Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 136

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die gees van Lasarus getuig oor die Messias

136 (Mathaël:) “Intussen het die jong Lasarus na my vader gekom en hom gevra of die geheime druppels van die rabbi sy vader nie werklik sou kon opwek nie?

[2] My vader sê: ‘Dit spyt my baie, my beste vriend, dat ek jou as dokter en as mens die volle waarheid moet vertel! Watter sin het dit ook om `n mens aan `n lyntjie te hou met leë beloftes wat nooit as te nimmer werklikheid sal word nie! Ek kan jou tot jou troos egter iets baie beters meedeel, naamlik dat ek jou volkome na waarheid kan verseker en ook verseker dat jou vader leef en in werklikheid nooit gesterf het nie!’

[3] Die jong Lasarus antwoord treurig: ‘Kyk na die bed! Hy leef nie en is so dood soos dit maar kan wees!’

[4] My vader sê: ‘Ja, die liggaam heel seker; maar hy was nie jou vader nie, maar slegs jou vader se vleeslike omhulsel! Maar my seun, wat `n volkome siener van geeste is, kan jou iets anders vertel; gaan vra hom daaroor, dan sal dit wat hy jou vertel oor wat hy hier gesien het, jou baie vreugde verskaf!’

[5] Lasarus se seun wend hom toe tot my, as seun van my vader en vra my wat ek as seun van die dokter hom wel tot sy troos sou kon sê. En ek vertel hom haarfyn en heel breedvoerig wat ek alles gesien het. Daar was baie luisterende ore om my heen, maar weinig met so `n gelowige hart soos ons jonge Lasarus. Hoe langer ek hom vertel oor wat ek gesien het, hoe opgewekter word sy gesig, wat ook sy twee susters, wat nog in hul vroeë vroulike jeug was, weldra bemerk, waarop hulle hom vra wat die oorsaak was van sy plotselinge opgewektheid. Lasarus wys na my en sê verder niks daaroor nie.

[6] Toe kom beide meisies na my toe en vra my heel beskeie wat ek dan wel aan hul broer vertel het, waardeur hy opeens sy groot droefheid verloor en nou so opgewek was asof daar in die hele huis nooit iets treurigs voorgeval het nie. Ook hulle sou dit graag van my wou hoor!

[7] Maar ek word toe `n bietjie ondeund en sê: ‘O, dit is vir julle meisies glad nie erg as julle ook bietjie treur nie! Ek sê vir julle niks; op die regte oomblik sal julle broer Lasarus dit wel vir julle sê!’

[8] Die twee meisies dring daarop weliswaar nie verder by my aan om hulle te sê wat ek hul broer vertel het nie, maar hulle word tog bietjie minder treurig en my vader wend hom, omdat die son juis heeltemal purperrooi bo die horison begin uitkom, tot die rabbi en sê: ‘Wel vriend, hoe gaan dit nou met jou Persiese varingolie druppels? Die oorledene lê nog steeds daar ewe bewegingloos soos `n ou stuk hout! Hoe staan die saak nou? Die son is al op en alles is stil en dodelik rustig! Wie het die weddenskap gewen, ek of jy?'

[9] Die rabbi antwoord: ‘Vriend, ek gee gewonne en ek sal nou glo wat jy glo! Jy is `n wyse arts met baie ervaring, wat seker nie sommer maklik sonder enige rede iets glo nie. Hoewel ek nie die rede sien nie, wil ek tog glo omdat jy dit glo, en jy weet beslis waarom! Ek neem die geloof aan omdat ek dit sien en hou my by wat jy vir my gesê het. Jy het hierdie belangrike weddenskap gewen en ek is jou gevangene!’

[10] My vader sê: 'Nie my gevangene nie, maar in die Naam van JaHWeH `n volkome vry mens!’

[11] Daarop vra die rabbi aan my vader: ‘Vriend, wat moet ek dan doen om jou vriendskap heeltemal te wen?’

[12] My vader sê: ‘Dit het jy al! Glo voortaan en jy sal deur die geloof in die ware lig kom!’

[13] Toe gaan ek na my vader en vertel hom dat ek nou-net `n vername gees gesien het wat die kamer binnekom, vir my wink en sê dat die kinders van Lasarus hulle gereed moet hou, want die gees van hul vader sou nog één keer kom en hulle seën en `n groot belofte gee. Ek sê ook aan my vader dat hy dit aan die drie moes vertel en my vader doen dit. Die seun van Lasarus en sy twee baie jong sussies, meisies van veertien en sestien jaar oud, verheug hulle baie daaroor.

[14] Nie lank daarna nie kom die gees van die gestorwe Lasarus, stralend van hemelse ligglans, weer in die kamer in en al drie sien hom en kan ook sy stem hoor.

[15] Die gees, wat vol lig is, sê aan sy seun: ‘Jy is volwasse; wees `n goeie pleegvader vir jou jong susters! Laat geen slegte gedagtes in jou hart toe nie, want jy sien, ek leef en het nie gesterf nie! Wat gebeur het, het die Heer so gewil. Ons huis het Hy uitverkies en die allergrootste wonderwerk sal in hierdie huis plaasvind.

[16] Reeds bevind die Heer Hom liggaamlik as `n seun van arm ouers op hierdie aarde. Hy, die Ewige, die Allerheiligste, het reeds begin met die groot verlossingswerk. Hy wil vir alle mense van hierdie aarde wat van goeie wil is, vir ewig Vader wees. Voortaan sal die mense van hierdie aarde geen onsigbare, ewig onbereikbare, maar `n bereikbare en altyd sigbare Vader hê. En hierdie God, wat alles wat in die ewige oneindigheid is, geskape het, sal in hierdie huis in en uit gaan. Behoed julle hart daarom teen onsuiwerheid, sodat hierdie huis waardig kan wees om Hom, wat hemel en aarde nie kan omsluit nie, te ontvang!

[17] Dat ek leef, dit sien julle; maar let ook daarop dat julle lewe soos wat ek nou ewig in God, my en julle Vader, leef! Ontvang daarby nou ook my ware vaderseën, wat ek julle nou gee, nie meer soos `n liggaam wat daar in die bed soos `n verslete ou mantel wag op die verlossing deur die knaende kake van wurms nie, maar soos `n volmaakte gees uit God se paradys, in die ryk van die suiwer geeste! Hou die gebooie van God, en prys Hom en wees bo alles vir Hom lief, dan sal julle op hierdie aarde reeds meer oes as dit wat ek nou ontvang in die helderste paradys van God! God, die Heer sal met julle wees, amein!’

[18] Toe verdwyn die gees en die drie kinders word met so `n vreugde vervul dat ek dit onmoontlik sou kon beskryf."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205