Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 206

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Gerusstellende woorde van die Kindjie vóór die stormnag - Dwase vrees en voorsorgmaatreëls van Eudokia

(14 Mei 1844)

206 Na die aandete het Josef alle gaste geseën en die Kindjie het hulle ook geseën en gesê: 

[2] “Gaan julle nou almal rus; maar wees nie bang as daar vannag `n klein storm om ons huis sal woed nie; 

[3] want daar sal van niemand `n haar krom gemaak word nie! 

[4] Bedink: Hy wat by julle woon, is ook `n Heer oor die storms!” 

[5] Na hierdie woorde, wat onder die skeepslui van Cirénius besorgdheid oor die skip laat ontstaan het, het `n skeepsmaat gesê: 

[6] “Hierdie Kind is `n regte profeet, want Hy voorspel iets ergs; 

[7] daarom sou ons dadelik na die skip van Cirénius moet gaan, want dit is nie stewig vasgemaak nie; ons moet dit soveel moontlik nader op die oewer trek en dit daar vasmaak!” 

[8] Toe het Jonathan opgestaan en gesê: “Laat hierdie voorsorg maar alleen! 

[9] Want ten eerste sal die Heer die skip ook wel kan beskerm; 

[10] en ten tweede het ek tuis ook mense, wat beter as julle weet hoe om met skeepsbeveiliging te werk en hulle sal die skip van die goewerneur wel kan beveilig. Daarom kan julle saam met my volkome gerus daaroor wees!” 

[11] Almal was daarmee gerusgestel en het bed toe gegaan. 

[12] Maria het vir die Kindjie ook dadelik `n baie sagte en skoon bed klaar, Hom daarin gelê en die klein bedjie langs haar bed geplaas. 

[13] Maria en Eudokia het gewoonlik saam een bed gedeel en dus ook nou. 

[14] Maar Eudokia, wat `n egte deeglike angs vir die voorspelde storm gehad het, het aan Maria gesê: 

[15] “Maria, kyk, ek het `n groot vrees vir die storm, wat sekerlik sal kom! 

[16] Hoe sou dit wees as ons die Kindjie vannag tussen ons neem? 

[17] Dan sou ons tog die sekerlik die meeste beskut wees teen alle gevaar!” 

[18] Maar toe die Kindjie hierdie besorgdheid van Eudokia gehoor het, het Hy geglimlag en gesê: 

[19] “O Eudokia, soms is jy baie verstandig, maar soms weer dommer as die weerlig! 

[20] Dink jy dan, dat Ek jou alleenlik kan beskerm, as Ek op jou skoot sit? 

[21] Nou, dan vergis jy jou baie! Kyk, My arm is langer as wat jy dink! 

[22] Al bevind jy jou aan die uiteinde van die alle wêrelde, dan sou Ek jou nog ewe goed kan beskerm as hier! 

[23] Wees dus maar rustig, en gaan net soos gewoonlik slaap, dan sal jy môre weer gesond opstaan!” - Dit het Eudokia weer gerusgestel en sy het haar met Maria dadelik ter ruste begewe.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205