Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 144

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die ontstaan van rampe

144 (Die Heer:) "Ek sê vir jou: Leef slegs vyftig jaar lank volgens God se orde, dan sal julle van enige ramp nooit iets te siene, te hore, te ondergaan of te lye kry nie!

[2] Ek sê vir julle: Alle onheil, epidemies, allerlei siektes by mense en diere, slegte weer, maer en onvrugbare jare, vernietigende hael, groot, alles vernietigende oorstromings, orkane, groot storms, groot sprinkaanplae en dergelike meer, is louter gevolge van handelswyse van die mense wat die teen die orde ingaan!

[3] As die mense soveel moontlik volgens die gegewe orde sou lewe, sou hulle dit alles nie hoef te verwag nie. Die jare sou mekaar soos pêrels aan `n snoer opvolg, die een net so geseënd soos die ander. Die bewoonbare deel van die aarde sou nooit deur te groot koue of te groot hitte gepla word nie. Maar wanneer die slim en besonder intelligente mense uit hulleself allerlei dinge onderneem wat ver bo hul eie behoefte uitstyg, wanneer hulle op aarde te groot bouwerke, en te oordrewe verbeterings uitvoer, hele berge afgrawe om heersersweë aan te lê, as hulle talle honderd duisende hektare met die mooiste bosse vernietig, as hulle ter wille van goud en silwer te diep gate in die berge slaan, as hulle ten slotte self onder mekaar in voortdurende twis en onenigheid lewe, terwyl hulle tog altyd deur `n groot aantal intelligente natuurgeeste omring is wat sowel vir die weer as die suiwerheid en gesondheid van die lug, die water en die bodem sorg. Is dit dan te verwonder dat hierdie aarde steeds meer geteister word deur ontelbare kwale van allerlei aard?!

[4] Gierige en hebsugtige mense sluit hul skure met slot en grendel toe, en stel bowendien nog streng bewakers aan by hul meer as oorvloedige skatte en rykdom, en wee diegene wat daar onbevoeg by sou wou kom, hulle sou dadelik hardhandig gearresteer word!

[5] Ek wil nie daarmee sê dat iemand sy moeisaam verworwe eiendom nie moet beskerm nie; Ek het dit hier oor hoogs onnodige, tot in die onmeetlik reikende oorvloed. Sou dit dan nie uitvoerbaar wees om ook skure te bou waar elke arme en swakke tereg sou kom nie, sy dit dan onder toesig van die wyse gewer wees sodat geen arme meer sou neem as wat hy vir sy lewensonderhoud nodig het nie? As die hebsug en die gierigheid van die aarde op hierdie wyse sou verdwyn, sou ook - luister goed na My! - alle maer jare op aarde verdwyn.

[6] Jy vra hoe dit dan moontlik is. En Ek antwoord daarop: Op die natuurlikste wyse ter wêreld, dit wil sê: as mens ook maar `n bietjie op hoogte is van die innerlike werking van die hele natuur, dan moet mens dit nie alleen baie gou insien nie, maar dan is dit selfs baie voor die hand liggend!

[7] Daar voor ons staan nog die geneeskragtige plant en daar bietjie verder na vore die uiters skadelike, giftige plant! Voed beide hulle nie met dieselfde water, met presies dieselfde lug, en met dieselfde lig en dieselfde warmte nie? En tog sit hierdie plant vol geneeskrag en die ander vol dodelike gif!

[8] Ja, waarom is dit so? Omdat die geneeskragtige plant danksy sy innerlik goed geordende karakter al sy omringende natuurgeeste in ooreenstemming bring met sy goeie aard, waarop hulle in alle vriendelikheid en vreedsaamheid, die plant voedend, hulle na hom voeg sowel van buite af as van binne-uit, waardeur alles in die hele plant heilsaam word, en oordag in die sonlig sal sy uitwaseming en sy in die wye omtrek omgewende natuurgeeste sowel op mense asook op talle diere `n buitengewoon heilsame invloed uitoefen.

[9] By die gifplant daar, waarin `n baie selfsugtige en grimmige, toornige karakter hom huisves, word egter dieselfde natuurgeeste ook deur hierdie karakter beïnvloed en sodoende heeltemal verander; hulle voeg hulle eweneens, die plant voedend, na hom en hulle hele karakter word daarop heeltemal gelyk aan die oorspronklike karakter van hierdie plant. Maar ook sy omgewing en as’t ware sy uitwaseming is giftig en skadelik vir die menslike gesondheid, en die diere kom met hulle gevoelige neuse nie in sy buurt nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205