Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 99

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Oor die ware en die verkeerde diening

99 (Die Heer:) "Die erewoord vir alle sfere van die oneindigheid is dus 'diening', sowel in die groot ryk van die natuur asook in die eindelose ryk van die geeste!

[2] Ook die bose bewoners van die hel weet alles daarvan af - net met hierdie reusagtige verskil ten opsigte van die diening van die bewoners van die hemele: In die hel wil elkeen eintlik gedien word; en as daar dalk een is wat `n ander dien, dan is dit slegs oëdiens, dus altyd `n skynbare diens wat baie gerig is op eieliefde, waardeur die een die ander wil mislei om hom by `n gunstige geleentheid des te sekerder in sy kloue te kry en uit sy ondergang voordeel vir homself te trek.

[3] `n Duiwel se hart verhef sy meerdere presies om dieselfde rede soos wat `n sekere soort gier (roofvoël) aan die oewer van die see dit met die skilpaaie doen. So `n gedienstige gier sien `n skilpad in `n poel rondswem. Die skilpad wend `n poging aan om aan land te kom om kruie te soek om sy honger te stil. Die op vleis beluste gier help hom, tel hom eers uit die poel en sit hom op die droë, kruieryke grond. Daar begin die skilpad hom weldra besig hou met die soek van die kruie wat hy nodig het. Die gier kyk `n rukkie toe en probeer slegs baie versigtig hoe hard die skilpad se dop wel is. Maar omdat sy skerp snawel geen stuk vleis uit die dop kan trek nie, laat hy die arme skilpad net solank rustig wei totdat hy minder bang en vrymoediger sy kop van onder die skild uitsteek, lus vir die kruie.

[4] Sodra die gier daardie vertroue by die skilpad bemerk, gryp hy die sagte, vlesige kop met sy kloue, neem die skilpad saam hoog die lug in en dra hom weg na `n plek waar hy `n rotsagtige bodem benede sien. Daar laat hy die so hoog meegenome skilpad los en dan begin sy dodelike val. Pylsnel kom hy neer op die harde rotsbodem, slaan in stukke te pletter en die gier, wat sonder moeite vlieënd sy vallende offer pylsnel begelei het, is daarna vinnig byderhand en begin nou die loon van sy vroeëre diensbetoning vir hom te neem en daarmee sy altyd hongerige maag vol te stop. - Daarmee het julle `n waarheidsgetroue, natuurlike voorbeeld van duiwelse diensbetoning!

[5] Dit is ook wel diening, maar uiters selfsugtig, en op dieselfde wyse is elke bietjie meer of minder selfsugtige diens wat die mense mekaar wedersyds bewys, ook altyd meer of minder aan die diensverlening van die hel verwant en kan, vir sover dit aan die hel verwant is, onmoontlik waarde vir My en al My hemele hê. Net alleen `n heeltemal onselfsugtige diens is ook `n ware, en derhalwe ook `n suiwer hemelse diens, en slegs dít het vir My en vir al My hemele `n ware en volkome waarde.

[6] Wanneer julle mekaar dus wedersyds van diens sal wees, dien mekaar dan in liefde en ware broederskap, soos wat dit algemeen in die hemele gebruiklik is! As iemand `n diens van jou vra, verrig dit dan met alle vreugde en liefde en vra nie om loon vir die diensbetoning nie; want dit doen die heidene ook, wat die ware Vader in die hemel nie ken nie en hulle sedes meer van die diere as van `n God oorgeneem het! Die ou Egiptenare lewer nog tot op die huidige dag toe die bewys daarvan, aangesien die eerste onderwyser wat hulle tot enige nadenke gebring het, `n bul was, waarvoor hulle dan ook tot op hierdie dag goddelike eer bewys.

[7] As iemand jou egter `n goeie diens bewys het, moet jy hom ook nie vra: 'Vriend, wat is ek jou verskuldig?' nie, maar jy moet jou vriend uit al die liefde en blydskap van jou hart na vermoë so goed moontlik beloon! As hy, wat aan jou die goeie diens bewys het, dit gewaar word, sal hy jou omarm en sê: 'Edele vriend, kyk, ek het jou maar `n baie klein diensie bewys en jy gee my daarvoor so `n groot beloning! Kyk, `n tiende daarvan is meer as genoeg, en selfs dit neem ek net aan ten bewyse daarvan dat jou broederhart vir my so dierbaar is!'

[8] As die helper so uit die grond van sy ware en diepe lewensgevoel met sy opdraggewer sal praat, sal hulle dan nie dadelik egte hemelse broers word nie?! Ongetwyfeld, en dit is nou juis die wyse waarop die ware ryk van God na julle toe sal kom en hemels oor julle sal heers met die Septer van Lig en alle Barmhartigheid."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205