Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 199

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Verdere profetiese onthullings van die Kindjie: Jesus se dood, Sy versoeningsleer, opstanding en ontsluiting van die lewenspoort vir almal - `n Wenk vir wêreldse mense

(04 Mei 1844)

199 En die Kindjie het gesê: “Josef, wat sal jy wel sê, as die kinders van die wêreld eendag die Heer sal gryp en met die hulp van die Satan sal dood? 

[2] As hulle Hom soos `n roofmoordenaar sal gryp en Hom voor die wêreldse gereg sal sleep, waar die gees van die hel heers? 

[3] En hierdie regbank die Heer van alle heerlikheid aan die kruis sal laat slaan; wat sê jy daarvan? 

[4] Wanneer met Hom sal gebeur, wat die profete oor Hom voorspel het, welke woorde aan jou goed bekend is; wat sê jy wel daarvan?” 

[5] Toe die drie dit van die Kindjie verneem het, het hulle hewig geskrik en Josef het baie heftig gesê: 

[6] “My Jesus, my God-Seuntjie, waarlik, so-iets mag nie met Jou gebeur nie! 

[7] Laat die hand wat hom ooit aan Jou sal vergryp, vir ewig vervloek wees; en die siel van die draer daarvan vir ewig in die grootste moontlike kwelling vir sy misdaad boet!” 

[8] En Cirénius het hom met Jonathan by Josef se woorde aangesluit en gesê: 

[9] “Ja, as so-iets moontlik sou kon gebeur - dan wil ek vanaf nou werklik vir altyd die wreedste tiran word! 

[10] Twee keer honderdduisend van die mees geoefende soldate staan onder my bevel; ek hoef slegs `n wenk te gee en oral op die wêreld word dood en verderf gesaai! 

[11] Voordat so `n onbeskaamde duiwel van `n mens sy satanshande aan hierdie Kind sal slaan, sal ek eerder alle mense op die hele aarde laat ombring!” 

[12] Maar die Kindjie het geglimlag en gesê: “Maar dan sal jou soldate tog nog oorbly; wie sal hulle dan wel uit die wêreld moet ruim? 

[13] Kyk, My liewe Cirénius, hy wat weet wat hy doen en onreg doen, hy doen sonde en is `n dader van die kwade; 

[14] maar wie nie weet wat hy doen en dan onreg doen, hom moet dit vergewe word! Want hy het immers nie geweet wat hy gedoen het nie. 

[15] Net as iemand wel sou geweet het wat hy gedoen het en uit homself geen onreg sou wou doen nie, maar hom nie daarteen verset toe hy daartoe gedwing is nie en dan onreg gedoen het, is `n slaaf van die hel en haal homself die oordeel op die hals. 

[16] Die hel weet baie goed, dat dit beter is om met blinde werktuie as met siendes te werk; 

[17] daarom hou hy die blindes ook voortdurend in sy diens, en juis hierdie blindes sal die Heer van die heerlikheid aan die kruis slaan! 

[18] Hoe wil jy egter `n blinde straf vir die feit, as hy op die weg met sy voet êrens teenaan iets stamp, hy daardeur sou val en sy arms en bene sou breek?! 

[19] Bly jy dus maar fyn tuis met jou mag, wat baie meer onheil as heil op aarde sou stig! 

[20] En wees daarvan versekerd, dat Hy, wat die mense in hulle blindheid na die vlees sal dood, na die gees en in Sy krag en mag nie gedood word nie, maar spoedig weer uit eie krag en mag sal opstaan, 

[21] en daardeur eers vir alle skepsele die weg tot die ewige lewe sal open!” 

[22] Die heftige toon van Cirénius het ook die aandag van die Tullia-geselskap op die klein groepie gevestig. 

[23] Maar die Kindjie het die geselskap terugverwys en gesê: “Gaan verder met julle eie sake aan, want wat hier gebeur, is nie vir julle blindes bestem nie!” - En die geselskap het hulleself weer teruggetrek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205