Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die ontroue dienaar van Helena

7 Ons het intussen `n ware reusevangs gemaak van uitmuntende visse, en in die oop see word ook die ronddrywende, heeltemal naakte lyke gevind van twee vroue, wat, nadat hulle in die hande van seerowers geval het, deur hulle van hulle algehele besit beroof was en lewend in die water gewerp was. Beide, meisies van negentien en een-en-twintig jaar, baie welgevormd, was dogters van welgestelde mense uit Kapernaum. Hulle wou na Gadara reis en het vol vertroue oor see gegaan. Hulle skip en hulle bemanning was volkome betroubaar. Maar in die middel van die see ontmoet hulle `n Griekse kaper wat die skip geroof het. Die vier skippers en beide die meisies verloor toe hulle lewe. Die vier skippers word gedood en vervolgens in die see gegooi. Teenoor albei die meisies was die seerowers ietwat meer onmensliker, hulle ontklee altwee die meisies, verkrag hulle en werp hulle toe in die see. Die misdadigers sal vandag nog voor die aanbreek van die dag deur die arm van die geregtigheid en van die gereg te doene kry, en hierdie duiwels sal hulle swaar straf nie ontglip nie.

[2] Beide die meisies was met hulle hare stewig aan mekaar gebind en het dood op die water gedryf. Dit skep toe `n heel goeie voorwaarde vir die neerlegging- en wynproef en die daardeur moontlikerwys weer tot lewe bring van `n verdrinkte, soos wat Risa dit bedoel het. Daarom word beide lyke in doeke toegewikkel en in `n skip gelê.

[3] Daar was nou baie te doen en Markus weet nouliks hoe hy al die visse moes naderbring. Maar Ek gee RafaEl opdrag om Markus te help en toe was alles gou en goed gereël. Risa ontferm hom egter oor die twee lyke om te trag om hulle tot lewe te bring en hy lê hulle neer soos wat Ek die vorige dag die lyke van die nege laat neerlê het.

[4] Thomas kom gou na Judas Iskariot toe en vra hom `n bietjie ironies of sy vistog dan goed afgeloop het? Judas Iskariot brom ietwat in sy volbaard, maar durf met Thomas geen twisgesprek aangaan nie, want hy herinner hom dat juis Thomas hom tevore gewaarsku het om nie na die stad te gaan om goud te soek nie, en dat hy dus geweet het hoe dit daar uitgesien het! Daarom swyg Judas Iskariot. Ek gee Thomas egter `n wenk om die goudsoeker nie verder in die noute te dryf nie, omdat dit weinig goed sou oplewer.

[5] Intussen pleeg `n dienaar van Ouran op koste van Judas `n diefstal in die geldbeursie van Helena, steel dertig silwerstukke en loop toe vinnig na ons tafel toe en roep: "`n Dief, `n dief! “Toe die geëerde geselskap op die see visgevang het, en niemand hier was nie behalwe die Romeinse soldate wat om die berg gelaer was en hulle oefeninge gehou het, moes ek vir my behoefte uit die groot tent uitgaan. Op daardie oomblik loop `n leerling van die groot profeet, wat u tereg u Heer noem, die tent binne en ontvreem, nog voordat ek na die tent teruggekeer het, dertig silwerstukke uit die geldbeursie van die prinses!

[6] Toe ek die tent inkom, staan hy ietwat verleë in die tent, terwyl hy die grond met sy oë deursoek asof hy iets verloor het. Omdat hy vir my verdag voorgekom het, het ek hom op `n bars wyse verjaag en verskrik het hy dadelik die tent verlaat. Ek het eers niks slegs van die leerling van die groot profeet gedink nie, maar toe ek heen en weer in die tent loop, val die geldbeursie van die verhewe prinses my op omdat dit nie meer op sy oorspronklike plek gelê het nie, wat vir my maar al te goed bekend was. Omdat ek as vertroueling nie onbekend is met die inhoud van die geldbeursie nie, neem ek die beursie en tel die kosbare inhoud en sien, - daar kort dertig silwerstukke! Iemand anders as hierdie leerling wat ek alreeds genoem het, kon onmoontlik die dertig kosbare muntstukke weggevat het! Ek het dadelik gekom om dit nou heel eerbiedig aan te meld sodat ek nie uiteindelik in my onskuld verdink sal word nie."

[7] Helena vra: "Kneg, waarom verontskuldig jy jou dan nog vóórdat iemand argwaan teen jou opgewek het?!"

