Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 163

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die werksaamhede van Josef se seuns - Maria se kunsvaardigheid – Eudokia se vlyt - Die aankoms van die agt kinders uit Tyrus - Edelmoedige boodskap van Josef aan Cirénius - Maria as onderwyseres van die agt kinders

(11 Mrt 1844)

163 So was alles in Josef se huis nou net soos vroeër weer in die ou goeie orde. 

[2] Josef en sy seuns het uit hout allerlei gebruiksvoorwerpe gemaak en dit teen redelike pryse aan bewoners van die stad verkoop;

[3] dit het hulle natuurlik naas hulle ander werk in die huis gedoen. 

[4] Maria en Eudokia het egter die huishouding behartig en klere gemaak en soms ook fyn, elegante werk vir ryk families in die stad. 

[5] Want Maria was baie bedrewe in alle soorte kunsspinwerk en sy het volledige kledingstukke gebrei. 

[6] Eudokia was egter `n goeie naaister en het goed geweet hoe om met die naald te werk. 

[7] En so het die gesin steeds wat hulle nodig gehad het, verdien en het soveel gehad dat hulle in `n noodgeval ook ander armes kon bystaan. 

[8] Eers na drie maande het die agt kinders uit Tyrus aangekom, natuurlik onder begeleiding van betroubare vriende van Cirénius. 

[9] Hulle het `n enorme bedrag aan kosgeld saamgebring, wat uit agthonderd pond goud bestaan het. 

[10] Maar Josef het gesê: “Die kinders neem ek wel, maar die geld neem ek nie, want daarop lê die vloek van die Heer! 

[11] Neem dit daarom maar weer saam en gee dit aan Cirénius; hy sal wel weet waarom ek dit nie kan en mag aanneem nie! 

[12] Bring aan hom egter my seën en my groete oor, 

[13] en sê aan hom, dat ek hom op sy tuisreis in die gees begelei het en getuie was van alles, wat hom oorgekom het 

[14] en dat ek hom altyd geseën het waar gevaar hom bedreig het! 

[15] Oor die verlies van die drie diere op die eiland Kreta moet hy hom geen sorge maak nie, want so is dit die wil van die Heer, wat hy ken!” 

[16] Toe het Josef die vriende van Cirénius geseën en met groot vreugde die agt kinders oorgeneem, wat hulle dadelik heeltemal tuis in Josef se gesin gevoel het. 

[17] Daarop het die vriende van Cirénius die goud weer geneem en het hulle weer vinnig na Tyrus terug begeef. 

[18] Maar Josef het God vir die geskenk van hierdie kinders geprys, hulle geseën en hulle onder die leiding van Maria gestel, wat `n goeie onderwyseres vir die sekondêre skool was, deurdat sy in die tempel in alle moontlike dinge onderrig was. 

[19] En die kinders het Grieks, Hebreeus en ook Romeins leer lees en skryf. 

[20] Want hierdie drie tale moes byna elkeen in daardie tyd kon praat en sodanig ook kan skryf; die Romeinse taal was in die tyd ongeveer wat die Galliese (Franse) taal teenswoordig is, en mag in `n hoëre opvoeding nie ontbreek nie. * (Italiaans: Latyn, die taal van die Romeine, is die sterkste verteenwoordig in Italiaans.)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205