Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Omgang met God deur die innerlike woord

23 Na hierdie lowende uitroep van Zinka, wat vir alle aanwesiges hartverheffend was, sê Jarah: "O RafaEl, RafaEl! Hoe is jy nou `n heel ander wese as eers! Nou het jy my hart heeltemal gebreek! Ag, had jy die toon tog maar liewer nie gesing nie!"

[2] RafaEl sê: "Waarom het jy dit dan vir my gevra?! Ek wou dit eintlik tog nie doen nie, maar noudat ek die toon nie meer kan terugbring nie, maak dit nie meer saak nie! Bedink dat in God se hemele alles moet lyk soos hierdie toon, dan sal jy jou in die vervolg des te ernstiger inspan om jou lewe so in te rig dat dit in al sy uitinge, gevolge en instellings soos hierdie toon sal lyk. Wie se lewe egter nie soos hierdie toon sal lyk nie, sal nie die ryk van die ewige en suiwere liefde kan binnegaan nie.

[3] Want die gehoorde toon is `n toon van die Liefde en `n toon van die hoogste Wysheid in God! Besef dit goed en handel sodanig dat jy gelyk kan word aan die gehoorde toon, dan sal jy in alle liefde en wysheid geregverdig wees voor God, wat jou uitverkies het as `n egte hemelse bruid en wat my daarom as jou gids aangestel het!

[4] Wat hier nou gebeur, gebeur vir God en vir Sy hemele. Dit gebeur nie vir hierdie wêreld nie, want sy sou so iets nooit verstaan het nie. Daarom sal die wêreld ook weinig of niks daarvan merk nie en ook van hierdie toon niks ervaar nie. Kyk maar net na die mense aan die ander tafels, hoe hulle oordeel en onderling twis. Laat hulle maar oordeel en onder mekaar twis! Hulle sal almal met so `n houding tog niks te wete kom nie, want `n wêreldse verstand sal dit nooit verstaan nie!

[5] Die Heer bly al `n aantal dae hier; môre sal dit egter die laaste dag wees! Wat daarna sal gebeur, weet niemand behalwe die Heer alleen nie. Vervul jy jou hart daarom met alle liefde en nederigheid en verberg wat jy hier aan besondere en buitengewone dinge gehoor en gesien het in jou hart, want die oorvertel daarvan aan die wêreldse mense sou beteken dat jy die edelste en grootste pêrels voor die swyne sou werp, wat die wêreldse mense nie sou help nie. Dit alles moet jy goed besef en toepas, dan sal jy `n nuttige werktuig word in die hand van die Heer in die hemel en op aarde. - Sal jy dit alles goed onthou?"

[6] Jarah sê: "O liefste RafaEl! Ek het alles onthou, maar dit wat jy my nou vertel het, is nou nie juis aangenaam nie - by name die aangekondigde vertrek van die Heer wat jy vir môre aangekondig het! Jy weet hoe baie en bo alles ek Hom liefhet! Hoe sal dit met my gaan as ek Hom nie meer kan sien en hoor, en nie meer met Hom sal kan praat nie?!"

[7] RafaEl sê: "Dit sal baie goed met jou gaan, want al sien jy Hom ook nie, sal jy Hom tog altyd kan hoor en spreek. Want as jy Hom in jou hart vrae sal stel, sal Hy jou ook deur jou hart antwoord gee.

[8] Kyk eers na wat ons moet doen!? Ek is nou hier, soos wat jy sien. As die Heer dit egter wil, moet ek opstaan en spring na `n wêreld baie ver hiervandaan en solank daar bly soos wat dit volgens die orde van die Heer noodsaaklik is. Glo my, ons is regtig dikwels baie ver verwyderd van die persoonlike teenwoordigheid van die Heer - maar glad nie van die geestelike nie, want ons is altyd daar in God, soos wat God ook in ons is en Sy onmeetlike groot dade doen.

[9] Wie JaHWeH God waaragtig liefhet, is steeds by God en in God. En as hy iets van God wil hoor of weet, hoef hy Hom in sy hart maar te vra en hy sal deur die gedagtes van sy hart ook dadelik `n volledige antwoord kry. Op dié wyse kan elke mens deur God altyd en in alle dinge gelei en geleer word. Daaruit kan jy opmaak dat jy nie ook altyd hoef te sien om geluksalig in die Heer te wees nie. Jy hoef Hom slegs te hoor en te voel - en dan het jy werklik alles wat vir die ware saligheid in God nodig is.

[10] Kyk! Ook ek sal nie altyd sigbaar om jou heen wees nie. Maar jy sal my in jou hart slegs hoef te roep en dan sal ek by jou wees en jou antwoord deur die weliswaar baie sagte, maar tog oorduidelik verneembare gedagtes in jou hart. As jy dit gehoor het, bedink dan dat ek dit in jou hart gelê het! Jy sal ook herken dat dit nie jou eie gedagtes is nie. As dit vir jou eenmaal duidelik geword het, handel dan daarvolgens!

[11] Want alleen die wete van wat regverdig en goed is en wat God die Heer welgevallig is, is nie voldoende nie, nie in die verste verte nie, ook dan nie as mens `n oorduidelike en groot welgevalle sou hê aan die hemelse leer maar tog nooit ernstig sou besluit om te handel volgens alles wat die heilige, uit die hemel komende leer voorskryf nie.

[12] Daarom is die saak om die leer goed te beluister, te verstaan en uit te voer! As mens nie streng doen wat die leer sê nie, is dit, bly dit en word dit niks!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205