|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 71
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Josef se sagmoedige pleidooi aan Cirénius met verwysing na die oordeel van die Heer - Cirénius gee toe - Die skynbare veroordeling tot die kruisdood as middel tot verbetering vir die drie priesters
(17 Nov 1843)
71 Na hierdie verklaring van Cirénius het Josef weer na hom toe gegaan en gesê:
[2] “Cirénius, my hoogverhewe vriend en broer! Ek is van mening dat jy die straf vir hierdie drie afgodsdienaars, wat in alle erns boosaardig is, aan die Heer moet oorlaat!
[3] Want glo my, niemand bewys die Heer, die almagtige God van hemel en aarde `n welgevallige diens, selfs dan ook nie as hy die grootste misdadiger laat ombring nie!
[4] Laat daarom gerus die regverdige tugtiging van hierdie drie oor aan die Almagtige, en die Heer sal jou seën deur die straf, wat Hy hierdie drie maar al te sekerlik sal laat toekom as hulle hul nie deur `n enorme berou en totale ommekeer bekeer nie!”
[5] Kom hulle egter tot inkeer met opregte berou en bekering tot die enigste ware God, dan kan hulle immers ook nog edele mense word!”
[6] Hierdie woorde van Josef het Cirénius tot nadenke gestem oor wat hy eintlik presies moes doen.
[7] Na `n rukkie het hy besluit om die drie minstens aan `n hewige doodsangs te onderwerp as vergeldingsmaatreël vir die doodsangs wat hulle die arme jeug aangedoen het.
[8] Daarom het Cirénius Josef gesê: ”My innigste, my verhewe vriend en broer! Ek het jou raad nou goed oorweeg en sal dit ook volg!
[9] Maar op hierdie oomblik kan ek dit nie doen nie! Ek moet nou eenmaal die staf oor hierdie boosaardige drietal breek waarmee ek gedreig het en hulle tot `n baie pynlike dood veroordeel!
[10] Eers nadat hulle `n vier-en-twintig uur lange doodsangs uitgestaan het, dan moet jy my hardop voor die hele volk op hierdie plek van teregstelling om barmhartigheid en om opheffing van die doodstraf vra,
[11] dan sal ek sekerlik dit aan jou toestaan en dan volgens die orde van die wet aan hierdie drie booswigte die lewe skenk!
[12] Ek dink dat dit so reg sal wees; want kyk, ek kan hulle nie dadelik begenadig nie, omdat ek hulle as bose oortreders van die priesterlike wet herken het!
[13] Volgens die wet moet hulle die doodvonnis aanhoor; eers as dit gebeur het, kan in uitsonderlike gevalle begenadiging in die plek van die voltrekking van die oordeel kom.
[14] En dus wil ek hierdie handeling dadelik verrig!”
[15] Josef het dit goed gevind. Cirénius het dadelik die regters, die voorlesers en die beulsknegte na hom toe laat kom en gesê:
[16] ”Bring drie ysterkruise en kettings hierheen; maak die kruise vas in die grond en laat vier-en-twintig uur lank `n vuur brand rondom die opgerigte kruise!
[17] As dit in die tyd die regte gloeiende hitte bereik het, dan sal ek kom en die drie misdadigers aan die gloeiende kruise laat ophys! Fiat*” * (Laat dit so geskied!)
[18] Daarop het Cirénius `n staf geneem, dit gebreek en dit voor die voete van die drietal gewerp en gesê: (Dit is die finale teken van die Fiat)
[19] ”Nou het julle jul vonnis gehoor! Berei julle daarom voor, want julle verdien so `n dood! Fiat!”
[20] Soos duisend weerligstrale het die oordeel die drie getref en hulle het begin om dadelik te jammer en te weeklaag en alle gode om hulp te roep.
[21] Hulle word dan ook dadelik in versekerde bewaring geplaas en die beulsknegte het dadelik die geregshuis binnegegaan en gesorg vir die aanbevole martelwerktuie. Cirénius, Josef en Maronius het hul daarna dadelik weer na die huis begewe.
|
|
|
|
|