Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 236

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die ongelukkigheid van die wêreldse geleerdes in die hiernamaals

236 (Die Heer:) "Hoe sleg sulke mense noodsaaklikergewys ook is, tog kan `n mens eerder van hulle `n volmaakte mens maak as van `n egte wêreldse geleerde. Hulle het weliswaar in baie opsigte - dit wil sê op een punt gerig, wat meestal selfsugtig is - `n behoorlike skerp verstand, omdat die piramideharsingsplaatjies op sy beste in die sentrum van die harsings by elke mens vir `n deel en reëlsgewys behoue bly, wat maak dat baie geleerdes, somtyds deur mekaar onderling te raadpleeg, iets besonders ontdek, egter maar net vir suiwer aardse doeleindes; maar al die innerlike, diepere, geestelike bly vir hul vreemd. Want tussen die wêreldse voordele en die ewigdurende van die gees en die siel bly `n onoorkomelike kloof wat die skerpste, wêreldse verstand ook nooit of te nimmer sal oorbrug nie.

[2] En kyk, dit gebeur alles omdat die bou van die menslike harsings reeds in die moederliggaam grondig bederf het en verder deur die opvoeding van die hart en die gemoed, wat haas nog slegter is; want as daar tenminste na die geboorte maar `n goeie opvoeding van die hart en die gemoed sou plaasgevind het, sou die brein, wat in die moederliggaam bederf was, daardeur weer vir die grootste deel in orde gebring kon word, en dan sou hierdie mense vervolgens nog baie lig en lewenskrag kon kry. So sou deur `n aanhoudende ware nederigheid en ware goedheid van die hart, weliswaar na jare, dit wat verlore is, weer heeltemal teruggevind of vervang word.

[3] Want wie in die goeie aarde saai, sal nie sonder oes bly nie; maar as daar in die aarde, wat tog reeds baie maer en sleg is, geen bemesting en nog minder ooit `n saadjie van die volle waarheid van die lewe gestrooi word nie, hoe en waar vandaan moet daar dan `n vrug of selfs `n ryklike lewensoes vandaan kom?

[4] Ja, die wêreldse mense verstaan die kuns baie goed om die materiële bodem van die aarde net soos varke en woelmuise om te woel en met allerlei vrugte te verbou. Hulle behaal `n aansienlike oes, vul hul skure en koringbakke tot bo, en word vervolgens trots en hoogmoedig en daarom harder en gevoelloser teenoor die arme mensdom, wat deur die groot hebsug van die wêreldse rykes, en daardeur magtiges, geen grondgedeeltes as eiendom kry om self in hul onderhoud te voorsien nie.

[5] Dié kuns verstaan die wêreldse mense dus voortreflik; maar die aarde van die gees van die ewige lewe laat hulle voortdurend braak lê en daarom bekommer hulle hulself weinig daaroor. Of dorings of distels daarop woeker, bekommer hulle weinig of niks, en dit word daardeur verstaanbaar hoe en waarom die mense van hierdie aarde, in plaas van beter, steeds slegter en ellendiger word. As hulle maar skitterende paleise vir hulleself kan bou, op sagte beddens kan lê, en hul buik met die heerlikste lekkernye kan vul en hul liggame kan beklee met sagte, koninklike klere, dan het hulle genoeg en is hulle tevrede; want dan het hulle dit wat hul selfsugtige, liggaamlike lewe ook maar verlang tydens die kort tyd van hul aardse bestaan.

[6] Maar as die kwaai hinkende bode dan kom, die kwaadaardige siekte met agter haar aan die dood, dan val hul siel, wat heeltemal weggekwyn het, ten prooi van nog steeds groter wordende angs, vervolgens aan volledige vertwyfeling en onmag, en ten slotte aan die dood. Laggende erfgename verdeel dan die nagelate, groot skatte en oorvloed van die gestorwene, wêreldse dwaas. En wat het hy dan in die hiernamaals? Niks anders nie as in alle opsigte die grootste armoede, die grootste nood en die grootste, vir hierdie wêreld onbeskryflike, ellende, en nie net vir `n kort oomblikkie nie, maar volgens julle begrip vir ondenkbare lang tye, wat julle baie verseker met die begrip 'ewig' sou kon aandui. Dit is egter ook baie verstaanbaar; want waar moet `n siel wat nooit vir iets anders gesorg en gewerk het as slegs vir haar liggaam nie, die middele vandaan kry om haar te vervolmaak in `n wêreld wat uit niks anders kan en mag bestaan as slegs uit dit wat `n siel in haar het en vervolgens deur die geestelike eter van haar uitstralende lewenslig omvorm in `n woonwêreld wat haar omgewe.

[7] In so `n wêreld is die bedoeling dat haar nuwe, op liefde ingestelde huishouding in haar persoonlike, geestelike ryk begin. Maar hoe is dit moontlik as haar gemoed, respektiewelik haar hart, verhard en ongevoelig is, steeds dieper wegsink in `n boosheid vol selfberou, en op toorn en wraak dui, en as die gees in haar bykans volkome dood, doof, stom en blind is en sodoende nooit die harsingsplaatjies van die siel kan bekyk en goed kan ondersoek nie?

[8] En as so `n hemelse gees, indien moontlik, tog nog in die algeheel bekommerde siel opstaan, om te kyk en te voel wat daar alles in die harsings van die siel aanwesig is om die siel behulpsaam te wees met die skep van `n nuwe woon- en werkterrein, dan sou die gees in die harsings van die siel tog niks vind waarmee hy dit self, om haar te help, sou kon bewerkstellig nie. Want van al die materiële wat die siel in hierdie wêreld in haar totaal bedorwe, liggaamlike harsings opgeneem het, kon onmoontlik iets van haar eie geestelike harsings teregkom, omdat die vernaamste lewensmedium geheel en al vir haar oordrag ontbreek het, naamlik die lig uit die lewensvlam van die liefde tot God en daaruit vir die naaste!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205