Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die ware wysheid en die lewende eerbetoon aan God

1 Nadat Ek opgestaan het en almal wat saam met My gedurende meer as drie uur heerlik gesluimer het, dit ook gedoen het, roep Ek dadelik die drie na My toe en vra hulle waarom hulle hulleself ook nie gedurende die drie uur aan die versterkende slaap oorgegee het nie.

[2] Mathael antwoord: "Heer! Verhewene, Alwyse! Wie kan dan nou slaap as hy deur U woord so `n oormaat aan energie gekry het! Ons is al drie so fiks asof ons die hele nag heerlik geslaap het! Ons het die drie ure so goed as moontlik in U Naam bestee, en danksy U welwillende toestemming het ons dinge meegemaak waaroor `n mens waarskynlik nog nooit van gedroom het nie. Daarvoor dank ons U nou dan ook uit die diepte van ons harte. U is die Heer en orals is U slegs alles in alles. Aan U alleen daarom ook al ons liefde en ons diepste eerbied!"

[3] Ek sê: "Goed, Ek weet wat julle almal bespreek en meegemaak het in die bestemde tyd! Maar noudat julle dit eenmaal beleef het, moet julle dit voorlopig vir julleself hou en van die kennis daarvan ook nie verkeerd gebruik nie. Die kinders van hierdie aarde verstaan dit nie, omdat hulle nie daarvandaan kom waar julle vandaan gekom het nie. Julle sal egter nog iets baie belangriker ervaar. Dit sal wees as die Heilige Gees oor julle sal kom wat Ek eenmaal uit die hemele oor julle sal uitstort. Die Gees sal julle met die hele Waarheid bedeel! Sy sal die Gees van die Liefde wees, van die Vader Self, wat julle sal opvoed en leer sodat julle almal daar kan kom waar Ek sal wees.

[4] Want waarlik, Ek sê vir julle: Niemand sal na My toe kom as die Vader hom nie na My toe sal bring nie! Om by My te kom, moet julle almal deur die Vader, dus deur die Ewige Liefde in God, onderrig word! Julle almal moet dus volmaak wees soos wat die Vader in die hemel volmaak is! Kennis of ervaring, hoe groot ookal, sal julle nie daar bring nie, maar slegs die lewende liefde tot God en in gelyke mate tot die naaste! Daarin lê die groot geheim van die wedergeboorte van julle gees uit God en in God.

[5] Elkeen sal egter eers met My deur die nou poort van die algehele selfverloëning moet gaan, om te word soos wat Ek is. Elkeen moet ophou om self iets te wees, om in My alles te kan word.

[6] Om God bo alles lief te hê, beteken: Om heeltemal in God op- en in te gaan, - en die naaste lief te hê, beteken ewe-eens: op en ingaan in die naaste, omdat mens hom andersins nooit kan liefhê nie. `n Halwe liefde baat nóg diegene wat (God) liefhet, nóg diegene wat die mens liefhet.

[7] As jy vanaf `n hoë berg na alle kante `n volledige uitsig wil hê, moet jy in elk geval sy hoogste top opklim, want vanaf `n laer punt sal daar steeds `n deel van die totale uitsig onsigbaar bly. So moet dan ook alles in die liefde gedoen word en die uiterlike moet vanuit die innerlike voortkom, sodat haar vrugte vir julle sigbaar kan word.

[8] Julle harte is `n akker en die daadwerklike liefde is die lewende saadkorrel; die behoeftige broers is die bemesting vir die akker. Wie van julle baie saadkorrels in die goed bemeste akker sal saai, sal ook `n ryk oes hê. Hoe meer armes julle sal gebruik as bemesting vir die akker, soveel kragtiger sal hierdie bemesting wees; en hoe meer goeie saadkorrels julle sal saai, hoe ryker sal die oes wees. Wie ryklik sal saai, sal ook ryklik oes; wie weinig sal saai, sal egter ook weinig oes.

[9] Die hoogste wysheid is daarin geleë, dat julle wys word deur die vurigste liefde. Al die kennis het geen sin sonder die liefde nie! Doen daarom nie soveel moeite om baie kennis te vergaar nie, maar om baie liefde te gee, dan sal die liefde julle gee wat geen kennis julle ooit kan gee nie! Dit is goed dat julle drie die drie uur so ywerig bestee het aan die veelsydige verryking van julle kennis en ervaring, maar julle siele sou as sodanig weinig daaraan hê. Maar as julle in die vervolg net so ywerig julle tyd sal offer aan die liefde vir julle naaste, sal één dag al van groot nut wees vir julle siele!

[10] Wat baat dit julle by My, as julle haas buite julleself sou raak van verbasing oor My Mag, Grootsheid en ondeurgrondelike Glansrykheid, terwyl daar arm broers en susters sou krepeer van honger, dors en koue? Hoe rampsalig en sonder enige nut sou `n luidkeelse gejubel- en lofgesang ter ere en tot roem van God wees, as die ellende van die arm broer daardeur oorstem sou word! Wat baat alle kosbare en skitterende offers in die tempel, as `n arme broer van honger omkom?

[11] Daarom moet julle weetgierigheid vóór alles gerig wees op die ellende van julle arm broers en susters; bring hulp en troos vir hulle! Dan sal julle in één broer wat jy gehelp het, meer vind as wanneer julle al die sterre sou deurgereis het en My met engeletonge sou geprys het!

[12] Waarlik, Ek sê vir julle, alle engele, alle hemele en alle wêrelde met al hulle wysheid kon julle in ewigheid nie gee wat julle kan bereik as jy `n broer wat in nood verkeer, met al jou krag en al jou middele gehelp het nie! Niks is hoër en staan nader aan My, as slegs maar die ware, daadwerklike liefde nie!

[13] As jy tot God bid en tydens die bid die klagte van jou arme broer nie hoor wat tydens jou gebedsuur by jou om hulp kom vra nie, laat jy dan nodeloos misbaar vervloek wees! Want My eer bestaan uit die liefde - en nie uit hol klanke uit julle mond nie!

[14] Julle moet nie wees soos wat JeshaJaH gespreek het nie: 'Sien, die volk eer my met die lippe, maar hulle harte is ver van my!' As julle tot My bid, moet julle dit in gees en die hele waarheid doen! Want God is `n Gees en kan slegs in gees en waarheid aanbid word.

[15] Die werklike, tot My alleen welgevallige, geestelike gebed bestaan daarom nie uit die beweeg van die tong, die mond en die lippe nie, maar alleen in die voortdurende uitoefening van die liefde. Wat baat dit jou, as jy die graf van `n profeet met talle ponde goud versier het, maar daarby die stem van jou lydende broer nie gehoor het nie?! Dink jy dat dit My sal geval? Dwaas! Jy sal deur My met vertoorende blik aangekyk word, omdat jy terwille van `n dooie, die stem van `n lewende nie gehoor het nie!"


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205