Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 217

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Alles het deur God se wil, hulle tyd en wetmatigheid - Oor ydel soeke in goddelike dieptes, en oor kinderlike eenvoud en die weg na die ware wysheid

(29 Mei 1844)

217 Die Kindjie het `n opmerking aan Cirénius gemaak, toe hy begin het om verdere navorsing te doen: 

[2] “Cirénius, jy vors tevergeefs na en jy sou dadelik die hele hand wou hê, waar Ek jou net `n vinger gewys het! 

[3] Kyk, dit sal nie gaan nie, want alles het sy tyd nodig en sy vaste, onveranderlike ordening! 

[4] As jy `n boom sien bloei, dan sou jy natuurlik ook die ryp vrug al wou hê. 

[5] Maar sien, dit sal nie gaan nie, want elke boom het sy tyd en sy orde! 

[6] Tyd en ordening is van ewigheid uit My en dus kan Ek nie teen Myself ingaan nie;

[7] daarom kan daar aan die tyd en aan die ordening ook geen afbreuk gemaak word nie. 

[8] Ek het jou wel lief met al die volheid van My Goddelike krag, maar daarom kan Ek jou van die verganklike tyd tog geen minuut skenk nie, 

[9] want dit moet soos `n stroom verder vloei en is onstuitbaar, en het nie eerder rus nie, voordat dit die groot oewer van die onveranderlike ewigheid bereik het nie. 

[10] Daarom is jou verdere navorsing in My dieptes ietwat ydel. 

[11] Want jy sal langs so `n weg nogtans geen haarbreedte nader aan My diepste geheime kom voordat dit die regte tyd sal wees nie. 

[12] Sien daarom af van al sulke soort ondersoeke en mat jou gees nie tevergeefs af nie, want op die regte tyd sal alles vir jou vry vanuit My geopenbaar word! 

[13] Jy sou nou in alle diepte wou verstaan, waarom die middel is, daar waar Ek is? 

[14] Ek sê vir jou egter: Dit kan jy nou nog nie verstaan nie; daarom moet jy vir eers glo, en in die geloof die ware deemoed van jou gees bewys. 

[15] Eers as jou gees deur die ware nederigheid die egte diepte in sigself bereik het, dan sal jy ook vanuit hierdie diepte helder blikke in My diepte kan werp. 

[16] Maar as jy al navorsende jou gees gaan verhef, dan sal hy sy lewende diepte steeds meer verlaat en jou daardeur van My dieptes verwyder en nie meer naby aan hulle laat kom nie. 

[17] Ja, Ek voeg vir jou nog daaraan toe: Van nou af aan sal alle diepe wysheid vir die wyses van die wêreld verborge bly; 

[18] maar vir die eenvoudiges, die swak kinders en weeskinders sal hulle in die hart gelê word! 

[19] Word daarom `n kind in jou gemoed, dan sal dit die regte tyd vir jou wees om die ware wysheid te ontvang! 

[20] Cirénius het hom uitermate oor hierdie leer verbaas en het toe aan die Kindjie die volgende vraag gestel: 

[21] “Ja, as dit so is, dan hoef geen mens die Skrif meer te leer lees en self `n skrif te skryf nie!?

[22] Want as Jy dit alles vry gee aan hulle wat dit waardig is, waartoe dan die moeisame leerdery?” 

[23] En die Kindjie het gesê: “Deur goed en nederig te leer word die akker vir die wysheid vrugbaar gemaak, en dit is ook deel van My orde. 

[24] Maar jy moet die leer nie as die doel, of vir die wysheid self aansien nie, maar net as `n middel. 

[25] Wanneer die akker goed bemes sal wees, dan sal Ek die saad wel strooi, waaruit dan eers die ware wysheid sal ontspruit! Verstaan jy dit?” Nou het Cirénius geswyg en nie verder nagevors nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205