|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 15
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die raaiselagtige Romeinse volmag
15 Cyrenius sê: "Jou wens sal vervul word, want ek is heeltemal tevrede met jou beskrywing van Herodus en weet nou wat ek met hom sal moet doen. Maar sê my nog net of sy vorstelike volmag wel presies is soos wat jy dit vroeër vir my beskryf het! Het jy gesien of dit met my naam onderteken was? Of het jy dalk self insae in die oorkonde gehad? Spreek die waarheid en vertel dit heeltemal presies vir my!"
[2] Zinka sê: "Niks is eenvoudiger as dit nie, omdat ek, aangesien ek kan skryf en die drie tale magtig is, hierdie oorkonde al miskien vyftig maal oorgeskryf het. Hierdie afskrifte laat Herodus steeds deur die landvoog vir tien silwerstukke waarmerk ten bewys dat dit dieselfde was as die oorspronklike. U naam sien ek nie, maar wel die van die tans heersende keiser. - Meer kan ek u nie daaroor sê nie."
[3] Cyrenius sê: "Dit is dan duidelik `n nuwe volmag, wat heeltemal anders lui as die een waar my handtekening onderaan staan! Sou jy my miskien ook nog kon sê wanneer Herodus hierdie berugte volmag uit Rome in sy besit gekry het?"
[4] Zinka sê: "O, sonder meer! Die volmag het hy reeds in die voorjaar gekry. Dit weet ek so duidelik omdat ek self die versoek daarvoor geskryf het. In die versoek staan naamlik, of die keiser as enigste meester en heerser, met uitsluiting van alle ondergeskikte instansies, hom AD PERSONAM* vir sy noodsaaklike beskerming `n volmag sou gee soos wat onder die nota in die versoekskrif omskryf was. Maar nou kom eintlik die hoofsaak, waaragter – volgens my denke - die groot skurkestreek verskuil is! (*persoonlik)
[5] Dat Herodus so `n versoek aan Rome gerig het, daarvoor staan ek as geloofwaardige getuie in, omdat ek, soos wat gesê is, die versoek self opgestel en geskryf het. Die buitengewone versoek het egter - soos wat wel te verstane is - nie sonder `n swaarwegende begeleiding van baie goud en silwer na Rome gegaan nie. Die bringers was vyf van die belangrikste fariseërs wat vir baie persoonlike aangeleenthede destyds `n reis na Rome moes maak. Etlike dae voor hulle vertrek, het hulle by Herodus aangekom en hom gevra of hy nog iets uit Rome nodig gehad het.
[6] Vir Herodus het hulle asof geroep gekom, want hy broei al vier weke daarop, hoe en deur wie hy op die mees veilige en geheime wyse die buitengewone versoek na Rome kon laat bring. Hierdie geleentheid het hom nog meer gepas omdat hy baie goed met hierdie vyf sluwe fariseërs oor die weg gekom het en hulle ook as die eerlikste van hulle soort beskou het. Toe hy oor hulle begeleiersloon navraag doen, wat andersins vanaf Jerusalem meestal nie minder as tweehonderd pond was nie, vra hulle niks nie, want wat hulle vir Herodus doen, doen hulle ook maar net uit pure vriendskap, want hy het hulle ook al talle en belangrike vriendedienste bewys!
[7] Daarmee was Herodus meer as tevrede en hy gee die vyf die versoek insluitend die swaar lading, waarvoor daar vir die dra daarvan dertig kamele nodig was. Op die wyse gaan die buitengewone versoek vervolgens - sê maar na Rome, - maar in werklikheid heeltemal êrens anders heen, wat ons nie kon vasstel nie!
[8] `n Reis van hier na Rome duur onder gunstige weersomstandighede drie volle weke, in ander gevalle ook tot `n maand. `n Mens bly `n aantal dae, dikwels weke in Rome en dit neem tyd vir iemand om by die keiser toegelaat te word. Die keiser handel so `n versoek in die gunstigste geval nie binne `n halfjaar af nie, omdat hy tallose regeringsake te doen het wat belangriker is. Dan kom die terugreis nog, wat net soveel tyd neem as die heenreis! Baie ervaring het my geleer dat niks binne `n driekwart jaar uit Rome teruggekom het nie.
[9] Die vyf bodes het egter die gevraagde volmag, wat heeltemal ooreenstem met die nota volgens my geskrewe versoek, op mooi perkament geskryf en dit versier en voorsien met alle bekende keiserlike waarmerke, binne ses weke aan Herodus oorhandig en Herodus daarmee luisterryk gelukgewens. Ek dink egter by myself daaraan en verwed vandag nog my hoof op `n blok dat die vyf bodes by die onderhawige geleentheid net so min in Rome was as wat ek daar was!
[10] Die kêrels het die meegeneemde swaar skatte en die dertig gesonde kamele veilig onder mekaar opgedeel, die handtekening van die keiser en die ander waarmerke nagemaak en Herodus so `n geheime, keiserlike volmag oorhandig, waarvan die ander self seker so min weet as u, geëerde meester en gebieder! Weet u, verhewe meester, dit is maar net my mening; dit kan ook moontlik wees dat die volmag tog nog van die keiser afkomstig is! Miskien het die skepe die wind saam gehad, sowel heen as terug, dan sou dit in elke geval met die heen- en terugreis so ongeveer geklop het, en toevalligerwys kon hulle die keiser by hulle aankoms in Rome in goeie luim en in `n onbesette uur aangetref het. Hy kon hulle dadelik laat kom het en die gevraagde volmag gegee het, waarop hulle dadelik `n vertrekte skip na Asië aangetref het, hulle ingeskeep het en met `n gunstige wind die kus van Judea bereik het! Kortom, ek wil beslis geen regter speel nie! Ek gis en reken maar net ietwat."
|
|
|
|
|