Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 114

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

`n Blik in die wêreld van die natuurgeeste

114 Ek sê: "Kyk, Ek het vir hierdie doel hierdie ligbol uit die diepste binneland van Afrika hiernatoe laat bring om daarmee, tot `n mate sonder wonders, meer langs `n natuurlike weg, wat tot nou toe vir julle nog onbekend was, die wêreld van die natuurgeeste te ontsluit!

[2] Die lig van hierdie klip het die eienskap om sodanig in te werk op die lewensenuwees van die maagholte dat die siel by langer inwerking van hierdie lig sy gesigsvermoë daarheen verplaas, waardeur hy selfs die mees verborge dinge begin te sien. Julle visuele waarneming sal homself nou heeltemal daarheen verplaas, en daardeur sal julle met geslote oë beter sien as nou met julle oë wyd oop.

[3] Vir sommige mense het die maan ook `n soortgelyke uitwerking, nooit egter in so `n hoë en sterk mate as die lig van hierdie klip nie. Sluit nou julle oë en oortuig julleself of julle met julle maagholte nie beter sien as met julle oë nie!"

[4] Na hierdie woorde van My sluit almal die oë en hulle verwondering ken geen perke oor die uiters skerp gesigsvermoë van die siel deur die maagholte nie.

[5] Slegs Mathaël en sy vier metgeselle sê: "Hierdie wonderlike sien is vir ons volstrek nie vreemd nie; want op hierdie wyse sien ons dikwels die merkwaardigste dinge, en loop ons dikwels oor plekke waar in die natuurlike waaktoestand geen sterfling langs sou kon kom sonder om gruwelik te val nie, en ons sien daarby die hele lug asook die water van die seë en mere, riviere en spruitjies altyd wemel van allerlei wonderlike, eienaardige vorms en larwes, wat vinniger of stadiger in die lug in alle bekende windrigtings voortbeweeg; ook sweef hulle op en neer, draai nou eers langsaam, dan weer vinnig in sirkels rond. Sommige gaan sit so te sê soos sneeuvlokke op die aarde, en kruip as’t ware vinnig in hulle vore weg; sommige word as dou deur die plante opgesuig, ander deur die grond en nog enkeles deur allerlei gesteentes.

[6] Die wat in die grond wegkruip en wat deur die plante en klippe opgesuig word, kom nie weer te voorskyn nie; maar op plekke waar `n boom of `n plant of iets dierliks lê en vergaan, ontstaan allerlei nuwe skeppinge wat aanvanklik soos `n ligte, sag glinsterende damp daar uitsien, en hulle weldra in honderdduisende verenig en tot `n reeds goed ontwikkelde vorm saamsmelt.

[7] Sodra die vorms eenmaal voltooi is, duur dit nie lank nie, of hulle begin, asof hulle `n soort eie bewussyn het, te beweeg en om hulle te gedra soos `n hond wat iets soek wat sy speursinnige neus êrens geruik het.

[8] Meestal sien ons hierdie wesens na die kuddes skape, bokke en beeste toe sweef. As hulle dié bereik het, bly hulle daar; begin die diere paar, waartoe hulle die diere baie skyn te prikkel, dan word hulle deur die parende diere nogmaals soos `n soort dou van die reeds bietjie dor geworde gras opgesuig en kom nie weer te voorskyn nie.

[9] Baie van sulke vorms haas hulle ook na die water, en swem lig glyend `n tyd lank oor die oppervlak heen en weer. Sommige duik daarop vasberade onder water, ander drom meer saam tot `n newelige massa, en duik eers dan onder wanneer hulle tot `n nuwe vorm saamgesmelt het, wat dikwels soos `n waterdier lyk.

[10] Maar wat die wonderlikste was, ons sien voortdurend duisende eienaardige vorms, larwes en figure uit die water opstyg wat ongeveer lyk soos allerhande vlieënde insekte, en ook soos klein en groot voëls van alle moontlike soorte en vorms. Hulle het sonder meer goed gevormde vlerke, pote en ander ledemate; maar hulle gebruik dit nie soos wat voëls doen nie, maar dit hang alles aan almal, en hulle sweef meer soos donsveertjies of sneeuvlokkies deur die lug. Alleenlik as daar `n swerm werklike voëls in hul nabyheid kom, sien jy egter tekens van lewe aan hierdie newelige figure en vorms; hulle trek dan ook met die swerm saam, en word daardeur in `n kort tydjie as’t ware verteer.

[11] Maar uit die lug sien ons steeds `n soort ligte stof na benede val, soms meer, soms minder en veral bo die watervlak was dit heel dikwels sigbaar. As jy hierdie stof beter bekyk, blyk dit ook `n vorm te hê, wat óf soos baie klein eiertjies lyk óf soos ontsettend klein waterdiertjies en hierdie stof word ook dadelik deur die water opgeneem.

[12] O, as mens tyd daarvoor sou hê, sou daar nog heelwat wees om te vertel! Maar wat ons voorheen in ons ongelukkige toestand gesien het, dit sien ons nou weer terwyl ons oë regtig gesluit is en hierdie gesig wek weer die herinnering in ons op wat ons nou luid toeroep: ‘Al hierdie dinge het julle vir enkele jare lank elke aand en elke nag gesien!’ Af en toe het ons selfs oordag, as dit regtig herfsagtige, somber weer was, dieselfde taferele gesien en natuurlik nie geweet wat ons daarvan moes dink nie; maar nou verstaan ons dit gelukkig en ons weet wat daarvan word, waar dit vandaan kom en wat dit is! O Heer, aan U alle eer, alle liefde, alle dank en alle aanbidding daarvoor!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205