Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 146

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Verdere vrae van die hoofman – Josef se woorde oor die Ryk van die Messias en die liefde as vernaamste sleutel tot die waarheid - Die geselskap betree die nageboude Allerheiligste - Goeie daad van Maria aan die arm blindes

(20 Feb 1844)

146 Die hoofman het daarna ook geen verdere vrae meer aan die onderpriester gestel nie, maar het dadelik weer na Josef toe gegaan. 

[2] Daar aangekom, het hy dadelik alles vertel wat hy van die onderpriester verneem het, 

[3] en het toe ook dadelik aan Josef gevra wat hy werklik in alle erns van dit alles moes dink. 

[4] En Josef het hom geantwoord en gesê: ”Dink voorlopig aan alles wat aan jou gesê is, soveel as wat aan jou gesê is; 

[5] al die ander sal jy geduldig in volgorde moet afwag, dan sal dit jou die beste bekom! 

[6] Want kyk, die heilige Ryk van die Messias bestaan nie uit vrae en antwoorde nie, 

[7] maar alleen uit geduld, liefde, sagmoedigheid en volledige berusting in die Goddelike wil! 

[8] Want by God kan niks gou gedoen word nie, niks afgedwing en wel die allerminste iets afgepers nie. 

[9] Wanneer die Heer dit goed vir jou sal bevind, dan sal Hy jou ook in die hoër openbaring binnelei. 

[10] Maar bekom wel dadelik `n lewende liefde vir die God wat deur my aan jou op suiwere wyse geopenbaar is; deur hierdie liefde sal jy die vinnigste kom waar jy eintlik so graag sou wou wees! 

[11] Ja, so `n liefde sal jou met één slag meer lewendig gee as wat jy met `n miljoen dooie vrae sou kon bereik!” 

[12] En die hoofman het gevra en gesê: ”Goed, my geagte, wyse vriend! Ek wil dit alles doen, maar jy moet my alleen nog vertel, hoe `n mens jou God liefhet as `n mens Hom nog te min ken!” 

[13] Josef het daarop gesê: ”Soos jy jou broer, en indien van toepassing, jou bruid liefhet, so moet jy God ook liefhê! 

[14] Jy moet jou medemense liefhê soos suiwer broers en susters in God, dan sal jy daardeur ook God liefhê! 

[15] Doen altyd en oral wat goed is, dan sal jy God se barmhartigheid ontvang! 

[16] Bewys aan elkeen barmhartigheid, dan sal jy ook by God die ware lewende barmhartigheid vind! 

[17] Wees verder in alle dinge gelate, sagmoedig en vol geduld, en vermy die trots, die hoogmoed en die nyd soos die pes, 

[18] dan sal die Heer `n magtige vlam in jou hart laat ontstaan, 

[19] en die geweldige lig van hierdie geestelike vlam sal alle duisternis van die dood uit jou verdryf en jy sal dan in jouself `n openbaring vind, waarin jy op al jou vrae die allerduidelikste lewende antwoorde sal vind! 

[20] Kyk, dit is die goeie weg na die lig en die lewe uit God! Dit is die regte liefde tot God; bewandel hierdie weg!” 

[21] Toe die hoofman hierdie kragdadige les van Josef ontvang het, het hy dadelik sy baie ander vrae laat vaar en in diepe gedagtes versink. 

[22] Op dieselfde oomblik is ook die voorhangsel deur die jongmans wyd oopgetrek en Josef het dadelik verstaan dat dit nou die oomblik was wat aangebreek het om die nagemaakte Allerheiligste binne te tree. 

[23] Reeds van ver het uit die diepte van hierdie groot saal het daar vanaf die armes wat nou versadig was, aan hulle `n magtige dankseggingsroep tegemoet gestuur. 

[24] Maar toe Cirénius in volle glansende mondering met Josef en Maria met die Kindjie, die nagemaakte Allerheiligste ten volle binnegetree het, het die armes nie meer geweet hoe hulle dit het nie. 

[25] Hierdie aanblik het Cirénius baie trane van vreugde en medelye gekos en so het dit ook met Josef en Maria gegaan. 

[26] Daar was egter baie blindes, lammes en allerlei kreupeles onder hulle, want daar was honderde mense. 

[27] Maria het toe in stilte gebid en daarna die doek geneem waarmee sy die Kindjie dikwels afgevee het en het daarmee alle blindes se oë gevee en hulle het daarop almal die lig in hulle oë teruggekry. Die lof- en prysliedere wou hierna geen einde neem nie; daarom het die geselskap hulle na `n kort rukkie weer in die hoofsaal teruggetrek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205