|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 218
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die mag van die volmaakte siel
218 (Die Heer:) "Maar voor My menswording kon niemand hierdie graad van allerhoogste lewensvervolmaking bereik nie; en daarom het Ek nou op hierdie aarde gekom om julle deur die wedergeboorte van julle gees in julle siel, tot My ware kinders te maak. As Ek nou dus oor `n volmaakte siel praat, geld dit suiwer vir die siel waarin My gees weliswaar reeds werksaam is, maar waarmee hy nog nie heeltemal één is nie.
[2] `n Siel wat op hierdie wyse volmaak is, is dus om die eersgenoemde redes nie slegs in staat om as heerser oor alle skepsels wonderbaarlike dinge te doen nie, maar kan ook deur haar, op bepaalde oomblikke, meer ontwaakte gees, visioene kry uit die suiwer geestelike sfere, en hulle kan die woord van die Gees van God verneem, soos wat dit by alle sieners en profete die geval was, wat naas hul gawe as siener en die vermoë om deur My Gees voorspellings te doen, ook altyd vir alle natuurlike mense sigbaar `n wonderbare mag oor die elemente en oor alle skepsels besit het.
[3] Moses het wonders gedoen, ewe-eens sy broer Aäron, so ook Joshua en later EliJaH, en na hom nog `n aantal profete en sieners.
[4] `n Profeet genaamd Daniël (“Seun van die dag of die lig”) word in Babilon deur `n wrede koning, teen wie hy `n strafpreek gehou het, in `n leeukuil gewerp waarin twaalf hongerige leeus hulle as skerpregters bevind het. Hulle was reeds jare lank gevoer met allerlei ongelukkige misdadigers. Die koning wat deur die skerp vermanende woorde van Daniël in woede ontbrand het, laat ook vir Daniël, alhoewel hy vanweë sy wysheid origens van hom gehou het, sonder enige barmhartigheid en oorweging in die kuil van die sekere dood gewerp.
[5] Maar Daniël se volmaakte siel het ook mag oor die hongerige leeus gehad! Toe hy deur die geregsdienaars in die kuil gewerp word, doen die leeus hom nie slegs niks nie, maar gaan sigbaar eerbiedig om hom heen sit asof hy hulle natuurlike heerser en meester was. Daniël, wat wel geweet het dat hy mag gehad het oor die leeus, vra sy skryfgerei van sy leerlinge aan en skryf ongedeerd gedurende drie dae sy profesie in die doodskuil te midde van die twaalf leeus. Toe dit aan die koning meegedeel word, berou dit hom dat hy dit aan Daniël gedoen het, en hy laat Daniël weer in `n mandjie uit die kuil trek en gee sy vryheid vir hom.
[6] So ook was daar in dieselfde tyd drie jongmanne wat nie voor Baäl wou kniel nie. Daaroor word die dom koning so kwaad dat hy `n kalkoond drie dae lank op `n buitengewoon hoë temperatuur laat bring het, waarin die drie jongmanne gewerp sou word as hulle die gebod van die koning nog langer sou negeer. Die jongmanne, wat volmaakte siele gehad het, laat hulle egter nie van hul goed gefundeerde voorneme afsien nie, en toon nie die minste vrees vir die gloeiende oond nie. Die drie dae verstryk en die drie jongmanne word op die woedende bevel van die koning deur die geregsdienaars gegryp en oor die gloeiende rand in die groot vuurmond gewerp. Maar nie `n haar word ook op hul hoof gekrenk nie, terwyl die geregsdienaars deur die groot hitte gevang was en verkool het.
[7] Ja, wat beskerm die drie jongmanne dan in die vuuroond? Hul volmaakte, in My oerorde synde siele! Ten slotte het daar nog `n engel gekom en hy het hulle volkome ongedeerd uitgelei uit die ontsettende gloed, wat geen ander mens tot op dertig treë eers kon genader het sonder om die gevaar te loop om plotseling te verbrand nie!
[8] Dit is almal slegs voorbeelde van die heerlike krag en mag van `n volmaakte siel!"
|
|
|
|
|