Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 104

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Selfsug as oorsaak van die materie

104 (Die Heer:) "As julle hierdie ontwikkeling nou bietjie van nader beskou, dan sal julle dit regtig nie moeilik vind om die werklike diepte van die waarheid in te sien vanwaar die onkruid op die suiwer landerye van die lewe afkomstig is nie.

[2] Alles wat wêrelds en materieel is, is iets wat verkeerd is, wat altyd noodwendig teen die ware, geestelike orde van God indruis, omdat dit oorspronklik as `n teenwerkende prikkel daarin geplaas moes word, om die vrye wil op te wek in die idee wat tot lewe gewek is en as afsonderlike wese deur God na buite gebring en op die korrekte wyse gevorm is en dit moet daarom beskou word as die egte onkruid op die enigste ware en geestelik suiwer lewensakker.

[3] Hoewel die onkruid oorspronklik `n noodsaaklikheid is ter bevestiging van `n volkome vrye, geestelike lewe, moet dit uiteindelik egter tog deur die vry geskape menslike wese as sodanig herken en vrywillig weggewerk word, omdat hierdie wese onmoontlik daarmee saam kan voortbestaan. Dit is wel `n noodsaaklike middel om die doel te bereik, maar kan nooit één word met die doel nie.

[4] Die net is `n noodsaaklike middel om visse mee te vang, maar wie sal dit in die water dompel en daarmee geen vis vang nie, maar die net as sodanig weer daaruit te haal, dit dan op die vuur te rooster en as voedsel te gebruik?! Die net is daarom maar net nodig om visse te vang; en as mens daarmee die visse uit die water gehaal en in die voorraadkamer gestoor het, bêre mens die net en mens gebruik dit wat mens daarmee verkry het.

[5] So moet ook die prikkel tot die oortreding van die gebod aanwesig wees; dit is `n opwekker van die kognitiewe vermoë en van die vrye wil. Dit vervul die siel met lus en vreugde solank dit die prikkel baie goed waarneem, maar nie daaraan gehoorsaam is nie, dit juis egter steeds met die vrye wil bestry wat deur die prikkel in haar gewek en van lewe voorsien word, en so gebruik die vrye siel dit dan as middel, maar nie as doel op sigself nie.

[6] Die leersak is tog ook nooit die wyn self nie, maar slegs `n voorwerp om die wyn in te bewaar. Wie sal egter so dom wees om vanweë die verlokkende geur dadelik aan die sak te byt en dit te beskadig, terwyl hy tog weet dat hy die sak slegs op die regte plek hoef oop te maak om die suiwer wyn daaruit te kry?!

[7] Die onkruid, of die prikkel tot die oortreding van die wet, is daarom iets ondergeskiks, en mag nooit as te nimmer hoofsaak word nie. Wie die ondergeskikte tot hoofsaak maak, lyk soos `n dwaas wat hom wil versadig met die pot waarin goeie kos gekook word, maar die kos weggooi!

[8] Waaruit bestaan dan die onkruid, wat deur te vergaan die lewe moet bemes? Watter naam is dan gegee aan die prikkel wat in die vorm wat tot lewe gewek is geplaas is,en teen die wet indruis? Dit heet eieliefde, selfsug, hoogmoed en ten slotte heerssug. Deur die eieliefde soek die lewende vorm weliswaar homself, maar met hebsug wat alles in homself opneem met die bedoeling om dit dan vir altyd so op te sluit en te bewaar dat dit nooit vir iemand anders as alleen homself ten goede kan kom nie, uit vrees om self ooit êrens gebrek te ly! Deur hierdie opneming en afsluiting in sy wese van alles wat dit steeds opneem uit die orde van God wat alles voed en onderhou, moet in die wese `n altyd toenemende verdigting ontstaan, en `n sekere, tydelike deeglikheid en superioriteit, en daardeur `n buitengewone tevredenheid met homself - en dit is in die ware sin en betekenis van die woord selfsug, wat die eie self as iets voelbaar ten volle gewigtigs met alle krag en geweld bo elke ander persoon wil verhef met al die middele wat hom tot diens staan, selfs al sou dit van die slegste soort wees.

