Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 50

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die bekleding van die gesuiwerde siel

50 Toe swyg Zorel `n rukkie en Zinka vra: "Hoe sien hy dit dan alles en hoe kan hy nou deur die water gaan, terwyl hy daar so onbeweeglik lê asof hy dood is!"

[2] Ek sê: "Sy siel sien nou slegs die omstandighede wat haar in `n goeie rigting stuur. Daaruit vorm daar in die siel `n eie wêreld, en dit wat jy hier `n gedagtegang noem, word in die sieleryk sigbaar as `n beweeg van die een plek na `n ander.

[3] Die vywer wat uit sy trane ontstaan het en waarvan die water sy siel genees het stel sy berou voor oor die begane sonde en die bad daarin beteken opregte boetedoening, wat uit berou voortkom. Die suiwer water beteken die teregte erkenning van sy skulde en gebreke; en as die vywer `n meer word, is dit die uitdrukking van die toeneem van die wil om uit homself gereinig en genees te word. Die mooi gras onder die water beteken die hoop op die bereiking van volledige gesondheid en hoër, vrye barmhartigheid van God, wat hom reeds sigbaar opstel aan die nog ietwat verwyderde oewer; dit is Ekself na gees en wil. Die beweging in My rigting deur die water van opregte berou en ware boetedoening, beteken as sodanig die voortskryding van die siel na ware beterskap.

[4] Dit alles is egter vir sy siel slegs `n paslike beeld waaraan die siel sien hoe haar aard is en wat haar, om haarself te verbeter, in haar hart voorneem en doen - in hierdie toestand weliswaar slegs as uiting van haar wil, sonder `n uitwendige, werklike daad. Dié moet eers volg as sy in `n ontwaakte toestand weer heeltemal met haar liggaam verenig sal wees.

[5] Nou sal hy weldra by My wees en dadelik weer begin praat. Let maar goed op, alles wat hy nou in woorde stel, sal ooreenkom met sy innerlike sieletoestand! Daar sal nog heelwat verwarring sigbaar word voordat hy in die derde stadium, dit wil sê, voordat hy in voorlopige verbinding met sy suiwere lewenskiem sal kom.

[6] In die derde stadium sal julle dan wel merk hoe samehangend en hoe wys hy sal praat! Nou praat slegs sy siel wat vir hierdie oomblik gelouter is, maar in die derde stadium sal sy gees die woord neem! En dan sal julle glad geen leemtes meer in hom ontdek nie, dan sal hy woorde gebruik waarby julle almal warm om die hart sal word!

[7] Daar bereik hy reeds die oewer en sê:' Ag, dit was tog `n moeilike tog! Ek het u nou tog bereik, edele vriend! Het u geen hemp by u nie? Kyk, ek skaam my vreeslik vir my naaktheid!'

[8] Ek antwoord vanuit My gees en wil, wat nou vir hom sigbaar is: 'Kom uit die water, jou dade sal bepaal hoe jy geklee word!'

[9] Zorel se siel sê: 'O vriend, praat nie oor my dade nie, want dit is louter sleg en boos! As my kleed daarna moet lyk, sal dit daar ontsettend swart en soos vodde uitsien!'

[10] Ek sê: 'In daardie geval is hier tog water genoeg om dit wit te was!'

[11] Zorel sê: 'O vriend, dit is `n onbegonne taak! Dit sal nie slaag nie! Maar iets is altyd beter as glad niks nie. Daarom kom ek uit die water uit!'

[12] Aan My voete lê `n toga met baie plooie, maar baie vuil, hoewel die oorspronklike kleur witgrys is - die kenmerkende kleur van die kleding van heidene in die geesteryk. Hy neem die kleed en walg van die vuilheid, wat `n goeie teken is. Maar hy neem dit tog, gaan egter vinnig daarmee na die water en begin dit te vryf en uit te spoel en uiteindelik uit te wring.

[13] Nou is hy klaar en die kleed is skoon. Omdat dit egter nog nat is, het hy nie die moed om dit sommer aan te trek nie. Ek maak dit egter vir hom duidelik dat hy dit tog moet aantrek. Hy was voorheen tog ook nie bang vir die water nie, waarom sou hy dan nou `n hekel hê aan `n kleed wat nog `n bietjie nat is?! Dan sê hy - luister maar, want dit sal hy hardop sê! -:

[14] Zorel: "Dit is ook so! Daardie hele meer het my netnou niks gedoen nie, en sal hierdie nat hemp my dan nou tog iets kan aandoen? Trek dit maar aan! - Ag, dit doen my goed!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205