Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 164

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

`n Rustige jaar in die huis van Josef - Die wonderbare genesing van `n besete jongman uit `n Moorse gesin deur Jakob op bevel van die Kindjie

(12 Mrt 1844)

164 Sedert hierdie tydperk het dit baie rustig in Josef se huis gegaan en het daar ook niks wonderbaarliks gebeur nie. 

[2] Hierdie rustige toestand het `n hele jaar geduur, omdat die Kindjie alreeds Self kon loop en praat en speel met die ander agt kinders. 

[3] In hierdie tyd het daar `n Moorse familie, wat `n baie siek kind gehad het, in Josef se huis gekom. 

[4] Want hierdie gesin het in die stad verneem dat daar in die huis `n wonderdokter woon, wat alle siektes genees. 

[5] Die siek kind was `n jong seun van tien jaar, wat baie jammerlik deur `n bose gees gekwel is. 

[6] Die gees het die jong seun dag en nag nie met rus gelaat nie, en hom heen en weer gegooi, gemaak dat sy buik opswel en hom daardeur ondraaglike pyn veroorsaak. 

[7] Eers het hy hom in die water gejaag, dan weer in die vuur! 

[8] Maar toe hierdie gees hom in Josef se huis bevind het, het hy rustig geword en hom nie beweeg nie. 

[9] Josef het egter aan die vader van die jong seun, wat Grieks verstaan het, gevra wat daar van die begin af met die seun gebeur het. 

[10] En die vader het Josef getrou alles vertel wat daar vanaf die begin af met die seun gebeur het. 

[11] Daarop het Josef Jakob na hom toe geroep, wat hom as `n sestienjarige jong seun soos gewoonlik met die Kindjie besig gehou het en aan hom die nood van die Moorse gesin bekendgemaak. 

[12] Jakob het hom tot die Kindjie gewend, Hom geliefkoos en in sy hart met Hom gepraat. 

[13] Die Kindjie het egter heeltemal hardop in die Hebreeuse taal gepraat: 

[14] “My broer, My tyd het nog lank nie gekom nie; maar gaan jy na die siek seun toe, wie se geslag die teken van Kain dra, 

[15] raak met die wysvinger van die linkerhand sy borsholte aan, dan sal die bose gees vir altyd van die jong seun wyk!” 

[16] En Jakob het dadelik daarheen gegaan en gedoen wat die Kindjie hom beveel het. 

[17] Toe het die bose gees die jong seun vir die laaste keer heen en weer geruk en geskreeu: 

[18] “Wat wil u, verskriklike, dan met my doen? Waarheen moet ek nou trek, noudat u my voortydig uit my woning verdryf het?” 

[19] En Jakob het gesê: “Die Heer wil dit hê! Die see is nie ver van hier nie; waar dit die diepste is, daar moet jy woon op die bodem en die slyk sal voortaan jou woonplek wees. Amen!” 

[20] Nou het die gees die jong seun verlaat en hy het op dieselfde oomblik gesond geword. 

[21] Daarop wou die familie Josef beloon, maar Josef het egter niks aangeneem nie, en het die familie weer in vrede laat vertrek, en hy het God vir die wonderbaarlike genesing van hierdie jong seun geloof.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205