|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 101
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Josef stel Tullia voor aan Cirénius - `n Wonderbaarlike ontdekking: Tullia is die niggie en die jeugliefde van Cirénius - Die ontroering van Cirénius
(23 Des 1843)
101 Josef het daarop na die meisie, wat nog steeds met die Kindjie besig was, gegaan en aan haar mou getrek en aan haar gesê:
[2] ”Luister, my liewe dogter, het jy dan egter nog nie gemerk wie hier binnegekom het nie? - Kyk tog eers op en sien!”
[3] Nou het die meisie uit haar geluksaligheid ontwaak en sien die pragtig glansende Cirénius.
[4] Sy het behoorlik geskrik en baie bang gevra: ”O my liewe vader Josef, wie is hierdie man wat so sterk glansend is? Wat wil hy hier hê? Waar kom hy vandaan?”
[5] En Josef het aan die meisie gesê: ”Wees nie bang nie, my dogter Tullia! Kyk, dit is die uiters goeie Cirénius, `n broer van die keiser en landvoog van Asië en van `n deel van Afrika!
[6] Hy sal jou sake in Rome beslis baie goed reël, want jy het vir hom al met die eerste aanskoue baie dierbaar geword!
[7] Gaan maar na hom toe en vra hom om jou aan te hoor en vertel hom jou hele lewensverhaal en wees seker daarvan, dat jy nie tot dowe ore sal spreek nie!”
[8] Maar die meisie het gesê: ”O my liewe vader, dit durf ek nie doen nie; want ek weet dat so `n meester by sulke geleenthede alles heeltemal streng beproef en as hy die een of ander gehoor het wat nie bewys kan word nie, dan dreig hy so iemand dadelik met die dood!
[9] So het dit al met my in my armoede gegaan, toe so `n meester ook begin te ondersoek het waar ek vandaan kom!
[10] En toe ek hom alles getrou meegedeel het, het hy streng noukeurige bewyse van my geëis!
[11] Daar ek hom dit nie kon gee nie, omdat ek volledig wees was, het hy my ten strengste gebied om te swyg en my met die dood gedreig, indien ek meer met iemand daaroor sou praat.
[12] Ek smeek u daarom, verraai u my ook nie, anders is ek beslis verlore!”
[13] Toe kom Cirénius, wat die gesprek, wat op baie sagte toon gevoer is, gehoor het, na Tullia toe en het aan haar gesê:
[14] ”O Tullia, wees nie bang vir my nie, wat immers alles sal doen om jou so gelukkig moontlik te maak!
[15] Vertel my maar net die naam van jou vader, as jy dit nog ken, meer het ek nie nodig nie!
[16] Maar wees nie bang as jy ook die naam van jou vader wat jou verwek het, vergeet het nie! Jy bly vir my ewe dierbaar, omdat jy nou `n dogter van hierdie allergrootste vriend van my is!”
[17] Nou het Tullia alreeds meer moed gekry en het aan Cirénius gesê: ”Werklik, as u sagte oë my bedrieg, dan is die hele wêreld `n leuen! Ek wil u daarom wel sê hoe my goeie vader geheet het.
[18] Kyk, sy naam was Victor Aurelius Dexter Latii en as u `n broer van die keiser is, dan moet hierdie naam vir u nie onbekend wees nie.”
[19] Toe Cirénius hierdie naam gehoor het, het hy sigbaar ontroerd geword en met `n gebroke stem gepraat:
[20] ”O Tullia, dit was immers `n egte broer van my moeder! Ja, ja, ek weet van hom, dat hy van `n wettige vrou `n blindgebore dogter gehad het, wat hy bo alles liefgehad het!
[21] O, hoe dikwels het ek hom beny om sy geluk, wat eintlik `n ongeluk was! Maar vir hom was die blinde Tullia meer werd as die hele wêreld.
[22] Ja, ekself was baie verlief op hierdie blinde Tullia, toe sy nog nouliks vier of vyf jaar oud was en het dikwels by myself gesweer: ”Hierdie meisie en niemand anders nie sal eendag my wettige vrou word!”
[23] En nou - o God, nou vind ek hierdie selfde hemelse Tullia hier in die huis van my hemelse, goddelike vriend!
[24] O God, o God, dit is te veel beloning opeens vir `n swak sterfling, vir die weinige wat ek, `n nietige mens vir U, o Heer, gedoen het!” Hierop het Cirénius, wat swak geword het van aandoening, op `n stoel neergesak en het eers na `n tydjie sy ewewig gevind om verder met Tullia te praat.
|
|
|
|
|