Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 248

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Op die korrekte oomblik wonders doen

248 (Die Heer:) "Mathaël, is alles nou duidelik vir jou, dit wil sê in soverre dit vir `n mensesiel alles duidelik kan wees solank sy nog nie volledig één geword het met haar gees nie; laat daarom jou lig dan ook vir al jou broers skyn! Wek egter in jouself ook die geloof op in die krag van My Naam; want slegs in My Naam sal jy, as dit noodsaaklik is, ook tekens kan doen vir die mense, om by hulle `n begin van geloof in My op te wek!

[2] Want wie My woord aan die mense predik, maar niks deur die mag daarvan kan teweegbring nie, is nog `n swak dienaar van Die Een wat hom gestuur het om aan die volke van die aarde die nuwe Woord van die volle lewe uit die hemele te bring.

[3] Ek wil egter nie daarmee sê dat `n goeie apostel van My leer steeds en altyd vir die mense moet laat sien wat hy kan doen nie, om daardeur ingang te bied vir My leer by die volke van die aarde nie. Nee, dit is heeltemal nie die bedoeling nie, want die Waarheid moet vir Haarself spreek en waar Sy nie begryp word nie, moet `n nadere uitleg volg, en dit tot die waarheid as sodanig begryp word! Maar tog kom daar juis by die uitleg gevalle voor waar die uitleg slegs, veral by nog baie ruwe en onbehoue volke, nie voldoende is nie; daar is dit dan noodsaaklik om ook deur `n sober teken die uitleg self in `n helderder lig te plaas.

[4] Maar `n gegewe of `n teken wat nog gegee moet word, moet nooit te verblindend of te oordonderend wees nie, waardeur die mense in groot angs en vrees sal val en waardeur hulle ook in `n dwingende gerig sou teregkom; want daardeur sou vir die eie, vrye ontwikkeling van die siel vanuit haarself weinig of niks gewen word nie.

[5] `n Effektiewe teken moet daarom ten eerste altyd so wees dat dit uit `n besondere weldaad bestaan, en dat die gebeure op `n wyse asof dit `n gevolg is van die geloof van diegene aan wie die buitengewone weldaad bewys word, en ten tweede moet die teken nooit so ver van die natuurlike af staan, dat ook `n sogenaamde geleerde geen moontlikheid meer sou hê om dit langs natuurlike weg te verklaar nie! By die sogenaamde verligte, wêreldse mense moet die teken wel verbasing opwek, maar nooit tot `n volledige geloof lei nie, want hulle het tog reeds voldoende begripsvermoëns om ook sonder teken `n waarheid baie goed as sodanig te herken.

[6] In hiérdie tyd van towenaars en waarsêers kan die tekens egter al taamlik sterk en oortuigend gebring word, want waar jy nou ook maar `n teken sal doen, het die mense vantevore wel honderde goëlkunsies deur Persiese en Egiptiese towenaars gesien wat opgevoer is en daarom maak `n teken wat deur ons gedoen word nou nie juis enige besondere indruk op die wêreldse geleerdes nie. Bowendien word ons ook aan alle kante deur die Essene omring, wat vir die blinde volk sonder baie moeite allerlei tekens doen om hul mettertyd heeltemal vir hulleself te wen. En sodoende bring ons groter en wonderbaarliker synde tekens die volk in die algemeen minstens tot verbasing, ook al word hulle nie volledig daardeur oortuig nie, en dit is presies die korrekte maat, en dit sou geen seën vir die volk wees as ons met die tekens nog groter opslae sou maak nie.

[7] As Ek alle siekes sou genees, ja selfs dooies sou opwek, sal dit by die volk, in vergelyking met die Essene, geen groot opsienbaarheid baar nie, - wel sal dit die tempelhere die grootste moontlike ergernis besorg, maar hulle het ook die orde van die Essene wat hulle dwarsboom, reeds lank na die duiwel verwens. Want sedert hierdie orde hom ook in Judea laat geld het, verdien die Fariseërs heeltemal niks meer uit hul wonderkure nie, en dit gebeur alles deur die sluwe wyse waarop die Essene die dooies opwek, `n geheim wat ons baie goed ken, maar wat aan die Fariseërs totaal onbekend is.

[8] Daar is egter ook `n grappige kant, omdat Ek bepaald koring op die meule van die Essene is, en julle sal nog beleef dat mense vir julle sal sê dat ook Ek `n leerling uit die skool van hierdie orde is en nou werk vir die uitbreiding van hierdie orde, wat nou self van mening is dat hulle weldra die hele wêreld moreel sal beheer. Hierdie orde is daarom voorlopig nie teen ons nie en hulle dien ons ook sonder dat ons eintlik wil hê dat hulle ons moet dien; want hulle versag ons tekens die meeste vir die volk, sodat daarnaas vir die mense nog steeds `n groot, vrye speelruimte oorbly vir hul gedagtes en allerhande menings. Andersins sou ons met ons tekens waarskynlik nie soveel bereik het nie!

[9] Maar Ek het al die sake vir hierdie tyd so voorsien, en alles so laat ontstaan en word dit vir ons nou daarnaas heel eenvoudig en deur niks gesteur nie, sodat ons soveel moontlik kan doen vir die ware, vrye verlossing van die mense, sonder om aan iemand deur ons dade die waarheid nadruklik op te dring. In hierdie tyd is ons kragtige tekens vir die oppervlakkige toeskouer daarom nie besonder opsienbarend nie. Slegs diegene wat hulle meer in ons sal wil verdiep, sal tussen My gedane tekens en die van die towenaars van die Essene natuurlik al dadelik `n onnoemlike groot verskil ontdek. Maar aan hom sal hierdie kennis ook geen skade vir sy siel toebring nie, omdat hy reeds die waarheid moes leer ken het voordat hy in staat was om `n ware onderskeid tussen My tekens en die van die Essene te ontdek. Hy is sodoende reeds rein, en vir die reine is alles dan rein."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205