|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 259
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Voorbeelde van die intelligensie van diere
259 "In alle rus kyk ons `n halwe dag lank na hulle en ons vermaak ons, omdat ons uit al die doen en late van hierdie diertjies baie helder en duidelik `n sekere orde en `n heel deurdagte plan kon aflei en ons tewens baie moes verwonder oor die besondere vaardigheid waarmee hierdie bomenslike intelligente wesens hul werk uitvoer. Ek het gedink dat hulle sou moeg word, maar daar was geen spoor van te sien nie. Hoe langer die werk geduur het, met hoe meer ywer begin hulle steeds weer heeltemal opnuut van vooraf.
[2] Na ongeveer `n uur of drie, volgens julle tydmeting, kom die mannetjie terug en sê dat hy nouliks binne vier dae met hierdie sandbank sou klaarkry en dat daar daarna aan die oorkant aan die linkeroewer ook nog `n groot sandhelling was waarin ook baie krokodileiers begrawe gelê het. Dit moes hy ook vernietig, anders sou dit binne `n jaar wemel van die krokodille, en binne tien jaar sou hulle so sterk vermeerder het, dat geen mens `n tree in die hele laagland sou kon stap sonder om êrens op `n krokodil te trap nie. Die mense van hierdie lande kon hulle, die sivetkatte, daarom nie genoeg dankbaar wees vir die voortdurende vernietiging van die kwaadaardige krokodille in die hele laag- en hoogland aan beide sye van hierdie rivier nie.
[3] My dienaar vra die wakker mannetjie, hoe dit kom dat daar, ondanks al hul ywer, tog nog steeds krokodille in die rivier ophou en gedy. Toe sê die mannetjie heel ernstig: 'Die Groot Natuurgees wil nie hê dat die krokodille in hierdie rivier ooit heeltemal uitgeroei word nie; want ook hul bestemming is vir die aarde en haar bewoners van nut. Maar hulle mag nie die oorhand kry nie, daarom is ons daar om hul toename binne die korrekte perke te hou. Die Groot Gees het dit alles op hierdie wyse manier gereël en so moet dit alles gebeur, sodat die een lewe in die ander sy vervolmaking kan vind. Die oorgang is steeds bitter, maar daarteenoor staan dan `n aangename hoër bestaan!'
[4] Die dienaar vra hoe hy dan aan die kennis van `n oppergees gekom het. Toe begin die mannetjie te giggel, dit was sy manier van lag. Toe die mannetjie uitgegiggel was, sê hy vir die dienaar: 'Ons sien tog elke dag Sy son aan die hemel, en hoe daaruit allerlei goeie geeste na ons toestroom! Waar moet hulle anders vandaan kom as van die Groot Liggees in die son?!'
[5] En weer vra die dienaar die mannetjie: 'Vereer julle ook die Groot Liggees?' Toe antwoord die mannetje: 'Dit is tog wel `n vreemde vraag vir `n groot mens! Julle is tog nie dommer as ons swak diere nie? Ons eer die Groot Gees tog die meeste deur altyd graag en onverwyld te doen wat Sy wil ons in ons natuurlike aard ingegee het! Of eer julle almal nie die beste deur die wil van jou naaste met vreugde te doen nie?! Kyk, die belangrikste is, dat mens die wil van Die Een doen wat mens waaragtig eer!' Toe verlaat die mannetjie ons en gaan weer vlytig aan die werk. Maar ons verlaat toe die plek en keer weer huiswaarts om ons huislike werksaamhede uit te voer.
[6] `n Paar dae later bring ons vir die diertjies melk en kaas, wat hulle met baie genoeë eet, maar waarna hulle `n hele dag van hul werk uitrus.
[7] Die dienaar vra aan die mannetjie of krokodilvleis ook vir mense eetbaar was, natuurlik as dit eers op `n vuur gebraai sou wees. Toe sê die mannetjie: Die buikvleis wel, omdat dat verteerbaar is; maar met die ander vleis is niks aan te vang nie, omdat dit onverteerbaar hard was. Nylperd (seekoei) sou beter wees en nog beter nylkalf, wat haar egter steeds meer in die nabyheid van die see merendeels in die diepte ophou en haar slegs ten tyde van die onderwaterstorme na die oppervlakte begeef en daar met die bote van die mense speel.
[8] Na hierdie uitleg spring hulle al sewe weer by ons weg en steek die water oor na die ander oewer, waarheen ons hulle toe nie meer volg nie, omdat ons hul aard en karakter nou voldoende leer ken het.
[9] Ek het die voorbeeld van die sivetkatte slegs maar hier vertel, omdat dit vir my iets baie nuut was, en omdat ek by geen enkele bekende dier soveel verstand gevind het nie.
[10] Ook onder die voëls vind jy hulle met `n baie wyse karakter. Daartoe hoort veral die ibisse en ooievaars, die kraanvoëls, die wilde ganse en die swawels. Onder die viervoetige aardse diere is die kameel egter en nog meer die groot olifant, die esel, die hond, die aap, die bok, en dan ook die jakkals, die beer en die leeu beslis die mees intelligentste, en hulle het egter`n duidelike taal. Die verstand van die ander huisdiere is geringer, en hul taal is onverstaanbaarder en dommer. By die koudbloedige diere staan die groot akkedis boaan, want dit word deur ons as `n egte voorspeller aangesien, en dikwels vertel hy ons al dae van tevore wat daar sal gebeur. Daarom word hierdie diere by ons ook spesiaal versorg en met melk en kaas gevoer.
[11] Dit is `n groot raaisel waar hierdie diere hul kennis vandaan gekry het. Wel, ek vertel hier beslis geen fabeltjies nie, hoewel dit wat ek nou vertel het vir die onervare blankes wel as `n fabel in die ore moet klink. As hulle egter beslis nie wil glo dat dit alles so is nie, bring dan as praktiese voorbeeld `n totaal vreemde esel hier, en my dienaar sal aan hom vrae stel en die esel opdrag gee om iets te doen, en die dier sal seker ook baie presies doen wat die dienaar van hom sal vra!"
|
|
|
|
|