggaan, dan sal ons ons in verborgenheid terugtrek, sodat geen mens geoordeel sal word nie! 

[14] Ons wat egter in die liefde één geword het, sal in die gees in ewigheid steeds altyd bymekaar wees! 

[15] Waar jou skat sal wees, daar sal jy ook wees met jou hart waarin die grootste skat woon. 

[16] Het Ek vir jou `n kosbare skat in jou hart geword, waarlik, dan sal jy van My in ewigheid nie meer ontslae raak nie! 

[17] Want waar Ek in die liefde woon, daar is Ek wesenlik tuis en gaan in ewigheid nooit vanuit so `n woonplek weg nie. 

[18] Laat My daarom voortdurend in jou hart woon, dan sal Ek vir jou nie verborge daar woon nie! 

[19] Want alleenlik die liefde kan My teenwoordigheid verdra, soos die een vuur die ander. 

[20] Maar alles wat geen vuur is nie, word deur die vuur verwoes en verteer. 

[21] Daarom trek Ek My ook van die wêreld terug, sodat My vuur dit nie sal oorval en verwoes nie! 

[22] Maar vra dus nooit: “Heer waar is U?” Want dan sal Ek jou nie sê nie: “Hier is Ek!”, 

[23] maar vra sorgvuldig aan jou eie hart of hy My liefhet, dan sal Ek jou in jou hart wat My liefhet, toeroep: 

[24] “Hier is Ek tuis in die hele volheid van My (liefde,) barmhartigheid en erbarming!” 

[25] Gaan nou getroos aan boord van jou skip en `n gunstige wind sal jou na Tyrus bring! Amen.” 

[26] Nou het die goewerneur Cirénius vir die laaste keer in Egipte Josef gegroet en aan boord van sy skip gegaan. 

[27] En weldra het daar `n gunstige wind gekom en die skip seil met groot vaart laat wegvaar. 

[28] Josef het daarna met sy gesin na die huis van Jonathan gegaan en die nag by hom deurgebring.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205