Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 249

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

DIE HEILIGE FAMILIE IN DIE GEPLUNDERDE HUIS

Jonathan bring Josef na die huis - Die huis word leeg en geplunder aangetref - Josef word baie kwaad daaroor - Gedenkwaardige uitleg van die Kindjie

(10 Julie 1844)

249 Jonathan het dadelik tien van die allermooiste visse geneem en aan sy kok gegee om hulle dadelik voor te berei. 

[2] Self het hy sy knegte gehelp om die ander visse gedeeltelik in vate te plaas en gedeeltelik na die rokery te bring. 

[3] Binne `n kwartier was die visse gereed en alle familielede van Josef het na die vroeë maaltyd gekom. 

[4] Toe die maaltyd klaar was, was dit ook al teen die middag en Josef het gesê: 

[5] “Dit is nou al weer hoog tyd om na ons huis te gaan! 

[6] En jy, broer Jonathan, sal my wel wil begelei en vandag nog by my bly!” 

[7] Jonathan, van harte verheug, het gesê: 

[8] “O broer, dit doen ek die graagste, want jy weet immers hoe eindeloos en onbeperk ek jou liefhet!” 

[9] Daarop het Jonathan weer drie groot vate vol van die beste visse geneem en het baie opgewek met Josef en sy gesin na die villa gegaan. 

[10] Toe hulle daar aangekom het, het hulle tot hulle nie geringe verbasing niemand meer van die slagoffers van die brand gesien nie; 

[11] maar die huis het egter heeltemal leeg gestaan met alle vertrekke se deure oop. 

[12] By die sien daarvan het Josef gesê: “Dit is geen goeie teken nie,

[13] want hier skyn diewe te gehandel het! Alleenlik hierdie soort vlug as hulle `n huis besteel het; `n eerlike mens bly! 

[14] My seuns, gaan na binne en kyk of daar nog iets in die huis is en kom my dit dan vertel!” 

[15] En die vier seuns het gegaan en die huis deursoek en gesien dat dit met uitsondering van die vee in die stalle, volledig leeg geplunder was. 

[16] Dus was ook die voorraadkamer leeg en in die geldkas was geen stuiwer meer te vinde nie. 

[17] Toe die vier seuns alles so aangetref het, het hulle baie verdrietig geword en het na Josef teruggegaan en hom dit alles vertel. 

[18] Toe het Josef toornig geword oor die slegtigheid van die mense wat hulle weldoeners met so `n dank vir hulle weldade beloon! 

[19] En hy het baie kwaad gesê: “Waarlik, as dit in my mag sou gewees het om sulke skandelike gepeupel uiters gevoelig te straf, dan sou ek dadelik vuur van die hemel oor die hoofde van sulke diewe laat reën!” 

[20] Nou het die Kindjie na Josef toe gestap en gesê: “Ai, ai, vader Josef, jy is vandag baie erg! 

[21] Die diewe het My tog nog vir jou oorgelaat, hoe kan jy dan so kwaad vir hulle wees? 

[22] Kyk, die diewe het jou huis slegs `n groot weldaad bewys deur dit so grondig te reinig! 

[23] Want waarlik, waar in die toekoms `n huis (die hart van die mens) nie só gereinig sal wees nie, daar sal Ek nie intrek nie! 

[24] Hierdie huis is nou van alle wêreldse slakke gesuiwer en dit geval My aldus baie goed! 

[25] Want ten eerste staan alle rakke en vertrekke oop 

[26] en ten tweede is dit heeltemal skoongemaak en dus algeheel geskik vir My intog; wees daarom nie kwaad vir die diewe nie, sodat hulle sonde nie groter sal word nie!” 

[27] Josef en alle ander het hierdie woorde ter harte geneem en die Kindjie het ten slotte gesê: 

[28] “Kyk, alle mense handel met My soos hierdie slagoffers van die brand met hierdie huis en tog laat Ek geen vuur uit die hemel reën nie! 

[29] So moet ook julle diegene wat goed met kwaad vergeld, nie vervloek nie, dan sal julle ware kinders van die een Vader in die hemel wees!” Hierdie woorde het Josef volkome gerusgestel en hy het daarop heeltemal welgemoed sy huis binnegegaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205