Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 225

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

EINDE VAN DIE OPENLIKE WONDERDADE VAN JESUS IN EGIPTE

Die Goddelike in die Kindjie tree terug - Laaste opdragte van die Kindjie vir Josef en Cirénius - Die nagrus - Jakob se spesiale barmhartigheid by die Kindjie Jesus

(08 Junie 1844)

225 Nadat die saak met die komeet afgehandel was, het die Kindjie aan Josef gesê: 

[2] “Josef, tydens hierdie twee dae het Ek My soos `n regte Heer van die huis gedra en julle almal het My gehoorsaam; 

[3] maar van nou af aan dra Ek hierdie plek van die huismeester weer aan jou oor en soos jy alles sal reël, so moet dit ook gebeur! 

[4] Van nou af aan is Ek weer soos elke mensekind en dit moet Ek wees, want ook My liggaam moet groei vir julle almal se heil! 

[5] Verwag daarom nou en in die toekoms in hierdie land geen openlike wonderdade meer van My nie! 

[6] Maar laat julle nie verwar wat betref julle geloof en vertroue in My mag en My gesag nie, 

[7] want wat Ek was van ewigheid, dit is Ek altyd en dit sal Ek wees in ewigheid! 

[8] Wees daarom nooit bang vir die wêreld wat in My oë niks is nie, maar sorg daarvoor dat julle nie aan My twyfel nie, want dit sou die dood van julle siele beteken! 

[9] Josef, neem jy hiermee die huishoudelike roer weer oor en lei dit goed en regverdig in die Naam van My Vader, Amen! 

[10] En jy, Cirénius, reis môre weer voorspoedig na Tyrus, waar belangrike sake alreeds op jou wag! 

[11] My liefde en barmhartigheid is met jou, dus kan jy gerus wees. Reël al die nader dinge maar met Josef, want nou is hy die meester van die huis!” 

[12] Daarna het die Kindjie Jakob na Hom geroep en aan hom gesê: 

[13] “Jakob, laat tussen ons dieselfde verhouding as vroeër heers, wat vir jou welbekend is! 

[14] En daarby moet dit bly in hierdie land. Amen!” 

[15] Nou het Josef baie verdrietig geword en hy het die Kindjie nadruklik gevra of hy tog voortdurend so in sy Goddelikheid aanwesig sou wou bly. 

[16] Maar die klein Jesus het nou baie kinderlik gepraat en in Sy woorde was nou geen spoor meer van iets Goddelik nie. 

[17] Hy het weldra ook slaperig geword, sodat Jakob Hom bed toe moes bring. 

[18] Tot diep in die nag het die geselskap byeengesit en met mekaar oor die rede van so `n verandering by die Kindjie gepraat, 

[19] maar niemand het werklik iets gesê nie, maar veeleer het die een vrae aan die ander gestel, 

[20] maar van geen enkele kant het egter enige bevredigende antwoord gekom nie. 

[21] Ten slotte het Josef gesê: “Ons weet nou wat nodig is en wat ons moet doen en daarmee kan ons ook tevrede wees! 

[22] Dit is egter alreeds laat in die nag; ek dink dus dat dit die beste is dat ons ons ter ruste begewe.” 

[23] Hieroor was elkeen dit met Josef eens en almal het ook weldra na binne-in die huis gegaan vir `n goeie nagrus.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205