Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 239

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die gaste begin om op die Kindjie te let - Cirénius gee uitleg - Die mening van die bure oor Josef en sy gesin

(26 Junie 1844)

239 Spoedig hierna het die geselskap van die tafel af opgestaan en God sowel vir die liggaamlike as die geestelike voeding gedank en hulle toe merendeels na buite begewe. 

[2] Alleenlik Josef, Maria en die Kindjie met Jakob het na die groot eetkamer gegaan, waar Cirénius nog met sy gaste aan tafel gesit het. 

[3] Hy het sy liefste vriende buitengewoon vriendelik verwelkom en wou dadelik opstaan en plek vir hulle maak.

[4] Maar die Kindjie het gesê: “O nee, bly waar jy is, My liewe Cirénius! 

[5] Ek is alreeds tevrede as Ek net in jou hart die regte plek het! 

[6] Wat hierdie plek aan tafel betref, daaraan is vir My niks geleë nie. 

[7] Ek gaan nou met My mense na buite; maar kom agterna sodra jy klaar is met die maaltyd!” 

[8] Daarop het die Kindjie met Jakob vinnig na buite gehardloop en daar met hom en met die ander kinders gesels. 

[9] Vir sommige gaste uit die stad het hierdie baie verstandige en vertroulike gesprek van die Kindjie met Cirénius opgeval 

[10] en hulle het gevra hoe oud die Kindjie dan wel mag wees; 

[11] want Hy praat immers al soos `n volwasse man en dit lyk of Hy met die landvoog op baie vertroulike voet staan. 

[12] Cirénius het egter gesê: “Wat interesseer dit julle dat ek `n groot kindervriend is? 

[13] Dat hierdie Kindjie buitengewoon intelligent is, het julle almal gesien, 

[14] maar hoe Hy in nouliks drie en `n half jaar tot so `n helderheid van verstand gekom het, 

[15] daaroor kan julle beter navraag doen by Sy ouers, wat sal julle daaroor wel die beste kan inlig! 

[16] Dit verbaas my eintlik heelwat, dat julle as naaste bure van hierdie huis hierdie bewoners nog nie beter ken nie!” 

[17] Sommige van hulle het daarop gesê: “Ja, maar hoe moet ons die gesin ook beter leer ken? 

[18] Ten eerste gaan hulle nêrens heen nie en ten tweede het ons immers ook te min tyd om hierdie merkwaardige Judese gesin te besoek, van wie mens eintlik nie so goed weet waar mens met hulle staan nie, 

[19] want hulle sien daar so merkwaardig geheimsinnig uit, dat mens nie weet wat jy eintlik aan hulle het nie. 

[20] Sover ons van ander heel eenvoudige mense verneem, is hierdie gesin wel baie vreedsaam en doen baie goeie dinge aan die armes,

[21] maar dan is daar sommiges wat sê, dat hulle al dikwels vantevore hierdie huis asof in helder vlamme gehul gesien het, wat egter van die een oomblik tot die ander weer uitgeblus was en nog meer dergelike dinge. 

[22] Daarom het ons ook nie die moed om hierdie gesin te besoek nie, 

[23] want die bejaarde man is en bly `n groot Judese towenaar 

[24] en met sulke soort mense kan jy nie goed in enige verhouding tree nie!” 

[25] Nou het Cirénius gelag en gesê: “Nou, as dit so is, bly dan maar daarby, want dan het hierdie huis niks van julle te vrees nie!” Die gaste het Cirénius met groot oë aangekyk en nie geweet hoe hulle daaraan toe was nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205