|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 168
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Simon oor die moralisering uit eieliefde
168 Na `n halfuur het dit baie lewendig in ons groot geselskap geword en Simon begin grappe vertel wat beslis baie geestig was. Gabi, `n ietwat ernstiger jongmens van ruim twintig jaar, waarsku Simon egter meermale om hom bietjie in te hou.
[2] Maar Simon sê: "Wie waarsku dan eertyds Dawid, toe hy nogal uitgelate voor die ark dans? Omdat sy haar skaam gee sy vrou hom wel die raad om hom te matig in sy vreugderoes; maar Dawid steur hom nie daaraan nie! En kyk, ek sal my nou ook niks aantrek van jou korrigerende wenke nie, maar ek sal slegs nog vroliker word! Bemoei jou daarom nie meer met my nie, anders moet ek my ook nog met jou bemoei!
[3] Kyk eers in dié rigting, daar sit die Heer; Hy alleen is nou ons korrigeerder! Waarom sou ons sondaars mekaar altyd moet korrigeer? Want elkeen van ons mense korrigeer sy naaste meestal uit eieliefde! Die gierigaard maan sy naaste tot matigheid, nugterheid en spaarsaamheid en hou daaroor sy sedepreke. Maar waarom doen hy dit? Hy is bang dat daar iemand arm sou kon word wat hy dan, omdat hy welgesteld is, al is dit nie uit naasteliefde nie, dan tog fatsoenlikheidshalwe, sou moes help.
[4] `n Ander, wat nie so goed kan loop nie, sal sy begeleiers in die trant van `n geneesheer uitlê dat dit skadelik is om vinnig te loop. Weer `n ander, wat geen spesiale vriend is van groot warmte nie, sal vernaamlik uit eiebelang die nut van die skadu benadruk. Die wyndrinker sal by sy vriende water beslis nie spesiaal aanprys nie. As `n man, of hy nou jonk of oud is, `n ogie het op die een of ander meisie, sal hy haar altyd wys op die gevaar daarvan om met ander mans te doen te hê en ander mans sal hy met mooi woorde en op moralistiese wyse terdeë waarsku om nie onbesonne met die vroulike geslag om te gaan nie. In so `n waarskuwing is daar tog duidelik `n behoorlike bietjie eieliefde?!
[5] En so het ek tot op hede nog altyd, ek sê dit heel openlik, waargeneem dat by die vermanings wat so dikwels gegee word, altyd `n bietjie eieliefde van die kant van die vermaner sigbaar word, wat geen vermaner, as hy maar enigsins oor homself nadink, kan ontken nie. Onder die vermomming van allerlei morele redes sal hy sy naaste veral waarsku teen die dinge wat hy self onaangenaam vind.
[6] As iemand verlief is op `n meisie, sal hy haar beslis nou eers ernstig, dan weer liefderik, altyd waarsku teen ander mans wat uiteindelik, soos wat dit soms gebeur, ook `n ogie op haar kon hê. Waarom waarsku hy dan soveel ander meisies nie teen die slegtheid van die ander mans nie? Omdat sy eieliefde by die ander meisies nie saamspeel nie!
[7] Ek sou selfs aan die hand van die kenmerke van die verskillende waarskuwings en lesse wat die mense mekaar gee die sogenaamde swak kante van die mense haarfyn kon vasstel!
[8] Nie verniet het ons Goddelike Heer op die berg die heerlike en selfs buitengewoon voortreflike opmerking gemaak oor die bepaalde, ongevraagde verbeteraars wat nie so gou gereed moet staan om aan hul naaste te sê: ‘Kom vriend, dan haal ek die splinter uit jou oog uit!’ nie. Laat dié eers maar die moeite doen om te kyk of daar nie `n hele balk in hul eie oog sit nie! As hulle dít eers miskien met baie moeite daaruit verwyder het, dan sou ook hulle die reg hê om bedagsaam aan hul broer te vra of hy wil dat hulle die splintertjie uit sy oog haal!
[9] Sien jy, vriend Gabi, dit is ook moraal, wat ek beslis nie aan jou soos jy met jou waarskuwings wil opdring nie, hoewel ek met baie groot sekerheid sou wou beweer dat daar uiters min onwaars in steek!
[10] Ek het nou gepraat en gaan my nou weer met `n vis besig hou! Intussen kan jy, vriend Gabi, jou prekerstong `n bietjie vrye teuels gee! Kom alleen nie met Salomo se wyshede by my aan nie, want daarvoor het ons twee nog nie genoeg hare op ons melktande nie! Eintlik moet ons maar net bly wees dat ons nog bewustelik lewe; maar Salomo laat ons twee vir wat hy is! En laat wie maar wil sy Hooglied sing; ons stemme sal hopelik op hierdie liewe moeder aarde nooit so hoog reik nie!"
[11] Gabi sien daar by hierdie stekelrigheid van Simon weliswaar ietwat vererg uit, maar uit pure eerbied vir My swyg hy tog.
|
|
|
|
|