[9] As die selfsug sy doel bereik het, verhef hy homself bo alles wat soos hy lyk, en sien in `n sekere sin dronk van geluk, minagtend op alles neer; en hierdie minagting lyk soos die afkeer wat `n oorvol maag het vir die kos wat voor hom staan, en dit is dan dit wat mens hoogmoed noem. Daarin is reeds `n baie groot hoeveelheid materie en `n hele veld vol van die ergste onkruid.

[10] As sodanig is die hoogmoed egter uitermate ontevrede, omdat dit nog steeds konstateer dat alles nog altyd nie so aan hom ondergeskik is as wat hy sou wens nie. Hy gaan nou al sy middele en orige moontlikhede na, en kom tot die gevolgtrekking dat hy alles aan hom ondergeskik sou kon maak as hy hom, uit `n taktiese oogpunt, sou voordoen as `n doeltreffende en vrygewige persoon. So gedink, so geprobeer en gedoen! Omdat daar altyd meer hongeriges is as mense wat voldoende te ete het, het die rojaalgeworde hoogmoed dit heel maklik. Weldra versamel alle hongerlydende kleine kragte hulle om hom heen en laat hom toe om hulle te oorheers, omdat hulle ook nou iets kan geniet van die rykdom van die hoogmoed. Hulle gehoorsaam die hoogmoed nou reeds slaafs en vermeerder daardeur sy krag, en die hoogmoed probeer nou al dadelik om baie, of beter gesê, alles, aan homself diensbaar en skatpligtig te maak. En hierdie onversadigbare strewe is dan dit wat mens in die ware sin van die woord die allerverderflikste heerssug noem, waarin geen liefde meer heers nie.

[11] In dié heerssug kom dan die hardste materie tot uitdrukking; `n planeet wat algeheel tot graniet verhard is, kan daardeur reken met `n keur van alle moontlike kwaadwillige elemente. `n Bewys dat die heerssug, en daarmee dit wat werklik heers, gelyk staan aan die digste materie, is die buitengewoon soliede kastele en vestings waaragter die heersers hulle verskans. Baie dik moet die mure wees, en beman deur sterk soldate, sodat niemand in staat sal wees om ooit deur die allergrofste materie te breek, en die heerser in sy hoogmoedige rus te benadeel nie. Wee die swakke as hy dit sou waag om slegs één steen uit die vesting van die heerser te wring; hy sal weldra vermorsel en vernietig word!

[12] Ek bedoel hier egter nie die heersers en regente, wat God se orde hier aangestel het ter vermindering van die heerssug van elke enkeling en om as bepalers en instandhouers van nederigheid en beskeidenheid, liefde en geduld te dien nie; want hierdie regente van die volke wat deur God aangestel is, moet dít wees wat hulle is, en kan nie anders handel as op die manier waarop hulle gedryf en gelei word deur die wil van die almagtige God, ter verbetering van die volke nie. Hier gaan dit maar net oor die algemene, egte heerssug van elke afsonderlike gees en elke afsonderlike mens, en hier is getoon wat heerssug in wese is. Ja, daar was wel heersers wat mens erge tiranne noem! Dié het uit die volk opgestaan, het teen die heersers wat deur God aangestel is, in opstand gekom, soos eens Absalom teen sy eie vader Dawid. Sulke heersers is nie deur God aangestel nie, maar deur hulleself, en daarom is hulle sleg, en ware onkruid, en ooreenkomstig vorms van die hardste materie.

[13] Maar jy, My Cyrenius, en jou keiser is dit nie. Hoewel julle nog heidene is, is dit My wil dat julle is wat julle is! Julle is vir My as heidene liewer as baie konings wat, as aangestelde leiers van God se kinders, slegs ware liggaamlike, en meer nog geestelike moordenaars van hulle was. Daarom is hulle egter ook vir altyd van die ou trone en krone en septers afgeneem, en aan julle, wyser heidene, toevertrou. - Ek vind dit nodig om hier hierdie woorde by te voeg om te voorkom dat jy, My Cyrenius, sou begin dink dat Ek sou meen dat jy en jou neef as gewelddadige heersers op die heerserstroon sou sit. - En nou verder met ons beskouing oor die onkruid op die goeie land!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205