Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 147

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die hulpgeroep van die siekes na Maria - Maria verwys hulle na die Kind Jesus - Die genesing van die siekes en hulle onderrig deur die engele - Die hoofman op soek na die wonderdoener

(21 Feb 1844)

147 Na `n tydjie het die verhewe geselskap opnuut na die nagemaakte Allerheiligste gegaan, waar hulle weer met die grootste lofprysing ontvang is. 

[2] Die lammes, die kreupeles en die ander gebreklikes het egter geroep: ”O, heerlike moeder, wat die blindes gehelp het, ons smeek u, bevry ook ons van ons groot kwellinge!” 

[3] Maar Maria het gesê: ”Wat roep julle na my? Ek kan julle nie help nie, want ek is net soos julle maar `n swak sterflike diensmaagd van my Heer! 

[4] Maar Hy, wat ek op My arms dra, kan julle wel help, want in Hom woon die ewige volheid van die Goddelike allesomvattende almag!” 

[5] Die siekes het egter nie na die woorde van Maria geluister nie, maar hulle het nog baie harder geskreeu: ”O heerlike moeder, help ons, help ons armes en bevry ons van ons kwellinge!' 

[6] Toe het die Kindjie Homself opgerig en Sy hand oor die siekes uitgestrek en hulle het almal op dieselfde oomblik volkome gesond geword. 

[7] Die lammes het soos herte (takbokke) gespring, die kreupeles het regop soos die seders op die Libanon geword en alle ander gebreklikes is van hulle lyding bevry! 

[8] Die engele het daarop na al hierdie armes toe gegaan en het hulle versoek om te swyg en aan hulle die nadering en nabyheid van die Ryk van God op aarde verkondig. 

[9] Hierdie gebeurtenis het ons hoofman uit sy diep gedagtedroom gewek en hy het eweneens agter die geselskap aan die Allerheiligste binnegegaan. 

[10] Daar aangekom, het hy dadelik na Josef geloop en hom gevra: ”Verhewe vriend, wat het hier gebeur? Ek sien hier immers nòg blindes, nòg lammes, nòg kreupeles of ander wat ellendes gehad het, meer nie! 

[11] Hoe is dit moontlik? Is hulle almal deur `n wonder genees, of was hulle vroeëre ellendige toestand maar net skyn?” 

[12] En Josef het gesê: ”Gaan na hulle toe en praat self met hulle oor wat vir jou nou so raaiselagtig voorkom! Hulle sal jou die beste weet te vertel wat daar nou met hulle gebeur het!” 

[13] Die hoofman het dadelik gedoen wat Josef hom aangeraai het, want vrae vra was eintlik die swakste kant van hierdie hoofman. 

[14] Hy het egter oral een en dieselfde antwoord gekry; oral het dit gelui: ”Op wonderbaarlike wyse het ek gesond geword!” 

[15] En die hoofman het weer na Josef gekom en hom gevra: 

[16] ”Wie van julle het die wonder bewerk? Wie van julle is in besit van so `n wonderkrag? Wie van julle is dan sekerlik `n God?” 

[17] En Josef het gesê: ”Kyk, daar staan weer die armes wat genees is! 

[18] Gaan maar nogeens daarheen en vra hulle; hulle sal jou wel die regte wenk gee!” 

[19] En die hoofman het hom dadelik weer tot die armes gewend en na die Wonderdoener gevra. 

[20] Maar die armes het gesê: ”Sien die groot geselskap aan; uit hulle midde het die genesing wonderbaarlik na ons toe gekom! 

[21] Die klein Judese meisie skyn die mag te hê! Maar hoe? Dit sal die gode beter weet as ons!” 

[22] Nou het die hoofman nie veel meer as voorheen geweet nie. 

[23] Maar Josef het aan die hoofman gesê: ”Kyk, jy is `n ryk man uit Rome; versorg nou hierdie armes uit liefde tot God, dan sal jy meer te wete kom! Wees egter vir hierdie oomblik tevrede daarmee!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205