Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die lot van die plek in Palestina

2 "Kyk, Ek het alreeds voorsien dat die plek wat ons nou sal besoek binne honderd jaar sal ophou om te bestaan, sodat geen growwe afgodery in die toekoms daarmee bedryf kan word nie!

[2] My Násaret sal mense nie meer vind nie, maar wel `n ander een agter die gebergte, wes van hier af. Genésaret sal ophou om te bestaan, slegs Tiberias aan hierdie kant van die see sal bly. Césarea Philippi, waar ons nou is, het al verdwyn, maar daar sal `n oorblyfsel aan die meer wees waar die Jordaan vandaan kom, en dan ook in die weste, nie ver van die groot soutsee nie, en wel in die buurt van Tirus en Sidon. Van die landstreek Samaria sal slegs die gedeelte van hier in die suidelike rigting tot aan die groot see bly bestaan; die klein gedeelte wat meer na die ooste toe lê, met die egte Sigar en die ware berg Horeb, sal ophou om te bestaan, en die latere nakomelinge sal dit soek en nie ver van die groot see vind nie. Maar dit sal niks meer wees as `n naam en `n ongenaakbare berg nie, maar geen waarheid nie. En so sal dit ook gaan met Jerusalem en nog vele ander plekke van die Beloofde land, wat herhaaldelik in `n woesteny verander sal word.

[3] Onthou dit almal goed, want so sal dit gebeur omdat die mense nie selde die stem van hulle arme broers en susters deur die verafgoding van hierdie plek gehoor het nie! Hulle sal almal in verwarring gebring word! In die verkeerde Násaret sal hulle My huis soek en dit sal hulle verwar, want die egte Násaret sal gou nadat Ek opgevaar het na My ryk, van die aardbodem verdelg word.

[4] Wie na die verganklike soek, sal ook die verganklike vind en daaraan sterwe, wie egter die ware Nasaret in die hart sal soek, sal dit in elke arm broer vind, en `n ware Betlehem in elke arm suster!

[5] Daar sal tye kom waar die mense van ver af hierheen sal reis en hierdie plek sal soek. Die naam sal wel bly bestaan - maar die plek nie! Ja, die volke van Europa sal oorlog voer oor die besit van hierdie plek en sal dink en glo dat hulle My daarmee `n goeie diens sal bewys, maar tuis sal hulle hulle vrouens en kinders en broers en susters laat wegkwyn in armoede, nood en ellende!

[6] As hulle dan egter na My kant toe sal kom om die vermeende loon vir hulle moeite en opoffering te ontvang, sal Ek hulle laat sien hoe ontsettend dwaas hulle gehandel het en watter ellende hulle met hulle onsinnige dade, wat Ek hulle nooit opgedra het nie, onder die mense aangerig het. Allereers wel onder hulle wat direk aan hulle sorg toevertrou was, soos die arme, swak vroue, kinders en ander hulpbehoewendes van hulle huishouding! En hulle sal te kenne gegee word dat hulle eerder deur My nadelig geraak sal word as die aangerigte kwaad heeltemal in die reine gebring sal word. Dit sal egter baie moeilik vir hulle wees, omdat hulle daarvoor slegs gebrekkige middele sal hê in die skamele skemerlig van die geesteryk bo en onder die aarde.

[7] Ek sê vir julle: Terwille van die groot dwaasheid van die mense sal hierdie plek toevertrou word aan `n heidense volk. En Ek sal deur die heidene die namaakvolgelinge van My leer in die ooste en weste, in die suide en in die noordelike streke laat straf.

[8] Streef daarom dat dwaasheid en blinde bygeloof julle nie gryp te midde van My leer van die lewe en die ware kennis van God op die enigste weg van die daadwerklike liefde nie. Hierdie liefde sal elkeen die ware lig en die ware en onbegrensde insig gee in alles wat hom in die natuurlike en geestelike wêreld voordoen! Dit is en bly vir ewig slegs die ware en effektiefste weg na My en My ewige Ryk.

[9] Ek is die Ewige Liefde, is alleen die Lig, die Weg, die Deur en die Ewige Lewe; wie êrens anders My ryk van die lig wil binnedring is soos `n dief en `n rower, en sal reeds hier, maar ook nog meer daar aan die ander kant, in die buitenste duisternis uitgestoot word. - Nou weet julle wat julle moet doen en wat in My oë reg is. Handel daarvolgens, dan volg julle die ware weg!

[10] Laat ons nou na die nege verdrinkte mense toe gaan. Markus, laat wyn bring, want dit sal ons nodig hê!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205