[8] Die bewaker sê: "Allergenadigste prinses! Ek verontskuldig my nie, maar ek doen hier slegs heel gewoon wat my plig gebied, die aangee van die diefstal wat absoluut verseker deur die leerling van die groot profeet gepleeg is!"

[9] Helena sê: "Wanneer het jy dan, sonder my medewete en sonder my opdrag, die voorlaaste keer my geldbeursie gekontroleer?!"

[l0] Die bewaker antwoord: "O, dadelik nadat die verhewe, allergenadigste prinses die tent aan my bewaring toevertrou het! Daar was nog presies 600 silwerstukke in. Nou is daar egter maar net 570 - daar ontbreek dus presies 30 stukke, wat niemand anders kon ontvreem het as die bewese leerling nie! Omdat ek as bewaker van die verhewe skatte vir alles verantwoordelik is, moet ek tog ook weet waaroor en oor hoeveel ek moet waak, en dit kan my, as `n ou getroue dienaar tog nie kwalik geneem word as ek my van tyd tot tyd daarvan oortuig waaroor en oor hoeveel ek moet waak nie! Ek het nou egter die gemelde tekort bemerk en dit pligsgetrou meegedeel”.

[11] Helena sê: "Baie goed, baie goed, ons sal die saak later nog van naderby ondersoek en die dader van die kwaad opspoor, wat dan die regte straf nie sal vryspring nie! Miskien is dit egter ook moontlik dat jy jou met die telling die eerste of die tweede keer vergis het, en dan sou dit nie, soos wat jy sê, `n leerling van die goddelike Heer gewees het nie- wat slegs maar beskuldig word omdat hy uit pure verveling die tent betree het. Daartoe het hy selfs die reg, omdat niemand van ons `n gebod uitgevaardig het dat ons tente deur geen mens betree mag word nie! Gaan nou weer na jou plek terug, ek sal dadelik volg en alles grondig ondersoek!"

[12] Na die antwoord verwyder die bewaker homself en die eerste wat hy doen was om die dertig silwerstukke so gou as moontlik weer in die beursie terug te stop, sodat die prinses gelyk sou hê met die opmerking dat hy hom `n keer met die telling vergis het. Toe hy met die werkie klaar was, weet hy nie wat om te dink wat hy by die ondersoek sou sê nie. Dit lyk toe maar die beste vir hom om weer na die prinses te gaan en haar om vergewing te smeek en daarmee aan te gee dat hy hom werklik met die telling vergis het en die leerling onregverdig beskuldig het. - So gedink, so gedoen! Na `n paar minute kom hy weer terug, lê dit op die manier aan die prinses uit en vra haar tewens, omdat daar nou geen misdaad meer bestaan nie, om die beloofde ondersoek te laat vaar.

[13] Daarby sien hy egter baie bedremmeld daaruit, want hy weet dat koning Ouran niks so swaar bestraf as `n leuen en diefstal nie. Helena kry medelye met die arme drommel, van wie vroeër nooit enige ontrou verwag was nie en sy sê vir hom: "Staan op en gaan aan met jou werk! Dit was nie mooi van jou dat jy jou op so `n lae manier wou wreek op die leerling van die Heer nie, net omdat sy gesig jou nie aangestaan het nie. Hy het jou nog nooit iets anders aangedoen nie, en jy kon hom, al sedert ons hier is, nie vat nie! Kyk, dit was sleg van jou en jy het die swaarste straf daarvoor verdien, want alles wat jy gedoen het is nou aan my bekend!"

[14] Nou begin die kneg te bewe en Judas Iskariot, wat op `n afstand die tweegesprek aangehoor het, gaan na die kneg toe en sê aan hom: "Jy het weliswaar sonder enige rede sleg teenoor my gehandel, maar ek vergewe jou dit! Ek was inderdaad in die tent en toe ek nog daar was, het jy my grimmig tegemoetgekom in `n hinderlaag en ek het toe weer weggegaan. Maar daar was glad geen sprake van `n vergryp aan die skatte uit die tent nie! En ook al sou jy my nie so grimmig tegemoetgekom het nie, dan sou die skatte wat deur jou bewaak was, volstrek geen skade aangedoen gewees het deur my nie. Kortom, hoe dit ook al sy, - ek het jou dit vergewe, maar met jou meesteres moet jy self maar sien hoe dit in die reine gaan kom!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205