Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 153

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Oor die klip van die wyses

153 Toe sê Ek: "Welaan, omdat ons nog `n paar uur oor het, moet ons Mathaël nog `n laaste sterwensgeskiedenis vertel wat in sy soort eintlik die moeite werd is om oor na te dink! Maar eers moet RafaEl, omdat die oggendskemering al aanbreek, die ligbol na sy plek terugbring en dan dadelik die beloofde, gelyksoortige korreltjies vir Cyrenius saambring!"

[2] RafaEl was vinnig daarmee klaar en bring vir Cyrenius sewe sulke ligkorrels. Die ligbolletjies, wat slegs so groot soos ertjies was, en wat RafaEl aan Cyrenius oorhandig het, straal egter soveel lig uit dat niemand daarna kon kyk nie, want één daarvan gee al soveel lig dat dit `n groot saal, as mens dit in die middel daarvan op `n verhoogde plek sou lê, meer sou verlig as tienduisend fel brandende lampe.

[3] Cyrenius weet nou nie hoe hy hierdie sewe ligbolletjies moet bewaar nie, en hy vra My om raad; en Ek roep RafaEl nogmaals om Cyrenius iets geskik te gee om die sewe ligbolletjies goed te kan bewaar.

[4] Raphael kom dadelik daarmee aan en gee vir Cyrenius `n kis van suiwer goud met `n bietjie steenvlas gevul, lê die sewe bolletjies daarin en skuif die deksel daaroor, wat met `n sinvolle reliëf versier was. Toe die sewe bolletjies op hierdie wyse goed geberg was, gee hy hulle aan Cyrenius met die woorde: "Hou hulle vir uself! Laat geeneen van hierdie uiters edele klippe ooit die kroon van een of ander vors versier nie, sodat die begeerte van `n ander vors nie hierdeur na so `n kroon opgewek word nie, en daar daaroor `n oorlog sou uitbreek waarin duisende mense mekaar soos woedende wolwe, hiënas en bere sou moet afslag net vanweë so `n ligbolletjie nie!"

[5] Cyrenius bedank My en ook RafaEl, wat die dank egter oombliklik afwys en aan My laat toekom.

[6] Maar Ek sê: "Dit is goed dat hierdie saak ook afgehandel is! Cyrenius, die bolletjies wat aan jou beloof was, het hul plek gevind; maak nooit in die openbaar daarvan gebruik nie, en pronk nooit daarmee nie, ook nie teenoor jou naaste verwante nie! As jy wil profeteer, lê dan die kis op die plek van jou maagholte, dan sal jy heldersiende wees; maar niemand mag verder weet dat jy deur die besit van hierdie klippe profetiese gawes gekry het nie! Die volk moet die profesie hoor en hulle daarvolgens rig, maar hulle mag nooit weet waar dit vandaan gekom het nie! Mag jy ooit iets oor `n klip van die wyses gehoor het, dan het jy dit nou hier in die vorm van hierdie sewe bolletjies; maar slegs vir jou en verder vir niemand nie!"

[7] Cyrenius sê: "Heer, maar as ek sal sterwe, wat moet daar dan met die sewe bolletjies gebeur?"

[8] Ek sê: "Dan gee jy hulle aan Josoë en dié sal wel gewaarword wat daarmee tot heil van die wêreld gedoen moet word! Maar nou niks meer daaroor nie, en jy, broer Mathaël, begin met jou verhaal; want dit het vir julle `n duisendmaal groter waarde as honderdduisend van sulke ligklippe! Begin nou; maak dit kort sodat die sonsopgang ons nie steur nie, wat vandag uiters gedenkwaardig sal wees!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205