Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 163

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die viervoudige betekenis van die Mosaïese skeppingsgeskiedenis

163 (Die Heer:) "Kyk, op dié manier moet Moses gelees en met die natuurlike verstand ook begryp word! Sekerlik is daar ook nog `n diepere, innerlike, suiwer geestelike betekenis aan die hand waarvan die hele skeppingsgeskiedenis hoofsaaklik gesien moet word as die skeppende werk van God, waarin Hy die mense sodanig wil vorm dat hulle hulleself en Hom as hul Alles sal erken en liefhê. In dié sfeer wandel God geestelik met Adam en leer Hy hom, gee hom wette, tugtig hom as hy fouteer en seën hom weereens as Adam, of eintlik die eerste oermensheid van hierdie aarde, as hy God erken, liefhet en binne Sy orde leef.

[2] Ook al gebeur dit nie soseer op die materiële vlak nie, dan gebeur dit tog geestelik en dit ook by nog baie suiwer, onbedorwe en hoogs eenvoudige mense heel sigbaar as iets natuurliks Daarom kan mens Moses selfs op vier maniere lees en tog steeds goed en suiwer verstaan.

[3] Ten eerste: Vanuit `n suiwer natuurlike perspektief, wat `n noodwendige wording laat sien in sekere periodes volgens die ewig onveranderlike orde van God. Hierdie is `n bron van kennis vir alle natuurwetenskaplikes en daaruit kan hulle hul gevolgtrekkings maak, wat andersins onmoontlik as baie oppervlakkig kan wees; langs hierdie weg kan hulle behoorlik baie ontdek, maar daarby tog nooit vaste en betroubare grond onder hulle voete kry nie.

[4] Ten tweede: Sowel vanuit `n natuurlike as `n geestelike perspektief. Hierdie sienswyse, wat eweneens die hoogste waarheid bevat, is vir die mense wat strewe na die welgevalle van God die beste, omdat daar beide, sê maar hand aan hand, duidelik in daad en uiterlike verskyningsvorm sigbaar en verstaanbaar word. (NB : Op hierdie wyse is ook “God se Huishouding” gegee)

[5] Ten derde: Suiwer geestelik, waarby die natuurlike verskynsels en die tydelike vorms en veranderinge daarvan algeheel buite beskouing gelaat word. Dit gaan daarmee net om die geestelike ontwikkeling van die mens, wat deur Moses heel treffend in die ooreenkomstige beelde uit die natuur weergegee is. Dit is die taak van alle Godgeleerdes aan wie die innerlike ontwikkeling van die mense toevertrou is, om dít te verstaan.

[6] En ten slotte en vierdens: Suiwer hemels, waar die Heer Alles in alles is en alles betrekking het op Hom. Hoe die mens hierdie saak egter moet opvat en verstaan, kan julle nie vroeër begryp voordat julle deur die volle wedergeboorte van jou gees één geword het met My, soos wat ook Ek één is met die Vader in die hemel, maar met dié verskil dat julle almal één met My sal wees as afsonderlike persoonlikhede, terwyl Ek en die Vader, wat My liefde is, met mekaar in `n ewig enkelvoudige (een enkele) persoonlikheid volmaak één is.

[7] Liewe vriend Cyrenius, nou hoop Ek dat jy `n beter mening sal hê oor Moses; of dink jy soms tog nog dat Moses - na jou mening soos byvoorbeeld `n blinde - nie geweet het wat hy geskryf het nie?!"

[8] Cyrenius sê heel berouvol: "Heer, laat my nou beskaamd en stil wees en swyg; want ek sien my groot en growwe onsin nou wel in. Ek wil van nou af aan slegs luister en self nie `n woord meer sê nie!"

[9] Toe kom Cornelius na My toe en sê: "Heer, staan my toe om tans, voor die son heeltemal opgegaan het, ook iets te sê en `n miskien nie al te onbelangrike vraag nie te stel, of eintlik `n opmerking te maak!"

[10] Ek sê: "Gaan jou gang; wat jy op jou hart het, moet gesê word!"

[11] Cornelius gaan verder: "Ek is daarvan oortuig dat dit met die geskrifte van Moses presies so gesteld is soos U ons nou so duidelik uitgelê het en ons mense sou wel in staat kon wees om die eerste, tweede en derde betekenis deur ooreenkomstige beskouinge uit te redeneer; want daar moet immers wel ooreenkoms wees tussen al die geestelike en die materiële. Maar wie behalwe U het die regte sleutel daarvoor?

[12] Wat U ons nou uitgelê het, verstaan ons nou natuurlik wel; maar na my wete het Moses vyf boeke geskryf. Hulle het min of meer dieselfde styl en dieselfde gees. Wie kan hulle lees en wie kan hulle verstaan?! Wel, sou dit dan nie moontlik wees om `n heel algemene riglyn daarvoor aan ons te gee nie? Ek sal wat my betref, my van nou af aan hoofsaaklik met die heilige Skrif van die Judeërs besig hou. Omdat ek vir my `n goeie kopie daarvan uit die tempel laat verskaf het, sou ek ook graag wil verstaan wat ek daarin lees.

[13] Die Hebreeuse taal beheers ek volkome, en die woordelikse inhoud van die Skrif verstaan ek heeltemal; maar wat het ek aan die letterlike betekenis van die woorde en die materiële inhoud daarvan as ek nie die gees daarvan kan deurgrond nie? O Heer, gee ons daarom `n sodanige riglyn dat ons kan verstaan wat ons lees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205