Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 148

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die wedywer in goeddoen tussen die hoofman en Cirénius -Die radelose hoofman deur Josef onderrig

(22 Feb 1844)

148 Toe die hoofman dit van Josef gehoor het, het hy nie te lank by homself gedink nie, maar het na Cirénius toe gegaan en gesê: 

[2] ”Keiserlike, konsulêre hoogheid! U hoogheid het sekerlik gehoor wat die wyse Judeër my, nederig in persoon, aangeraai het!? 

[3] Ek het daarop dadelik besluit om sy raad so noukeurig as moontlik op te volg. 

[4] Daarom versoek ek u hoogheid om u goedkeuring te gee aan my besluit, vervolgens waar ek al hierdie arm mense soos my eie kinders onder my sorg sou wou neem.” 

[5] En Cirénius het gesê: ”My agtenswaardige, goeie hoofman! Dit spyt my dat ek jou die verhewe wens nie kan goedkeur nie! 

[6] Want kyk, ek het hulle netnou almal onder my eie sorg geneem! 

[7] Maar daaroor hoef jy nie te treur nie, want jy sal nog genoeg arm mense vind! 

[8] Volg wat die armes betref die raad van die wyse Judeër en jy sal dieselfde loon (oes) ontvang!” 

[9] Die hoofman het nou hier voor Cirénius gebuig en het dadelik na Josef toe gegaan en gesê: 

[10] ”Kyk eers, wat kan ek nou doen, as Cirénius my lankal voorgespring het?! Waar sal ek nou arm mense vandaan haal? Want hier is baie vanuit Ostrasine byeen!” 

[11] En Josef het hier vriendelik vir die hoofman geglimlag en aan hom gesê: 

[12] ”O my liewe vriend, wees maar nie besorgd daaroor nie, want die wêreld het altyd aan al die ander dinge `n groter gebrek gehad as aan armes! 

[13] Kyk, dit hoef immers nie per se juis blindes, lammes, kreupeles en ander gebreklikes te wees nie! 

[14] Gaan kyk eers by die gesinne in die huise, oortuig jouself van hulle nood van velerlei aard en jy sal geleentheid in oorvloed vind om jou oorvloed terdeë aan die mense te bring! 

[15] Kyk, hierdie stad is immers oor die geheel geneem in elk geval meer `n ruïne as `n aansienlike, bloeiende stad! 

[16] Gaan kyk maar eers binne-in die halfvervalle wonings van so baie burgers, dan sal jy dadelik uiters duidelik insien dat dit oorbodig is om te treur weens gebrek aan arm mense!” 

[17] Die hoofman het egter gesê: ”Liewe, wyse vriend, daarin het u wel gelyk, 

[18] maar die armes sal my weinig opheldering kan gee oor die komende Messias, omdat hulle tog, net soos ek,- vergeleke met u op `n dwaalspoor is wat die geloof betref! 

[19] Hierdie armes het egter nou soveel wonderbaarliks meegemaak, dat hulle my langsamerhand baie meer sou kon onthul!” 

[20] En Josef het die hoofman geantwoord: ”A ha, my liewe vriend! Dink jy dan dat die onthulling van die geestelike dinge by die armes te vinde is? 

[21] O, dan vergis jy jou baie deeglik! Kyk, die onthulling lê alleen maar in die liefde van jou eie hart en gees! As jy die liefde beoefen, dan sal uit die vlam van sulke liefde vir jou `n lig ontstaan, maar nie uit die mond van die armes nie!” Met hierdie uiteensetting was die hoofman tevrede en hy het van nou af nie meer gevra wat hy moes doen nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205