|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 161
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Cyrenius kritiseer Moses se skeppingsgeskiedenis
161 (Cyrenius:) "Maar aan Moses raak ek nieteenstaande alles nie werklik gewoond nie. Daar moet baie in verborge lê wat buitengewoon groot en waar is, maar wie buiten U begryp sy geskrifte?
[2] Veral sy skeppingsgeskiedenis is baie duister! Daar staan byvoorbeeld op een plek: ‘Laat Ons na Ons beeld mense maak wat sal heers oor die visse in die see, oor die voëls in die lug, oor die vee en oor die hele aarde en oor die gediertes wat op die aarde kruip!’ En God skep die mens na Sy beeld, na God se beeld skep Hy hom; en hy skep `n man en `n vrou. En God seën hulle en spreek tot hulle: Wees vrugbaar en vermeerder julleself en vul die aarde en onderwerp haar aan julle en heers oor die visse in die see, oor die voëls in die lug, en oor al die diere wat op die aarde kruip! En God spreek: Kyk, ek het julle allerlei kruie en plante gegee wat hulle op die hele aarde saai en allerlei vrugbare bome wat hulleself saai om julle te voed, en al die gediertes en alle voëls in die lug en al die kruipende diere wat leef op aarde, om allerlei groenigheid te eet! En so geskied dit. En God sien alles wat Hy gemaak het en kyk, dit was alles baie goed! En uit die aand en die môre ontstaan die sesde dag.’
[3] Met hierdie tekste sou mens die skeppingsgeskiedenis nou as afgehandel moet beskou; maar dit is in die verste verte nie so nie! Verderaan, nadat JaHWeH God Sy skepping orals bekyk het en alles baie goed vind, laat Moses weer deur God die eerste mens uit leem of uit `n klomp grond (adamah) maak, en hom deur die neus `n siel inasem, en die mens sou nou heeltemal gereed wees; slegs blyk dit dat God vergeet het dat die man ook `n vrou nodig gehad het!
[4] In die voorafgaande tekste staan weliswaar: ‘En God skep `n man en `n vrou’; maar hier verderaan laat Moses Adam lank alleen wees en laat eers dan deur God tydens `n diepe slaap die eerste vrou uit sy rib skep of maak! Wel, wie dít verstandig en sinvol kan verbind, verstaan beslis meer as ek!
[5] Volgens die eerste tekste laat God Adam en Eva dadelik weet dat hulle sou heers oor die hele aarde en al haar skepsels. Hy seën hulle dadelik; want daar staan: ‘En God seën hulle.’ En so moes Hy tevore reeds die aarde en al haar skepsels geseën het, want daar staan ook geskryf dat God self alles baie goed gevind het wat Hy geskape het. En wat God Self baie goed vind, kan tog onmoontlik anders as reeds deur die allerhoogste welgevalle van God ook baie geseënd wees!
[6] So lyk in die eerste tekste die hele aarde en die eerste mensepaar in hoë mate geseënd! Maar in die latere tekste sien alles skielik anders daar uit: Die aarde het slegs een bewoonbare tuin, wat weliswaar behoorlik groot moes wees, want in die middel daarvan ontspring dadelik vier van die grootste riviere van Asië. Daar word die eerste man slegs uit leem deur God gemaak en ’n lewende siel word daarna deur die neusgate ingeblaas; hy sien die bome en kruie en plante, die visse in die see, die voëls in die lug en al die diere wat op aarde rondkruip en -loop en hy gee name daaraan.
[7] Maar die insekte, vlieë, bye, wespe, perdebye, skoenlappers en nog `n groot aantal klein lugbewoners, wat mens tog nie kruipende diere kan noem nie, het Moses heeltemal vergeet, netsoos die ontelbare bewoners van die see, die visse nie ingereken nie; want sowel in die lug as onder die hemel praat Hy maar net van voëls en in die see slegs maar van visse. Dít is ook ietwat eienaardig!
[8] Maar laat ons dit nog oorsien, want mens kan onder die begrip ‘voël’ ten slotte tog wel alles wat die lug bewoon in die mees algemene sin verstaan en onder die algemene begrip ‘vis’ alle diere wat in die water lewe. Maar of Moses die begrippe wat hy gebruik ook so ruim bedoel het soos dit vir `n regte begrip nodig is, sou ek in geen geval wou beweer nie!
[9] Laat dit wees soos wat dit wil, daaroor sou mens dit in elk geval nog wel eens kon word; maar in die eerste tekste laat hy op die sesde skeppingsdag deur God dadelik na die uitroep van God ‘Laat ons mense skep na die beeld van God!’ `n man en `n vrou skep, terwyl Hy `n aantal tekste verderaan die man al veel vroeër uit leem gevorm het en die vrou eers baie later uit die rib van die man laat ontstaan, waarby die aarde baie minder geseënd lyk, daar heeltemal geen sprake is van die seëning van die eerste mensepaar nie, hulle inteendeel op straf van dood en vervloeking van die aarde verbied word om van `n bepaalde boom se vrug te eet en die aarde in alle erns vervloek word na die oortreding van hierdie gebod en nou slegs dorings en distels sal dra, en daarbenewens dat die mens moet sterwe en in die sweet van sy aanskyn sy brood sal moet verdien, - ja, daar is van die seën wat Moses in die eerste tekste vermeld, net soos van die daar ewe-eens vermelde groot tevredenheid oor die voltooide werke van God nie die geringste spoor meer te ontdek nie! Ja, baie Goddelike Vriend, dit is tog gewis `n leer wat moeilik is om te verstaan en mens kan daar met die beste wil nie iets daaruit wys word nie!
[10] Eerlik gesê: Wie U, o Heer, is en wat U leer, glo ek meer as rotsvas; maar laat my wat die taamlik warhoofdige Moses betref, liewer met rus! As dit vir U moontlik is om aan my enige uitleg daaroor te gee, dan sou dit vir my goed wees; is dit voorlopig egter volgens U orde nie so maklik uitvoerbaar nie, wel, dan maak dit in elk geval vir my min of niks saak nie! Ek en ons almal het van U af `n volmaakte lig, en ons kan daarom hierdie skynlig van Moses af liewer mis. Wat het ons aan `n leer waarvan ons die oorspronklike waarheid nie kan verstaan nie? Beter één onderrigtende woord wat verstaanbaar is, as tienduisend woorde wat niemand verstaan nie!"
|
|
|
|
|