Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 284

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die gestorwe herderseun weer opgewek en sy vrees vir die heilige Kindjie - Sy vader help hom uit die droom en gee `n goeie getuienis oor Josef en die Kindjie - Die liefde van die Kindjie

(21 Aug 1844)

284 Die volgende dag, op dieselfde tydstip as waarop die jong seun die Kindjie gestamp het, het hy in sy bed weer lewendig geword. Hy het opgestaan en soos iemand wat so pas uit `n droom ontwaak het, gevra wat daar gebeur het en hoe hy in hierdie bed gekom het.

[2] Sy vader het hom alles vertel wat gebeur het en hoe hy daar gekom het.

[3] Toe het die jong seun vol vrees geword en gesê: “O vader, dit is `n vreeslike Kind.

[4] Elkeen wat sy lewe liefhet, moet Hom vermy!

[5] O, laat my ver weg van hier in diens tree, sodat ek tog nooit by die een of ander ongunstige geleentheid teen die verskriklike Kind bots nie,

[6] want dan sou Hy my onmiddellik weer kon dood!

[7] Na my vorige werkgewer gaan ek nie meer terug nie, want hy het my tot die kwaad mislei!”

[8] Maar die vader het gesê: “My seun, ek dank God, dat ek jou nou weer terug het!

[9] Daarom sal jy by niemand meer in diens tree nie,

[10] maar ek sal jou by my hou solank ek leef!

[11] Maar vir die Kind van Josef hoef ons nie so bang te wees soos jy dink nie,

[12] want juis hierdie Kind het aan jou duidelik die lewe teruggegee op die voorspelde tyd.

[13] As dit dus so is, waarom sou die Kind van Josef dan so verskriklik wees soos jy jou dit voorstel?

[14] Weet jy, my seun, hy wat dood en nie weer lewendig kan maak nie, is verskriklik;

[15] maar wie doodmaak sonder bloedvergieting en dan weer lewendig maak, Hy is nie so verskriklik soos jy dink nie.

[16] Maar nou sal ons iets beters doen! Ons sal na die timmerman toe gaan en hom bedank vir jou opwekking!

[17] Want ek weet alreeds baie lank dat die timmerman `n uitermate opregte en godvresende man is.”

[18] Na hierdie woorde van sy vader het die jong seun sy vrees laat vaar en saam met hom na Josef gegaan.

[19] Maar hulle het hom alreeds in die dorp teëgekom met sy vier ouer seuns en met die Kindjie, wat ook weer saam met Josef na die dorp gegaan het.

[20] Toe die jong seun die Kindjie in die oog gekry het, het hy baie swak geword,

[21] want hy het gemeen dat hy nou alweer sou moes sterf.

[22] Maar die Kindjie het Self dadelik na die bevreesde seun toe gekom en aan hom gesê:

[23] “Joras, wees nie bang vir My nie, want Ek het jou meer lief as die hele wêreld!

[24] As Ek jou nie so geweldig sou liefgehad het nie, dan sou jy nie die lewe weer teruggekry het nie.

[25] Want sien, My liefde is jou lewe vir ewig!”

[26] Toe die jong seun die Kindjie so hoor praat het, het hy spoedig in `n beter stemming gekom, sodat hy die hele dag gebly en met die Kindjie gespeel het.

[27] En die Kindjie het die jong seun `n menigte sinryke speletjies gewys waaroor die seun uitermate verheug was.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205