|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 190
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Versoek van die Kindjie aan Cirénius om saam te eet en saam te speel - Bedenking van Maronius en Maria - Kragtige reaksie van die Kindjie - Die opwekking van Tullia
(22 Mrt 1844)
190 Daarna het die Kindjie weer met Cirénius gepraat:
[2] “Cirénius, in jou hart is jy nou wel versadig en hierdie versadiging sal ook ewig jou deel bly,
[3] maar jou liggaam is honger en jy het vir dieselfde doel `n versterking nodig waarvoor Ekself `n natuurlike versterking nodig het.
[4] Gaan daarom met My na benede na die huis, dan sal ons daar `n goeie vis gaan eet, wat Jonathan vandag saamgebring het en wat My broers baie smaaklik voorberei het!
[5] Want Ek moet jou sê, dat Ek baie liewer vis eet as die vervelige Judese kinderkos en Ek verheug My al regtig oor `n goeie stukkie vis! O, Ek sê vir jou, My liewe Cirénius, vis eet Ek baie graag en Ek het Jonathan ook baie lief, omdat hy `n suiwer visser is en ons dikwels die beste visse bring!”
[6] O, Ek sê vir jou, My liewe Cirénius: Na die ete moet jy dan ietwat met My speel en jou kinders moet ook meedoen!
[7] Jy is nog nie oud nie en kan dus daarom `n bietjie met My rondhuppel en spring!”
[8] Hierdie egte kinderlike taal van die Kindjie het Cirénius so verheug, dat hy die dooie Tullia heeltemal vergeet het, hoewel sy metgeselle oor haar getreur het,
[9] en sommige van hulle het hulle al begin bekommer oor sy opgewektheid, wat vir hulle soos waansin voorgekom het.
[10] Maronius het selfs na Cirénius toe gegaan om hom te vra hoe hy gevoel het.
[11] Maar die Kindjie het dadelik in plaas van Cirénius geantwoord en gesê:
[12] “O Maronius, bekommer jou nie oor hierdie vriend van My nie, want hy was in sy hele lewe nog nooit vryer van waansin as nou nie!
[13] Ek sou wou hê dat jy net so gesond sou wees soos Cirénius, dan sou jy sekerlik nie so `n vraag in My teenwoordigheid gestel het nie!
[14] Gaan jy daarom ook maar met ons saam na die huis na die tafel; dalk sal `n goeie stukkie vis jou genees!”
[15] Cirénius het hom daarop met die Kindjie en met Josef, Maria, Jonathan, Eudokia en die agt kinders binne-in die huis begeef, terwyl Maronius hulle ietwat soos op naalde gevolg het,
[16] maar die ander lede van die groot geselskap het bly treur en het nie na die middagete gegaan nie.
[17] Na die ete, wat vir almal baie goed gesmaak het, het die Kindjie begeer om dadelik weer na buite te gaan om met Cirénius en die agt kinders te speel.
[18] Maria het egter gesê: “Luister eers, my Jesus! Nou mag Jy beslis nie speel nie en die agt kinders ook nie, want ten eerste is dit immers Sabbat en ten tweede het ons `n dooie liggaam in die huis en dan mag `n mens nie speel nie, maar moet `n mens mooi rustig en beskeie wees!”
[19] Die Kindjie het egter gesê: “Vrou, welke gees in jou maak dat jy so met My praat?
[20] Is die Sabbat dan meer as Ek - en die dooie vrou meer as My wil?
[21] Sodat jy egter sal insien, dat Ek bo die Sabbat en bo die dooie vrou staan en dat dit My ook nie hinder in My vreugde nie, laat sy daarom opgewek word!”
[22] By hierdie woorde het die dooie haarself van die draagbaar opgerig en het weldra die kamer binnegekom.
[23] Die Kindjie het egter opdrag gegee om haar iets te ete te gee en het toe dadelik met Cirénius na buite gegaan, terwyl almal begin het om hulle uiters oor hierdie opwekking te verwonder.
|
|
|
|
|