Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die versorging van die hart

24 (RafaEl:) "Lieflike jongedogter Jarah, jy weet tog dat toe die Heer Hom in Genésaret bevind het, Hy jou Self onderrig het in allerlei tuinbousake! Hy het jou geleer om allerlei nuttige plante te ken en getoon hoe hulle bewerk en gebruik moet word. Hy het `n klein tuintjie vir jou aangelê, het dit beplant met allerlei nuttige plante en het jou vertel van elke plant en in die besonder hoe die vorm sou wees, hoe die groei, wanneer en hoe die bloei sou wees, watter vrugte daar sou voortkom, waarvoor dit geskik is, hoe mens dit kan eet en hoe mens daarvan `n ryk oes sou kon bewaar sonder dat dit sal bederf. Kortom, die Heer Self het jou in alles die nodige onderrig vir die verbouing van jou tuintjie gegee.

[2] Wel, daaroor was jy baie verheug! Maar was die vreugde daaroor alleen voldoende? Sou jou tuintjie met vrugte geseënd gewees het sonder daadwerklike, vlytige versorging? Jou groot plesier en vreugde vir die persoonlike onderwys van die Heer sou tog niks in jou tuintjie laat groei het nie - behalwe bietjie onkruid! Omdat jy egter ywerig volgens die aanwysings gewerk het, bloei jou tuintjie weldra op tot `n klein aardse paradys en jy kan daar verseker van wees dat jy `n ryke oes uit die tuintjie sal kry!

[3] En let nou op! Die menslike hart kan jy ook vergelyk met `n tuintjie. Sy is wel bietjie klein, maar as jy haar volgens die leer van die Heer baie vlytig bewerk en geen moeite ontsien om alles wat jy gehoor het in dade om te sit nie, dan sal jy ook weldra soveel seën en barmhartigheid uit die hemele in jou eie hart besit dat jy ten slotte wat siel en gees betref reeds heeltemal uit eie middele sal kan lewe en nie deurlopend ons raad en hulp nodig sal hê nie!

[4] Want die Heer wil juis dat die mens `n heeltemal selfstandige hemelburger word volgens die ewig onveranderlike ordening van God. Wie dit bereik het, het dan egter ook alles bereik. - Het jy, liewe Jarah, dit alles nou heeltemal goed verstaan? Is jy nou so `n bietjie op hoogte met die suiwer toon wat ek vir jou voorgesing het?"

[5] Jarah sê: "O, nou heeltemal, en so helder en suiwer soos die son op die helder, wolklose middaguur! Jou woorde gee my hart `n geweldige troos en ek sal hulle ook volledig in die praktyk aanwend sodat hulle in my die heuglikste en saligste lewenswaarheid sal word. Om my les te gee en die les toe te pas, kan vir jou tog skaars die swaarste lewenstaak wees! Maar sal alle ander mense ook dit doen, wat jy my so getrou en waaragtig aangeraai het?"

[6] RafaEl sê: "Sorg eers maar vir jouself, die Heer sal wel vir die ander sorg!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205