|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 86
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Oordrewe en ware nederigheid
86 Markus gee nou die teken dat elkeen op die klaargesette, lang banke kan gaan sit en Cornelius vra Zorel om aan sy regterkant plaas te neem.
[2] Zorel bedank dit deur te sê: "Geëerde meester en gebieder! Doen my dit tog nie aan nie! Kyk tog, my plek is aan daardie kant naby die houthut, aan die laaste en eenvoudigste tafel, waar u laagste en geringste dienaars sit - maar nie hier en selfs aan u regterkant, wat die vernaamste plek aan tafel is nie! Dit sou `n mooie oefening in nederigheid wees, wat die Heer van die lewe my tog vóór alles aanbeveel het!"
[3] Ek sê: "Vriend Zorel, jou wil is hier voldoende! Doen Cornelius dus daardie plesier aan! Ware nederigheid lê tog immers nie in uiterlike, sigbare dinge nie, maar heeltemal volgens die waarheid in die hart. Gaan na Jerusalem en kyk daar hoe die fariseërs en al die skrifgeleerdes met deemoedige gesigte en klere rondstap terwyl hulle harte vervul is met stinkende hoogmoed en diepste hellehaat ten opsigte van elkeen wat nie na hulle pype wil dans nie - maar `n koning kan, wanneer hy sy kroon en septer nie hoër stel as die waarde van `n mens nie, in sy hart so nederig wees as die geringste bedelaar langs die pad! As jy eers goed daaroor nadink, kan jy wel aan die regterkant van Cornelius aan ons tafel sit."
[4] Zorel sê: "Ah, in daardie geval kan dit natuurlik wel!" - Hy loop nou daarheen en gaan sit soos wat Cornelius dit versoek het.
[5] Cornelius sê nou vir hom: "So, beste vriend, dit doen my van ganser harte genoeë! In die vervolg sal ons immers in die Naam van Hom wat ons verlig het, tesame lewe en werk! Wat betref die ware nederigheid, glo ek dat `n mens in die hart vol ware nederigheid en naasteliefde moet wees, maar uiterlik juis nie daarmee moet pronk nie; want deur uiterlik te onderdanig dieper as die ander mense te buig, maak ek hulle hoogmoedig en ontneem ek myself die geleentheid om hulle in alles wat nuttig sou wees, te kan dien.
[6] `n Sekere agting, wat ek alleen al as mens van my medemense kan verwag, mag ek nooit heeltemal weggee nie, omdat ek sonder dié agting niks kan doen wat bevorderlik vir die goeie is nie! Laat ons altwee daarom weliswaar in ons hart so nederig wees as wat maar moontlik is, maar van ons noodsaaklike, uiterlike aansien kan en wil ons niks laat val nie!
[7] Ons sal heel dikwels die geleentheid kry om te sien hoe arm mense hulle vir hulle lewensonderhoud moet inlaat met die minste en alleronsienlikste dinge. Moet ons dan, sê maar om die kroon op ons nederigheid te plaas, ook die poele en riole gaan leegskep?! Ek glo nie dat dit metterdaad gedoen hoef te word nie; dit is voldoende as ons sulke mense, wat hulle met daardie werk besig hou wat deur die Heer `n heeltemal ander amp te vervul gekry het, nie in ons hart daarvoor minder ag as onsself nie.
[8] Onsself moet in die eerste plek die amp eer, maar natuurlik nie ter wille van onsself nie, maar vir die volk, slegs ter wille van die amp. As dit egter `n vereiste is, mag ons nie self die poele en riole gaan skoonmaak nie, maar moet ons daardie werk opdra aan hulle wat deur die Heer en deur die natuur daarvoor bestem is. Ons sou ook nie daarteen bestand wees nie, omdat ons nie van jongs af aan daaraan gewoond gemaak is nie. En die Heer sal so iets beslis ook nie van ons verlang nie; maar as Vader van alle mense verlang Hy dat ons in ons hart geen mens, selfs nie die grootste sondaar, sal verag nie, maar alles in die werk sal stel om sy siel te red! En ek glo dat ons op dié manier korrek sal handel voor God en alle mense."
[9] Ek sê: "Ja, so is dit goed! Ware nederigheid en ware naasteliefde woon in waarheid in julle hart - en nie in die uiterlike skyn soos by die fariseërs nie!
[10] Wie hom sonder noodsaak meng met die semels en die kaf, moet hom uiteindelik laat welgeval om deur die varke opgevreet te word!
[11] So verlang die ware nederigheid ook nie dat julle die pêrels van My leer juis voor die varke moet gooi nie. Want daar is mense wat erger is as varke, en vir hulle deug My leer nie; hierdie soort mense kan julle heel tereg eers gebruik vir die skoonmaak van poele en riole alvorens hulle met My woord en My Naam bekend gemaak word!
[12] Maar kyk dan nie byvoorbeeld na kleding of na uiterlike waardigheid nie, maar slegs na hoe `n mens sy hart en gemoed laat spreek! Gedra hy hom edel, sagmoedig en geduldig, verkondig hom dan die evangelie en sê: 'Vrede vir u in die Naam van JaHWeH en met alle mense op aarde wat van goeie wil is!' Is wil en hart van die mens wat op hierdie wyse vooraf geseën is, werklik goed, dan sal die seënryke vrede in hom bly en die evangelie wat aan hom verkondig word, sal baie gou die mooiste hemelse vrugte begin dra. En op julle menslike manier glo en vertrou Ek nou Self dat julle almal nou heeltemal weet wat ware nederigheid is!
[13] En laat ons, omdat die kos reeds oorvloedig op die tafels is, nou almal na hartelus opgewek eet en drink, want noudat Ek as `n ware bruidegom van julle siele te midde van julle sit, mag julle tog wel baie opgewek en bly van sin hierdie goed voorbereide maaltyd saam met My gebruik! Sodra Ek binnekort egter, nie soos nou, in julle midde sal wees nie, kan julle altyd nog met minder sin en opgewektheid aan die eettafel sit!"
|
|
|
|
|